Onderhoud: Lina Spies

Vraaggesprek met de Zuid-Afrikaanse dichteres Lina Spies

 door Hans Ester

 (Hierdie onderhoud verskyn ook in die somer-uitgawe van die tydskrif BEWEGING.)

Lina Spies

Lina Spies

De Zuid-Afrikaanse dichteres Lina Spies werd in 1939 geboren. Zij groeide op in de toenmalige Oranje-Vrystaat en studeerde Afrikaans en Nederlands in het idyllische Stellenbosch. Een verblijf van twee jaar in Amsterdam (studie aan de VU) had grote vormende waarde voor Lina Spies. In het werk van Lina Spies domineren vier onderwerpen: de verhouding tot God en Jezus Christus; het kwetsbare kind; de liefde voor zowel Zuid-Afrika als voor Nederland; het wonder van de poëtische scheppingskracht. De poëzie van Lina Spies weet de grote levensproblemen zodanig te verwoorden dat veel lezers in Zuid-Afrika hun eigen vraagstukken en ervaringen daarin vertegenwoordigd zien. Als lid van het bestuur van de Universiteit van Stellenbosch schuwt Lina Spies de discussie over de toekomst van het Afrikaans geenszins. Ook neemt zij met heldere stellingnamen deel aan hedendaagse theologische debatten binnen Zuid-Afrika, onder meer over de opvattingen binnen de zeer invloedrijke charismatische geloofsgemeenschappen. Het is de hoogste tijd om deze belangrijke schrijfster ook in Nederland aan het woord te laten.

 

Poëzie is een vorm van taalgebruik waarin de woorden veel beter en harmonischer op elkaar reageren dan binnen de spreektaal. Aan de andere kant bemoeilijkt poëzie het verstaansproces door de conventies van de “gewone” taal te doorkruisen. Dat lijkt tegenstrijdig. Wat is voor u het motief om in die verrijkte taal van de poëzie te schrijven?

 

Ek het nooit gekies om liewer poësie as prosa te skryf nie. As laerskoolkind het ek uiteraard opstelle geskryf wat absoluut vir my die heerlikste iets op aarde was om te doen en uiteraard was dit in die vorm van prosa. My onderwysers was onder die indruk van my opstelle en het my verseker dat ek ‘n “skrywer” gaan word. Ek het dus nie as jong kind aan myself as ‘n “digter” gedink nie, maar nogtans was die poësie ‘n lewende werklikheid in my jong lewe. My vader was’n groot poësieliefhebber en het gereeld – indien nie daagliks nie, dan wel weekliks – vir my en my twee susters gedigte voorgelees. As ons op reis was, het ons nie liedjies gehoor nie, maar verse wat hy van agter die stuurwiel voorgedra het. Op tienjaar het ek my eerste eenvoudige versie wat ek “Lenteliedjie ” genoem het, geskryf. Dit het so begin: “Die lente is jonk/ en die velde die pronk.” My vader het vir my die vlam van die poësie aangesteek en die groot Afrikaanse digter D.J. Opperman wat my professor in die Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch was, het dit laat brand. Ek het besef dat ek ‘n digter is en onder sy leiding het ek ernstig begin gedigte skryf. ‘n Gedig meld hom by my aan meesal in die vorm van ‘n versreël. Die digter J. C. Bloem het in sy weergawe van hoe die ontstaansproses van ‘n gedig hom voltrek, daarop gewys dat die digter die “inhoud” en die “vorm” van die gedig tegerlykertyd vind. So gebeur dit ook by my. Ek sal nooit ‘n roman kan skryf nie. Dit ontbreek my volkome aan die vermoë om ‘n romanwêreld met personasies binne ontwikkelende relasies te konsipieer. Kortom: Ek het nie ‘n talent vir die epiek – en dus vir die prosa – nie.

 

Als hoogleraar Afrikaans en Nederlands in onder andere Stellenbosch analyseerde u literaire teksten. Ging dat gemakkelijk samen met het dichterschap en het mogelijk meer onbewuste proces van het scheppen van poëzie?       

 

Dit was vir my as hoogleraar in die letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch heerlik om “college” te gee. Die analise van literêre tekste – in die besonder gedigte – saam met studente was ‘n stimulus vir my eie digterskap en veral ook vir die skryf oor die literatuur. Die voltooiing van ‘n gedig met die wete dat dit geslaag het, is die ervaring van vervuldheid, maar ook die skryf van ‘n vakwetenskaplike artikel oor ‘n literêre onderwerp, bring ‘n besondere gevoel van voldoening met sig mee.

 

Het Afrikaans heeft een rijke schat aan slaapliedjes en andere kinderliedjes. Speelden deze liedjes een rol bij uw groei naar het dichterschap?

