Woensdag, 27 Mei 2009

Ramsey Nasr

Ramsey Nasr

Dit was vir my interessant om Antjie Krog se vertelling aangaande Ramsey Nasr, die nuwe Nederlandse Dichter des Vaderlands, te lees, aangesien hy hom op 7 Mei ‘n stortvloed kritiek op die hals gehaal het toe hy sy gedig Psalm voor een afkomst tydens die opening van ‘n Calvijntentoonstelling ter viering van Calvyn se 500ste verjaarsdag, voorgedra het. Die meer behoudende Christene in die gehoor het ernstig aanstoot geneem en hom van godslastering beskuldig. “Pijnlijk”, het raadslid Bert Staat die Dichter des Vaderlands se voorlesing genoem: ”Calvijn stond zo dichtbij God, Nasr zo veraf. Als koningin Beatrix niet in de Grote Kerk van Dordrecht had gezeten, was ik de kerk uitgelopen toen Nasr het gedicht voordroeg, want ik voelde me erdoor gekwetst”, het hy gesê.

Blykbaar was Nasr se gedig as diskriminerend teen die Calvynse voorvaders ervaar (Willem van Oranje in die besonder), terwyl dit terselfdertyd die Bybel banaliseer en ’n onreg jeens God is. Gaan lees die berig hier en lees (of luister) na Ramsey Nasr se voordrag hier.

Voorspoed en onthou om jou gehoor altyd in die oog te kyk.

Mooi bly.

LE

Bookmark and Share

Los kommentaar