Philip Larkin - vertaling in Afrikaans
Philip Larkin - vertaal deur Lina Spies, Marlene van Niekerk
Die bome
Philip Larkin
Aan die bome begin die blare glim
soos woorde wat net-net versweë bly;
die loof deur nuwe botsels stilweg uitgespin
se prilgroen is om byna van seer te kry.
Is dit so omdat hulle herbore word
en ons verouder? Nee, hul sterwe ook.
Die truuk van hulle jaarlikse verjonging
is opgeteken in die ringe van hul grein.
Tog soos kastele in hul lugtige luister
is dit asof in hul diggedorste lowerkleed,
hul elke lente fluister: verlede jaar is dood,
begin opnuut, opnuut, opnuut.
(Vertaal deur Lina Spies)
‘n Geheim nog net weerhou;
Die prille bot ontspan, ontvou,
Die groen daarvan ‘n soort verdriet.
Is dit dat ons een leeftyd dien
En hul herbore word? Hul moet ook sterf.
Hul voorjaarstruuk van nuut uitsien
Staan ringsom in die grein gekerf.
Tog, onbedaarlik bries en bruis
Die blaarkastele elke jaar.
Verby’s verby, wil hul verklaar,
Begin van voor, herrys, herrys.
© Vertaling van The Trees [Philip Larkin] deur Marlene van Niekerk