 

My bewuswording van die wonder van die poësie het by slaap- en kinderliedjies begin. Die enorme rol wat my vader in dié verband vervul het, het ek reeds op in gegaan. My moeder het ook vir my as klein kind gesing. Ek weet nie meer watter liedjies nie, maar sy moes self ook liedjies versin het, want sy het vertel dat ek dikwels gevra het: “Sing katte, Mamma, sing katte.” Ek was van kleins af versot op katte; vandaar dié versoek. As ek soos vir dié vraaggesprek met u noodwendig oor my eie poësie moet nadink en bundels moet herlees, val dit my op hoe ‘n groot aantal verse in my debuutbundel Digby Vergenoeg (1971) as ‘t ware vorm gevind het deur die herskepping van ‘n sprokie of deur verwysings na sprokies en kinder- of slaapliedjies. Dit word minder en verdwyn in my latere bundels wat eintlik bewys hoe belangrik hierdie kinderverse was vir die ontwikkeling van my digterskap.

 

Het is duidelijk dat het Afrikaans voor u een grote emotionele waarde bezit. Speelt de vergelijking met het Nederlands daarbij een rol?

 

My debuut het verskyn na my twee Amsterdamse studiejare in die Nederlandse taal- en letterkunde. Van aanvang tot hede is my poësie tematies beïnvloed deur Nederland en taalmatig deur Nederlands. My moedertaal Afrikaans het inderdaad vir my ‘n groot emosionele waarde; dit is benewens die taal waarin ek die gemaklikste is, ook as medium van my poësie my kosbare, onverhandelbare instrument. Ek glo dat Nederlands ‘n bron vir die taal van my poësie is sonder dat dit daardeur Neerlandisties word. Ek hoop dat ‘n Nederlandse woord of ‘n gesegde of ‘n uitdrukking in van my gedigte spontaan opgeneem word in idiomatiese Afrikaans.

 

Bijbelse thema’s en figuren komen regelmatig voor in uw werk. U kijkt op een originele manier naar de Bijbelse gegevens. Leidt deze originaliteit tot een soort concurrentie met de theologen, de ambtenaren van God? Door welke theologen laat u zich inspireren, terwijl zij zich op hun beurt door u laten inspireren?

 

Ek is noodwendig ‘n Bybelsgevormde digter omdat, getrou aan die gereformeerde tradisie, my vader soggens en saans by huis­godsdiens uit die Bybel voorgelees het. Die verhale uit die Ou Testament het my intens geboei soos o.a. die liefdesverhaal van Dawid en Migal wat neerslag gevind het in die gedig “Migal aan Dawid” in my debuutbundel. Episodes uit Jesus se lewe het ‘n groot aantal verse in Dagreis (1976) geïnspireer. Ek weet slegs van een gedig oor ‘n Bybelse figuur wat ontstaan het in konkurrensie met ‘n preek waarin Josef soos altyd – ook in ‘n Bybelse kinderboek van my – as ‘n edel figuur by uitnemendheid voorgestel is. In teenstelling met die dominee se preek, het ek Josef meteens gesien as ‘n “verwende, vervelende jongen” wat tereg die toorn van sy broers teen hom laat ontvlam het met sy drome oor hoe hulle as sterre of koringgerwe voor hom buig. Dié siening oor Josef was slegs ‘n prikkel en kom slegs indirek tot uitdrukking in die gedig “Jakob seën sy seuns” (Oorstaanson: 1982). Die gedig is juis getrou aan die siening van ds. J. Overduin oor Jakob as vader se vormende  invloed op sy seuns met hulle bepaalde persoonlikhede in sy boek Profetische vergezichten. Nee, ek het hierdie gedigte dus op ‘n enkele uitsondering na (waarvan ek bewus is) nie in konkurrensie met teoloë geskryf nie. Ek is en word deur teoloë geïnspireer en enkeles van hulle ook deur my, maar dan bedoel ek inderdaad teoloë soos wyle Ferdinand Deist, en nie dominees nie. Ek weet byna nie van dominees wat poësie lees nie en ek – of enige ander digter – sal dus selde of nooit deur hulle in ‘n preek aangehaal word. My jongste bundel Duskant die einders (2004) het wel aanklank gevind by hedendaagse Afrikaanstalige vrysinnige teoloë wat graag my gedig “Geloofsbelydenis van ‘n afvallige” siteer, selfs in plaas van die kerklike credo.

 

Predikanten kijken graag met een schuin oog naar de literatuur. Ze oordelen ook met een zekere gretigheid over literatuur. Wat is uw reactie daarop? Een glimlach of boosheid?

