Peter Holvoet-Hanssen: stadsdigter!

Peter en Noëlla

Peter en Noëlla (Foto: Stephan Vanfleteren)

Die stadsraad van Antwerpen het pas bekend gemaak dat Peter Holvoet-Hanssen, daardie enigmatiese literêre seerower oor wie ek in ‘n vroeëre Nuuswekker berig het, as die vyfde stadsdigter van sy geboortestad,  Antwerpen, vir die volgende twee jaar aangestel is. Hy sal op 28 Januarie 2010 sy vlag oor dié stad kan hys wanneer Joke van Leeuwen, die uitredende stadsdigter, haar pos ontruim.

Volgens die persverklaring het die stadsraad ten gunste van die 50-jarige digter gestem omdat “zijn poëzie jong en oud kan betoveren”. Voorts is hulle van mening dat “Peter Holvoet-Hanssen (Antwerpen, 1960) een aparte stem binnen het poëzielandschap (is). Hij creëert met zijn poëzie een eigen universum. Zijn eerste bundel ‘Dwangbuis van Houdini’ kreeg meteen de Debuutprijs 1999. Naar aanleiding van zijn vierde bundel ‘Spinalonga’ ontving de dichter de driejaarlijkse Cultuurprijs van de Vlaamse Gemeenschap 2008. Op een gedurfde en begeesterende manier haalt hij met zijn eigengereide beeldentaal, zijn theatraliteit en muzikaliteit de poëzie uit haar dwangbuis. Hij is ook een onvermoeibare promotor van de poëzie. Zo maakt hij met zijn ‘avontuurlijke reizen door de poëzie’ onder de vlag van ‘Het Kapersnest’ veel jongeren warm voor de poëzie. Holvoet-Hanssen is geboren te Merksem, woonde 40 jaar in Deurne en woont en werkt nu reeds 5 jaar te Berchem.”

Vorige stadsdigters van Antwerpen is Tom Lanoye, Ramsey Nasr, Bart Moeyaert en Joke van Leeuwen.

Wat ‘n vreugde! Wat ‘n prestasie … Ons klap saam met hom en Noëlla Elpers, sy mede-kaper en selwers ‘n gedugte skrywer, hande vir dié uitsonderlike eer wat hom te beurt val. Gaan lees gerus Peter se pleidooi vir poësie wat hy vroeër vanjaar gelewer het, asook sy verslag oor die Medellin-poësiefees in Colombia. En dan is ‘n besoek aan Peter en Noëlla se webblad, De Kapersnest, beslis ook die lees werd. ‘n Onderhoud wat met Peter gevoer is, is hier te vinde.

Vir jou leesplesier plaas ek Peter se gedig “Offer in het lentehuis der letteren” wat by die ingang van die  Vlaams Fonds voor de Letteren se hoofkwartier in Berchem teen die muur aangebring is. En lees sommer ook die vers wat ek as persoonlike huldeblyk aan Peter (en Hugo Claus) heelonder by “Kommentare” plaas.

***

Vandeesweek is natuurlik feesweek: Vrydag om 17:00 begin die Versindaba by die Oude Libertas Amfiteater in Stellenbosch met die opening van die kunsuitstalling. Vier kunswerke deur Sheila Cussons, wat reeds ontvang is, is beslis op sigself reeds die moeite werd om te kom besigtig. Om nie eens van die ander digters se skilderye te praat nie! Hierdie gaan gewis iets baie spesiaals wees. En dan moet jy ook nie vergeet van die werkswinkel vir aspirant digters wat deur Ronel Foster en Charl-Pierre Naudé aangebied gaan word nie …

Op die webblad begin ons week met nét sulke opwindende plasings: afgesien van die vertaalde verse wat tot ‘n indrukwekkende getal aanegroei het, is daar ook Bernard Odendaal se nuutste gedig-bespreking (oor Eugène Marais se “Skoppensboer”), wat hy einde verlede week geplaas het, asook Johann Lodewyk Marais se twee stukke uit sy en Leti Klein se boek-in-wording oor Wopko Jensma en Andries Bezuidenhout se inskrywing oor Diktator-camp. Pure plesier!

