Blomme van verskillende tale
Mense se lewens bly fassinerend. Selfs die onopvallendes het meestal ’n vreemde storie te vertel. As dit by kunstenaars kom, is daar dikwels nog meer intriges. Neem nou maar ’n paartjie soos Ted Hughes en Sylvia Plath. Ek het onlangs ’n biografie oor hul huwelik gelees (Her husband deur Dianne Middlebrook) en genugtig, wat ’n sepie! Met ’n versamelbundel van Hughes onder die arm en ’n leë idee-spens, dog ek toe ek waag my hand aan ’n vrye vertaling van een van sy minder mitologies-verstrikte gedigte:
To Paint a Water Lily
A green level of lily leaves
Roofs the pond’s chamber and paves
The flies’ furious arena: study
These, the two minds of this lady.
First observe the air’s dragonfly
That eats meat, that bullets by
Or stands in space to take aim;
Others as dangerous comb the hum
Under the trees. There are battle-shouts
And death-cries everywhere hereabouts
But inaudible, so the eyes praise
To see the colours of these flies
Rainbow their arcs, spark, or settle
Cooling like beads of molten metal
Through the spectrum. Think what worse
Is the pond-bed’s matter of course;
Prehistoric bedragonned times
Crawl that darkness with Latin names,
Have evolved no improvements there,
Jaws for heads, the set stare,
Ignorant of age as of hour –
Now paint the long-necked lily-flower
Which, deep in both worlds, can be still
As a painting, trembling hardly at all
Though the dragonfly alight,
Whatever horror nudge her root.
(uit Lupercal)
En in Afrikaans:
om ’n waterblom
groen groei sy uit die wateroppervlak
wat die poel se duisternis oordak
vir vliedendes ’n veggebied bereken
om dié lelieblom te teken:
sien eers die naaldevlieg in vlug
koeëls gekoker deur die lug
of flikkerhuiwer bo die ruigte
van geil onderbos en struike
oorlogsgeraas en doodskrete
weergalm onhoorbaar uit die diskrete
flikflooi van insekgewere
naaldekokers se reënboogkleure
vonke, boë, skitterende dood
wat stol soos druppels gesmelte lood
metaalagtig, dartel en flonker
maar onder, in die bodemdonker
lê dreigend prehistoriese drake
grieselig met koppe soos kake
onbewus van tyd of uur
Latynse gedrogte se duister gluur
wat iewers uit die voortyd kom
skryf nou die langnek lelieblom
in dubbelbeeld van lug en water versink
stilskildery wat sonder dink
skaars tril tussen alles wat om haar roer
of sinister en troebel deur haar wortels loer.





