Om te kibbel met ‘n wit brood onder jou arm

 

Poeziekrant (Mei-uitgawe)

Poeziekrant (Mei-uitgawe)

Wat ‘n plesier is die Poeziecentrum in Gent se tweemaandelikse tydskrif Poeziekrant nie vir die poësieliefhebber nie! Want kan jy jou ‘n groter weelde indink as om weke lank te lees aan dié A4-grootte glanstydskrif met sy magdom leesstof? Pure onverdunde leesplesier, glo my! Met sy bykans 80 bladsye gevul met artikels, onderhoude, gedigte, resensies en vele ander wil-weet-dinge, raak jy regtig sommer vir baie ure verlore … So lees ek in die Mei-uitgawe van die tydskrif die vermaaklike onderhoud met Dirk van Bastelaere, Mijn biblioteek is mijn uitwendig geheugen, waarin hy onder andere uitvaar teen die vervlakking (kommersialisering) van die poësie wat hy die negatiewe ewolusie van die poësie noem. Hy het dit veral teen die “sirkusopset” van die Dichter des Vaderlands, asook die “stadsdichterscharade”. (Van Bastelaere is natuurlik een van die samestellers van die kontroversiële bloemlesing Hotel New Flanders. Lees gerus weer die Nuuswekker van 15 Mei indien jy dit gemis het …)

Maar wat ek persoonlik amusant gevind het, was die volgende beskrywing deur die onderhoudvoerder (Frank Pollet): Hij toont het boek World Poetry en roept ‘Kijk, welke twee Nederlandstalige dichters staan in dit boek? Kopland en Van Vliet. Ik wil niet weten wat een Egyptenaar over onze poëzie denkt!’ Van Bastelaere ageert tegen de beperktheid van dit soort beeldvorming. ‘Elke dichter opereert in een gigantische algemene, dat wil zeggen niet strikt literaire intertekst,’ zegt hij. ‘Je wordt beïnvloed van alle kanten.’ (Die boek hier ter sprake kan net die Vintage book of contemporary world poetry wees wat deur JD McClatchy saamgestel is en deur Vintage uitgegee is.)

Op sý webblad reageer Huub Beurskens soos volg op bogenoemde stelling: “Dirk van Bastelaere is beslist geen naïeve idioot. In een vraaggesprek, gepubliceerd in de nieuwe aflevering van Poëziekrant, maakt hij tussen het aanbieden en zelf verorberen van cent wafers door, zinnige opmerkingen … Ik wil dat onderstrepen. En ik wil er aan toevoegen dat elke dichter bijgevolg ook door gigantisch veel meer niet beïnvloed wordt. En bij dat gigantisch vele waardoor hij niet beïnvloed wordt, simpelweg omdat hij in onze tijd inderdaad door van alles en nog wat wordt beïnvloed, zou juist wel eens zoiets als ‘de Vlaamse poëzie’ of ‘de Nederlandse poëzie’ kunnen behoren, hoewel hij zelf in het Vlaams of Nederlands schrijft. Hij heeft wellicht heel wat meer en beters te doen dan zoiets als de Nederlandstalige poëzie bestuderen en bijhouden.”

Sug. Lyk my daar is op alle vlaktes maar windmeulens wat bestorm moet word. (Of is dit monsters?) Nietemin, geoordeel aan die enkele Afrikaanse digter (Breyten Breytenbach) wat in McClatchy se Contemporary World Poetry opgeneem is, doen ons dalk nie te sleg nie … Veral as ‘n mens in gedagte hou dat dit die beskikbaarheid van tekste in Engels is wat opname in ‘n bloemlesing van dié aard onderlê. (Die enigste ánder Suid-Afrikaanse digter in die CWP is Dennis Brutus.) Terloops, indien jy my blog-inskrywing oor hierdie publikasie gemis het, kan jy dit steeds hier te lese kry.

‘n Lekker dag vir jou. En kyk tog maar die monster deurentyd in die oog; hy verander weliswaar soms van taal en verhoog, maar sy intensie bly áltyd dieselfde: die verbrysling van hoop.

Mooi bly.

LE

Bookmark and Share

Comments are closed.