As almal ver is… by Boeke-oase, Aardklop
– so kosmopolitaans soos die mense wat daarin verskyn; so eklekties soos die wye wêreld waarmee dit te make het – gaan ‘n lang ent om dié gebrek aan te vul. Hier is dagboeke en poskaarte, strippe en kort stories, gedigte en essays - van bekendes en onbekendes - wat almal verskillende wedervaringe in verskillende plekke weergee. Skrywers soos Achmat Dangor, Sindiwe Magona en Marita van der Vyver se beplakkerde koffers vol herinneringe lê op die voerband langs dié van digters soos Marais, Antjie Krog en Gabeba Baderoon; strip kunstenaars soos Joe Dog, Lorcan White en Karlien de Villiers deel die doeane-tou met figure soos Hunter Kennedy, Toast Coetzer en Dana Snyman. En oral, deur die fassinasie of die ongemak met die verre, skemer daar ‘n duidelike liefde vir die tuiste wat agtergelaat is: op die oppervlak is hierdie ‘n versameling oor die buiteland, maar vlak onder die vel skuil daar eintlik ‘n love-song vir ‘n Suid-Afrika wat nooit haar kinders ophou terugroep nie.




