Allenig moet ek bed toe gaan

Hazel Buchel

 

 

I wonder if you can assist me?

I am looking for a poem:

 

Allenig moet ek bed toe gaan

Dit is donker in die gang

Ek kan niemand vra om my te help

Want hul se reeds ek is bang

 

I need the correct words and the author.

 

Forever grateful

Hazel

Bookmark and Share

2 Kommentare op “Allenig moet ek bed toe gaan”

  1. Marlise :

    Hazel,
    hierdie gedig verskyn in DJ Opperman se Kleuterverseboek. Ek het die boek sowaar nog op my rak! Het dit destyds gekoop vir my dogter. Die titel van die vers is Bang! geskryf deur Jeanne van Belkum.

    Bang!

    Allenig moet ek bed toe gaan,
    dis donker in die gang,
    ek sal niemand vra om saam te loop,
    hul sê reeds ek is bang.

    Daar sit hy in die hoekie weer,
    sy arms sal my gryp,
    en ‘Mammie! Mammie!’ skree ek hard,
    ‘die donker wil my knyp!’

    En toe vat Ma my handjie vas
    en lei my deur die gang.
    Die skelm was my eie jas
    wat aan die kapstok hang.

    groete! 🙂

  2. Lize :

    Sjoe, ‘n vriendin van my het ook die gedig ernstig gesoek en hier het jy dit nou. Sy sê sy loop en soek die gedig al ‘n maand lank. Haar ma het dit altyd vir hulle voor gelees en hulle moes dit leer op skool. Wel, dank die Vader vir rekenaars, een minuut en daar het ek die gedig. Ek het ingetik allenig moet ek bed toe gaan en sie daar. Baie dankbaar. Lize