 

As predikamte ‘n negatiewe oordeel oor literêre werke uitspreek  – meesal oor die prosa, omdat die poësie selfbeskermend is weens sy  gekonsentreerde aard en gevolglike mindere toeganklikheid – op grond van die eis dat dit “mooi” en “skoon” moet wees, maak dit my kwaad. Literatuur ontspring aan die werkliheid wat nooit sonder sy skadukante is nie. Dit is gekompliseerde mense wat met konflikte in hulleself in die reine probeer kom en die verwikkeldheid van menseverhoudings wat van oudsher af die stof vir groot literatuur lewer. Ook die digter is bewus van hierdie kompleksiteit en gee daarin uitdrukking in die poësie.

 

Hoe verhoudt zich uw dichterlijk werk tot het grote thema van de tijdelijkheid, van de vergankelijkheid van het menselijk bestaan. Is poëzie een dam tegen de vergankelijkheid?

 

Sintuiglikheid is vir elke goeie digter essensieel. “Die digter dink deur die oog”, het Opperman gesê. In sy gedig vang die digter deur sy sintuie – soos die skilder op sy doek – ‘n stukkie van die uiterlike werklikheid vas of op metaforiese wyse ‘n stukkie innerlike werkliheid en gee daaraan iets bo-tydeliks. Op dié wyse word gedigte wel skanse teen die tyd en kan die gedig die digter en die leser momenteel van die bewussyn van die tydelikheid van die menslike bestaan bevry, selfs by die onderliggende besef van eindigheid en sterflikheid. Ek dink dit is wat ek doen in my verse oor Vermeer in Duskant die einders. Dié titel beklemtoon juis die bestaan in die eindige – hierdie lewe –  by die wete van die eindigheid daarvan; die lewe kom tot ‘n einde êrens aan ‘n grens  soos wat die oorskouing van ‘n landskap vir die waarnemer ophou by die horison. Vermeer se skilderye, het een kommentator gesê, gee uitdrukking aan die volheid en selfgenoegsaamheid van die huidige oomblik.

 

Het lijden neemt in uw werk een voorname plaats in. De geschiedenis van de twintigste eeuw, in het bijzonder de terreur van het nationaal-socialisme, is prominent aanwezig in uw gedichten. Ligt daarin ook een morele plicht om te blijven getuigen van het onrecht en van de kracht van het woord, zoals bijvoorbeeld bij Anne Frank?

 

Ek is deur my kennismaking met die dagboek van Anne Frank in my Stellenbosse studiejare en in my Amsterdamse studiejare deur my inwoning by ‘n Jodin wat Auschwitz oorleef het, intens bewus gemaak van die Sjoa. Die rasgebaseerde ideologie van die Nazi’s wat verantwoordelik was vir die uitwissing van sesmiljoen Jode het ook mettertyd die wete by my ingeskerp van wat die aaklige implikasies en gevolge van rassisme is. Dit was terselfdertyd ‘n pynlike  bewuswording van die apartheidsideologie van ‘n veertigjarige politieke bewind in my eie land wat nooit volksmoord nagestreef het nie, maar wel mense van mekaar geskei en vervreem het op grond van ras. Na Auschwitz en na demokratisering in Suid-Afrika is die grensoorskryding na die “Ander” – om ‘n begrip van Levinas te gebruik – nog steeds in ons een-en-twintigste-eeuse wêreld nie altyd ontmoeting en erkenning nie, maar dikwels konfrontasie en konflik. Daarom moet ons bly getuig van onreg en van die krag van die woord; spesifiek die woord wat verbind en heel.

 

De gedachte van het leven als reis, als onderweg zijn naar een bestemming, is in uw werk duidelijk aanwezig. Waarheen zijn wij als mensen onderweg?

 

Ek is ‘n plekgebonde mens en terselfdertyd ‘n reisiger. Ek is verknog aan my skilderagtige mooi dorp Stellenbosch en as mense my sedert ek met pensioen is, vra waar ek nou woon, kyk ek hulle verbysterd aan en antwoord: “Op die enigste plek waar ek kan woon, Stellenbosch”. Soms voeg ek by: “Behalwe in Amsterdam, maar dit het vir my om velerlei redes onmoontlik geword.” Ek moet dikwels in Nederland en in Amsterdam kom om my in harmonie met myself te voel. Reis is vir my in meerdere opsigte heerlik en stimulerend en lewer dikwels impulse vir my poësie. Dit is vir my  opwindend om my eie te maak met ‘n vreemde plek soos in 1990 met die dorp van Emily Dickinson waarbinne sy haar afgesonder het, Amherst in New England. Ek het op die spore geloop van dié digteres vir wie se poësie ek ‘n hartstog het en my tuis gevoel in haar dorp. Om dolgraag te reis en plekgebonde te wees, is naruurlik ‘n paradoks in my poësie, maar die digter as mens sit ook vol teenstrydighede. As mens is ek altyd in laaste instansie onderweg na my medemens en deur hom/haar na God.

 

U bent een kenner en groot liefhebber van muziek. Is poëzie verwant aan muziek?

