Woensdag, 6 Mei 2009
Afgesien daarvan dat dit besonder goed gaan met die vestiging van die webblad in die kuberruim, is die lekkerste meevaller daarvan die netwerk van kontakte wat skielik gevestig óf hervat word. So ontvang ons gister uit die bloute die heerlikste, entoesiastiese brief van vriend Peter Holvoet-Hanssen, daardie geswore literêre seerower van die Vlaamse lettere met wie ons ongeveer ’n jaar gelede kontak gehad het. (Terloops, indien dié benaming jou intrigeer, kan jy gerus op sy webblad by www.kapersnest.be gaan inloer vir die rede hiervoor.)
In Antwerp het ons verlede jaar ’n onvergeetlike aand saam met Peter en sy vrou, Noëlla, deurgebring toe hy ’n vers moes voordra by die amptelike opening van die nuwe tuiste vir die Vlaams Fonds voor de Letteren te Generaal Van Merlenstraat 30, Berchem. (Terloops, dié vers van hom, Lente, is op ’n reusagtige bord by die ingang van die gebou aangebring.) Nietemin, na afloop van die verrigtinge koes ons onder wind en reën en sneeu holsterbolder deur donker, verlate strate na Herman de Coninck se voormalige stamkroeg genaamd ’t Hof van Ellende. Wat ’n belewenis, wat ’n aand! Maar genoeg daarvan. Marlise het immers reeds oor dié onvergeetlike aand geskryf in haar inleiding tot die Versindaba 2008 bloemlesing …
As voorbeeld van hierdie woelgees se spesifieke digvermoëns, die volgende vers wat hy geskryf het “over de zin en onzin van poëzie in Vlaanderen en de huidige wereld.” Dit is ’n vers wat hy besig is om te slyp vir sy beoogde deelname aan die Medelin Poësiefees in Bogota (Columbia) in Juliemaand vanjaar.
Lekker lees en bly liewers uit die pad van “gecastreerde cavia’s” vandag.
Mooi bly.
De inslag
Jan Bart, maak 386 bodems buit.
Vecht terug, ze kelderen de laatste vissersschuit.
De dichter melkt de fles, zo handig, vol herkenbaarheid.
Wat een metier! Applaus! Een zebra: een pyjamapaard.
Een dichtbundel: een olifantje, klein en afgericht.
Waarom begin je geen frituur in Budapest – en bak
gedichten als goulashkroketten of zigeunersticks.
De wolkenkrabbers smelten maar jij komt niet uit je kot.
Nee, hoofd omhoog en schrijf: een tram rijdt door mijn linkeroor –
Wat heeft mijn leven met je leventje te maken, denkt
de dakloze, wagon in as. Ik ruik zijn hersenen.
Pomp van het groot verdriet. Zijn boot ging overboord – verhaal
werd kaalgeplukt door modeschapen. Geen moraal. De sloop.
Oom Walter heeft een webcam – gecastreerde cavia’s.
De wereld is viraal en elke mens een biotoop.
© Peter Holvoet-Hanssen.






