Stephen Spender – vertaling in Afrikaans
Stephen Spender – vertaal deur Daniel Hugo
ek skep die woord soos ‘n vis:
sal ek hom sy vryheid gee
dat hy terugduik in die see
waar gedagtes flits met ‘n silwer vin?
of sal ek hom dek toe bring
en as ‘n rym opdis?
(Vertaal deur Daniel Hugo)
(Uit: Skeurkalender, Tafelberg, 1998)





