Paspoort Blues

Daar was skynbaar heelwat ontevredenheid verlede week oor Charl-Pierre Naudé se bloginskrywing oor burgerlike ongehoorsaamheid. Wat het die politiek te make met die poësie?, wou sommige lesers weet.

Dit het my laat dink aan ‘n ou gunstelinggedig van my, W.H. Auden se Refugee Blues, wat ook Passport Blues genoem sou kon gewees het. Auden het dit vroeg in 1939 geskryf; die Tweede Wêreldoorlog was op hande.

Maar die gedig resoneer veel wyer as daardie oorlog en Joodse vlugtelinge. Dit spreek die hele politieke orde van moderniteit, van nasie-state en genasionaliseerde burgerskap, aan vanuit die perspektief van die uitgeslotenes. ‘The consul banged the table and said,/ “If you’ve got no passport you’re officially dead”:/ But we are still alive my dear, but we are still alive.’

Daar is dalk weinig beelde in die moderne poësie wat die impak van die politieke op die private of die persoonlike meer onstellend en akkuraat uitbeeld. Júís om die geroetineerde, alledaagsheid van die toneel van uitsluiting en ‘maatskaplike dood’ wat dit beskryf. Júís omdat dit so endemies is aan ‘n politieke orde wat ons die meeste van die tyd as natuurlik en vanselfsprekend aanvaar.

Maar dalk is daar ook weinig treffender voorbeelde in die moderne poësie van mense se vermoë om hulleself ten spyte van, in reaksie teen, en anderkant die bestaande politieke orde(ning) uit te herverbeel: ‘But we are still alive, my dear, but we are still alive.’ Om hierdie stem te hoor, te amplifiseer, en te herhaal in die skep van ‘n mensliker, sagter wêreld, is tegelykertyd ‘n poëtiese en ‘n politieke daad.   

 
Refugee Blues

W.H. Auden

Say this city has ten million souls,
Some are living in mansions, some are living in holes:
Yet there’s no place for us, my dear, yet there’s no place for us.

Once we had a country and we thought it fair,
Look in the atlas and you’ll find it there:
We cannot go there now, my dear, we cannot go there now.

In the village churchyard there grows an old yew,
Every spring it blossoms anew:
Old passports can’t do that, my dear, old passports can’t do that.

The consul banged the table and said,
“If you’ve got no passport you’re officially dead”:
But we are still alive, my dear, but we are still alive.

Went to a committee; they offered me a chair;
Asked me politely to return next year:
But where shall we go to-day, my dear, but where shall we go to-day?

Came to a public meeting; the speaker got up and said;
“If we let them in, they will steal our daily bread”:
He was talking of you and me, my dear, he was talking of you and me.

Thought I heard the thunder rumbling in the sky;
It was Hitler over Europe, saying, “They must die”:
O we were in his mind, my dear, O we were in his mind.

Saw a poodle in a jacket fastened with a pin,
Saw a door opened and a cat let in:
But they weren’t German Jews, my dear, but they weren’t German Jews.

Went down the harbour and stood upon the quay,
Saw the fish swimming as if they were free:
Only ten feet away, my dear, only ten feet away.

Walked through a wood, saw the birds in the trees;
They had no politicians and sang at their ease:
They weren’t the human race, my dear, they weren’t the human race.

Dreamed I saw a building with a thousand floors,
A thousand windows and a thousand doors:
Not one of them was ours, my dear, not one of them was ours.

Stood on a great plain in the falling snow;
Ten thousand soldiers marched to and fro:
Looking for you and me, my dear, looking for you and me.

Bookmark and Share

5 Kommentare op “Paspoort Blues”

  1. Charl-Pierre :

    Ek hou van die woord wat jy, in navolging van onder meer Breyten Breytenbach, gebruik: herverbeel.

    Het jy al The Butterfly’s Burden van Magmoed Darwisj (Mahmoud Darwish soos hy in Engels geskryf word), gelees? Ek het maar onlangs daaraan begin proe. Dis lieflike woordkuns.

    Darwisj is ‘n groot, groot politieke digter. Maar hoe hy dit doen is ook anders as Breytenbach, anders as Yannis Ritsos (die Griekse digter wat grondskuddende politieke mymeringe kon maak, in oënskynlike “prosa”, ek dink nou aan daardie vriendelike medelesers wat soms verlore voel wanneer die see nie jambies of soortgelyk wieg nie).

    Breyten het selfs ‘n karakter na Ritsos vernoem in sy een toneelstuk.

    Suid-Afrika het ‘n trotse tradisie van politiek-geinspireerde verse. Trouens, Eugene Marais se Winternag, die sogenaamde “eerste Afrikaanse gedig”, is baie sterk deur die politiese baaierd van die tyd ingegee.

  2. Charl-Pierre :

    Daardie toneelstuk waarna ek verwys, se titel is Boklied.

  3. Desmond :

    Ek het nog nie daardie versameling van Darwiesj gelees nie, maar wel heelwat van sy gedigte op die internet te lese gekry. Inderdaad ‘n groot digter. Yannis Ritsos ken ek nie, maar sal bietjie gaan kyk.

  4. Louis :

    Nou ja, toe. Indien jy op soek is na Darwish se “Butterfly’s burden” weet jy by watter boekwinkel om by aan te klop, Desmond. Werklik s geld dubbel en dwars werd. Dan’s ek ook bly dat Yannis Ritsos se naam te sprake gekom het. As toegif vir julle volg hieronder ‘n vers wat ek in navolging van Ritos gepleeg het. Ek dink dit hou nogals verband met jul onderwerp van bespreking. Geniet dit.

    Onsigbaar, die wag

    Op die stadsplein het hulle gewag. In die middel daarvan
    ’n verhoog opgerig. Papierlanters en vlae is om die pilare gedrapeer.
    In die namddag het ’n stortbui uitgesak. Die plein was
    nat en vol swart sambrele en verlepte stewels.
    Niemand wou sy gesig wys nie. Dit het donker geword.
    Die een wat hulle sou kom toespreek het, het nooit opgedaag nie.
    Toe, een vir een, stadig, in gelid, het hulle begin
    om sambrele op te vou, dit teen die verhoog neergelê
    en onder straatligte deur weggeloop in die reën.
    Net een, die laaste een, het sy masker reggeskuif. En agter
    die podium bly staan. Met sy sambreel
    soos ’n swaard toegevou
    tussen al die dreunende vlae
    om hom heen.

    (Hierdie vers is vry uit die Engels verwerk n.a.v. ’n gedig van Yannis Ritsos wat oorspronklik as “The secret sentry” deur Minas Savvas uit die Grieks vertaal is. Dit het in 1978 verskyn in die lente-uitgawe van Translation.)

  5. Desmond Painter :

    Magties! “Verlepte stewels”: pragtig, dit kon ‘n bundeltitel wees. Ek sal daai bundel een of ander tyd kom koop, Louis…

Los kommentaar