Tuisblad
BLOGFOKUS
|
Digstring: “Poets van ons vaderland unite” (Marlene van Niekerk) “Ek wou ʼn komiese praatvers skryf, iets met die oog op voordrag, vandaar die langerige reëls met baie sillabes, en met sinkopasies wat deur grondmetrum hik, met ander woorde ʼn verhaal wat ook klink na iets. Ek dink nie dat anekdotiese gedigte noodwendig klankskraal of prosaïes hoef te wees nie, of dat die praatvers in opposisie gemaneuvreer moet word teenoor klankdigte nie.”
Essay: “Die heel-al op die punt van ‘n naald” (Cas Vos) “Die Keur gee ‘n beeld van die veelvlakkigheid en rykdom van Johann de Lange se digterskap. As digter omspan hy die heelal. Sy digterskap verryk en verruim die Afrikaanse poësie op ‘n sonderlinge manier. De Lange slaag op ‘n voortreflike wyse daarin om die heel-al op die punt van ‘n naald te laat dans.”
|
RESENSIE
|
Resensie: “oewerbestaan” (Melt Myburgh) “Uit die liefs onderbeklemtonende, eerder suggestiewe as uitsêende hantering van byvoorbeeld die vader- en gay-motiewe blyk ‘n sekere huiwering tussen ver- en onthulling in oewerbestaan. Dit is hoofsaaklik ‘n wins vir die bundel, deurdat die gedigte meermale aan suggestiekrag wen en gevolglik, deur die sterker appél op lesersdeelname, oorstyging van die vertolkte indiwiduele belewenisse help bewerkstellig.”
|
KLIKBORD
|
Berig: Poësievoorlesings tydens Kaapstadse Boekbeurs Hierdie naweek vind die jaarlikse Boekbeurs in Kaapstad plaas. Verrassende nuus is dat daar vanjaar ook ‘n Poësiekafee beskikbaar gaan wees waar helaas, nie net poësievoorlesings gaan plaasvind nie, maar ook heelwat ander feestelikhede. Die volledige program kan op die Cape Town Book Fair se amptelike webblad gevind word, of op Die Burger se webblad waar meer op die Afrikaanse skrywers en digters se deelname gefokus word.
Andries Bezuidenhout: Grepe uit die jaar 1997 “Ek wonder baie keer oor misdaadverslaggewers, polisiebeamptes, selfs regsgeleerdes; mense wat boosheid intiem leer ken. Hoe lank neem dit om daarvan te herstel? Herstel ʼn mens ooit? Help dit om te rave, rave?”
Niel van Deventer: YouTube en drome “Soms ontken ek dat ek verstaan wat Kol. Jan Breytenbach bedoel het, soms wens ek dat almal wat elke dag hier sterf wie se dood nêrens herdenk word nie op die ou einde sal sterf vir ‘n beter land vir ons almal. Dat ons oor twintig jaar vir oulaas ‘n nuwe muur bou en almal se name daarop skryf met ‘n lyn onder wat ‘n werklike einde aan die moord en pyn en haat simboliseer. Dat ‘n tier wat ontsnap nie die grootste nuus sal wees nie, maar die enigste.”
Berig: Skrywers vereer met nasionale toekennings Die Suid-Afrikaanse letterkundetoekennings (Sala) vereer vanjaar 17 skrywers, waaronder vier Afrikaanse skrywers. Loftus Marais is die enigste enigste Afrikaanse digter onder dié uitgelese groep. Hy ontvang die prys vir sy digbundel Staan in die algemeen nader aan Vensters (2008: Tafelberg Uitgewers). Dié bundel is ook vantevore bekroon met die Ingrid Jonker - , die Eugène Marais -, Universiteit van Johannesburg - en die Protea - poësieprys.
Ingrid Brunkhorst Hurrell: Leemtes “my onthou loop diep, elke dag. ek skryf my skryf op houtkrale waar onkel ewald se beeste rondmaal. swart-en-wit. frieslandertjies. vreedsaam in die groen ruig van kanada. die kyk is goed. die kyk help my onthou, herleef, beleef. onthou ek so kleintyd in hermannsburg. hooibale op die plaas. pa wat vir my pienk teesuikerlekkers aan toutjies koop.”
Ester Naomi Perquin: Zo ben ik nergens “Omdat het de laatste weken veel warmer is geweest dan het hoofd aan kan, ligt de werkkamer er tamelijk veronachtzaamd bij. Ik zet er overdag nauwelijks een voet over de drempel. Hooguit kom ik er ’s avonds laat, om een sigaret te roken en na te denken over wat ik had willen schrijven, als ik het zou kunnen. Er ligt één boek (is dat wel een boek?) dat eigenlijk af moet. Een ander boek (zeker geen boek) dat nog moet beginnen.”
Jelleke Wierenga: Die land van wol en hare “As die Weltschmerz knaag (’n vriend noem hulle die Welsh rats, oftewel die Walliese rotte), die lug bot is en ek my wil vergryp aan ongeoorloofde dinge, is dit sulke tyd. Dan reik my hand en hart uit nie na die Klaagliedere van Jeremia nie, nie na die hoë skoonheid van N.P. van Wyk Louw nie, nie na die lieflike smartlikhede van Fernando Pessoa nie, maar na W.O. Kühne se Huppelkind.”
