Carina Stander. Toonsetting

Drie jaar gelede het ek en Herman van den Berg mekaar raakgehoor by die Skemerverse op Stellenbosch. Dit was waardering met die eerste luisterslag, veral vir sy toonsettings van Van Wyk Louw se “Die beiteltjie” en Krog se “Hoe ver is eendag?” ‘n Groot lekkerte dus toe Herman laasmaand die slotgedig in my nuwe bundel toonset - ‘n gedig wat ek geskryf het toe my kind net drie dae oud was. Sy naam, Aden, beteken “vuur” in Gallies, vandaar die “vuurling” in die song.  Luister na die MP3 van “Varsgeborene”

Bookmark and Share

Een Kommentaar op “Carina Stander. Toonsetting”

  1. Dankie, Desmond!Het die naweek met Herman gekuier. Hy beplan om binnekort ‘n CD uit te bring wat slegs toonsettings van Afr gedigte is. Dalk so 8 van sy ouer toonsettings & 6 nuwes. Hier kom ‘n ding!

Los kommentaar