Werkswinkel vir digters: dept Afrikaans & Nederlands, US

DEPARTEMENT AFRIKAANS EN NEDERLANDS

Universteit Stellenbosch

 

POëSIEWERKSWINKEL

Vrydag 27 November 2009

 

 

 

Ronel Foster

Ronel Foster

Die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit van Stellenbosch bied weer by geleentheid van die jaarlikse Versindaba ʼn poësiewerkswinkel aan vir studente en lede van die publiek, en wel op Vrydag 27 November.   Die doel met die jaarlikse werkswinkel is om aan aspirantdigters die geleentheid te bied om hul talente te slyp onder die leiding van ’n gevestigde skrywer of ’n kundige uit die skryf- en uitgewersprofessie.  Vanjaar is die aanbieders Charl-Pierre Naudé en Ronel de Goede (Foster).

 

 

 

 

Die werkswinkel vind by die Departement plaas.   Die koste is R325 vir die publiek en R225 vir studente en die sluitingsdatum vir inskrywings is 20 November.   Die inskrywingsgeld sluit aantekeninge en ligte verversings in, sowel as ʼn kaartjie na die Vrydagaandprogram van die Versindaba.   Vir navrae kan u me Liana Roos bel by 021 808 2158 of ʼn e-pos stuur na: skrywers@sun.ac.za.   Almal is hartlik welkom.

 

 

 

Bookmark and Share

Comments are closed.