Skrywersprofiel: Stephan Bouwer (1948 - 1999) “Dit is vir my ‘n noodsaaklikheid om te dig, want in baie opsigte is dit ‘n uitlaatklep en ontvlugting. Dit is ‘n intuïtiewe emosionele proses, daarom is dit vir my moeilik om van dinge buite myself te dig.” - SB @ LitNet
Desmond Painter: Die ongeliefde Jean-Paul Sartre “Dit is darem fassinerend hoe intellektuele en skrywers uit die openbare oog kan verdwyn; of, wanneer hulle daar bly, stelselmatig verander word in figure van minagting. So asof hulle nagedagtenis moet boet vir die roem en bewondering wat ons voorheen aan hulle verleen het! Jean-Paul Sartre is so ‘n figuur. Op sy dag was hy seker die mees beroemde filosoof op aarde, en boonop die eerste en enigste skrywer wat nog ooit die Nobelprys vir Letterkunde van die hand gewys het.”
Digstring: “man diesel” (Johannes Prins) “Dit was op pad terug van só ‘n ekskursie (op Vrouedag) dat ek die grote Man Diesel-trok langs die pad sien staan het - daar waar dit deur die metropolisie afgetrek is. Op my eie - maar die gesprek in my kop was dié van ‘n vroeëre vraag wat my vrou my eenkeer gevra het: ‘Hoe kom ‘n vers na jou toe?’”
Andries Bezuidenhout: Hoe 1993 in 2010 lyk “Ek lees weer Gert Vlok Nel se digbundel om te lewe is onnatuurlik. Dis in 1993 gepubliseer, die jaar voor die verkiesing. Hoe het dit gevoel om in 1993 te wees? Dalk moet ʼn mens ʼn aanloop vat. In Januarie 1992 is Paul Simon die eerste groot internasionale kunstenaar wat Suid-Afrika toe kom na die kulturele boikot. [...] In Maart daardie jaar gaan stem ek in die laaste wit referendum, om apartheid te beëindig.”
Carina Stander: Woorde om asem te haal “Regdeur haar oeuvre maak Krog gebruik van uitruilbare identiteit: Jefta se dogter, Lady Anne Barnard, Antjie Somers. Wanneer sy by monde van Susanna Smit praat, verteenwoordig sy die Afrikanervrou wat veg vir vryheid, geregtigheid, eerbaarheid en kreatiewe uitlewing. Die vraagstukke rondom geslagtelikheid, die selfopoffering en dapperheid van die vrou as moeder, volksfiguur en skrywer en die strewes van die individu teen ‘n patriargale stelstel, is kenmerkend van Krog én Smit se skryfwerk. ”
Yves T’Sjoen: Lees maar, er staat meer dan de tekst (10) Paul Snoek en Maurice Gilliams “In de Vlaamse poëzie van de vorige eeuw zijn tal van gelegenheidsgedichten verschenen met een opdracht voor Maurice Gilliams (1900-1982). Een verkenningstocht leverde twee categorieën van auteurs op. Bevriende generatiegenoten, [...], hebben gedichten geschreven die aan Gilliams zijn opgedragen. Daarnaast zijn er de jongere tijdgenoten die de oudere dichter een eerbetoon brengen of zich wensen te profileren in het eigentijdse poëzielandschap met een opdrachtgedicht.”
Jannie Malan: Die gedig as klip “Ek kon nie help om die ooreenkoms met die gedig te sien nie. Die enkodeer van betekenis in ‘n gedig - elk met sy eie vorm, gewig, tekstuur en kleur - en die dekodering, oor afstand, deur die ontvanger/leser. ‘n Goeie gedig is een wat jy in die palm van die kop of hart kan hou, die gewig daarvan toets, die tekstuur daarvan in die onbewuste voel skaaf.”
Charl-Pierre Naudé: Ietsie oor ritmikaliteit en poësie “Een van die meer geheimsinnige aspekte van die digkuns is die aard van ritmikaliteit. Dis ook een van die mees misverstaande aspekte. Die veranderende voorkoms van ritmikaliteit - ek gebruik die woord as ‘n oorkoepelende term vir metrum, ritme, ensovoorts - het Poetry International, die groot jaarlikse poësiefees in Rotterdam genoop om vanjaar die tema ‘die prosagedig’ te maak.”
Jan Pollet. Typetje Duinker “Geregeld zal ik in deze experimentele reeks nieuwe dichters-typetjes brengen. Deze typetjes zijn tot mislukken gedoemde pogingen om het poëticale bolwerk van een geliefd en bewonderd dichter binnen te dringen. De methodiek is het paard van Troje. Als het lezen van de gedichten niet meer volstaat, blijft er weinig anders over dan de dichterskern binnen te glippen en van daaruit verborgen zonnestralen te ontdekken.”
Berig: Poësie as skuit in ‘n stormsee van massamedia “The women and men who run small independent presses, often on a frayed shoestring, know in their bones that poetry is necessary if underappreciated cultural work - that poetry, even when it’s snubbed by the broader culture, has no expiration date. Here are reviews of several recent collections that demonstrate how poetry survives, even thrives, in the high-def seas of the mass media.”
Desmond Painter: Mandelstam se wetenskap van die wedersiens “Volgens Jacques Ranciere is skeiding, afsondering en afwesigheid meer as net ‘n ongelukkige stand van sake waaroor Mandelstam skryf in sy gedigte. Afsondering ‘is the very principle of the poem, the science of the poet. For Mandelstam there is no poetic power except from the point of view of exile.’”
|






