 

Sonder  musiek kan ek nie lewe nie, maar ek moet erken dat ek nie ‘n katolieke smaak het nie en dat my liefde beperk is tot die klassieke musiek. Die hoogtepunt van alle kunsuitinge is vir my die kunslied waarin die woord en die musiek met mekaar één word. My liefde sluit al die liederkomponiste in, Schubert uiteraard, maar selfs nog in hoër mate Schumann. Die poësie is myns insiens wel intiem verwant aan die musiek en as ‘n gedig ontaard in spreektaal in dié sin dat die versreël nie meer die ritme bepaal nie, kan ek dit nie meer waardeer nie.

 

MIGAL AAN DAWID 

En Dawid sê vir Migal: …ek sal nederig wees in my eie oë en met die slavinne waar jy van gepraat het, met hulles al ek myself eer …

II Sam. 6: 22

 

Vir my is daar geen hisop en geen duiwe:

soos een wat buitekant die stadspoort roep,

bly ek deur jou onaangeraak.

 

Die spies van Saul het jou skrams gemis;

die trefkol van my hart was kwesbaar-oop

vir die klippie uit jou hart se slingervel –

 

ek het langsaam, stuk-stuk doodgegaan:

jou lied was opgeloste sonskyn in my oë

wanneer jy voor die koning speel;

prinses van Israel, bedroë luistervink!

Saul wou Merab aan jou gee.

 

Ek was die tweede keuse vir sy strik

toe die eerste strategie van haat misluk:

my liefde was so goedkoop, maar jou eis

was oorlog vir die koning teen die Filistyn,

honderd voorhuide vir ‘n huwelikskoopprys.

 

Skoonseun van die koning! Gewaande regterhand

van God, het ek jou deur die venster af laat sak,

geglo my liefde sou jou elke keer weer red,

onbeskaamd gejok en jou afwesigheid gecamoufleer

met ‘n huisgod in ons warm bed.

 

God! Jy is net aan my drome toevertrou:

Abigail was die woestynoog van jou dorre vlug

– sy het honderd rosynekoeke aangebied –

Saul het my aan Palti weggegee as vrou.

 

Ek het gewag soos God wag

totdat die steenbok van die berge lam,

ek het die tyd gemeet soos God

die maande tel waarin hul dragtig is.

 

En toe jy met die ark terugkom,

het ek ineens onthou: koordans en tamboeryn!

My besete hart het my vooruitgegaan:

Saul het duisende verslaan! Dawid sy tienduisende!

‘n Prinses het hoog voor jou gaan staan,

maar jy was nakend voor jou God;

 

toen kon ek heerlik haat:

sanger van Betlehem, kneg van Jahweh,

man na God se hart, gesalfde van die volk,

teenstander van Saul, boesemvriend van Jónatan,

minnaar van Batseba, vader van my nooit-gebore kind.

 

hart van my hart.

 

Ek sal die rondheid van my borste bly behou

vir ‘n bekenning van die hande

van jou toegewyde siterspel,

die halleluja van my hart sal swyg

dat jy dit kan verwek.

 

Dawid, laat een duif wegvlieg, die ander stadig bloei,

lê jou hande weer priesterlik op my

al sal ons een-wees nooit ‘n kind

laat harp speel in die veld.

 

Uit: Lina Spies, Digby Vergenoeg. Kaapstad en Pretoria 1971

 

Onverklaarbare

 

U is vandag die Hippie-koning,

die Jesus-people kroon en klee u.

U is die arme

en ons moet ons goed uitdeel,

Ons liggaam oorgee om verbrand te word.

Maar u kleed was in een stuk geweef

dat die soldate daaroor moes dobbel

om dit ongeskeur te kan behou.

 

Hulle maak van u ‘n queer, ‘n moffie,

hulle sê u was gay op swerf met twaalf mans

en dat u Petrus en Johannes innig liefgehad het.

Niks kom daarby nie: dié liefde van eensoortiges.

maar u het u hande na kinders uitgestrek

en Petrus eenmaal vir die duiwel uitgeskel.

 

Hulle praat van Maria

wat keer op keer u by die maaltyd opgesoek het

om by u voete te kon sit,

om met teer hande u te salf.

Maar oor die leë graf het u vir haar geroep:

    “Raak my nie aan nie!”

 

Hulle het vir u gevlug in kloosters,

    heilige oorloë gevoer,

         gevas,

              kerse opgesteek in katedrale

en u naam op die preekstoel uitgeroep

bokant ‘n blinkborduurde kanselkleed wat sê

    “So spreek die Here.”

 

Skone,

    Gemartelde,

        Verlate Vriend,

            Opgestane Bruidegom,

 

Jesus van Nasaret, gaan ons nie verby.

 

Uit: Lina Spies, Dagreis. Kaapstad 1976

Bookmark and Share

Comments are closed.