Laat hierdie week geweldig wees.

Mooi bly.

LE

 

Offer in het lentehuis der letteren

Alsof er nog jaargetijden zijn – als een toeschouwer die
zelf scenario’s bedenkt, zwaan die kinderen voedert.

Zomer voelde geen visjes aan de voeten – herfst zaaide
witte uilen, dood rukte aan de deur – winter beukte
tegen de ramen: ‘Snoei u!’ Gevaarlijk treurspel.

Welkom. Is er post voor Florentina? ‘s Ochtends valt zij
door de sterren, ‘s avonds springt zij naar de maan.

De nachtmerel fluit, ontregeld lied. Dus dit is lente.
Boeken worden bomen. Zorg ook voor de twijgen, kijk
om de hoek van ‘t huis. Ontsporen hoort bij mei.

Zet het raam eens open. Of vergader als de bloesemrokjes
blozend van de maan. Knal open –
nu wij nog bestaan.

 

© Peter Holvoet-Hanssen, 21.03.08, voor het oude (hoek)huis ‘De Lente’ –
nieuwe verblijfplaats van het Vlaams Fonds voor de Letteren te Antwerpen-Berchem.

Bookmark and Share

Een Kommentaar op “Peter Holvoet-Hanssen: stadsdigter!”

  1. Louis :

    Op 21 Maart verlede jaar was ek en Marlise gelukkig genoeg om die amptelike opening van die Vlaams Fonds voor Letteren se nuwe hoofkwartier te kon bywoon in die geselskap van Peter Holvoet-Hanssen. By die geleentheid het hy sy “Lente”-vers voorgelees en is die muurpaneel met die gedig onthul. Twee aande tevore het Hugo Claus op sy eie versoek gesterf. Onderstaande gedig het uit dié onvergeetlike aand voortgevloei. Graag plaas ek dit as huldeblyk aan Peter en vir jóú verdere leesplesier; met gebreke en al.
    Louis Esterhuizen

    Lente
    n.a.v. Peter Holvoet-Hanssen se voorlesing op 21 Maart 2008

    Dat jaargetye bestaan, is nodig, Heer, dink jy sinies
    terwyl vriend Peter sy prysvers lees tydens die opening
    van ’n nuwe gebou vir het Vlaams Fonds
    voor de Letteren –

    Julle hoor van die somer wat visryke waters is.
    Van die herfs wat witte uilen sneeu terwyl die dood
    aan deure pluk. Winter se kwyldrade
    teen ’n ruit. En dan, uiteindelik, is dit lente

    se beurt: die verdwaalde lied
    van ’n nagtegaal, boeke wat bome word. Julle loop
    deur kamers vol befondsde titels, kyk na rakke
    met vars ammunisie gepak in ’n toegewyde aanslag

    op vergetelheid. Retireer oplaas
    na buite. In ’n skuilhoek staan julle en rook
    terwyl ’n yswind sy reën
    straataf dryf –

    Om te rook, is eintlik maar om altyd apart te wil wees,
    sê sy en ja, deur die venster
    kyk julle na die bondels om tafels, die praatjies

    wat beleefd geskommel word
    in ronde glase. Zet het raam eens open,
    liplees sy die gemonteerde vers

    teen die muur: Nu wij nog bestaan,
    fluister jy die mantra van
    afwesiges

    en stuur ’n gebluste fakkel
    die donker in.

    *

    Twee nagte tevore het dit soos nou
    droewiglik gereën toe Hugo Claus besluit het.
    Genoeg is genoeg. Hy het na die muur
    gedraai en – soos afgespreek –

    gesterf. Vir ’n oomblik al die strate
    wat maande lank om sy hospitaalkamer
    vergete lê, hul waardigheid
    ontneem: Meester van het leven
    koos het uur van zijn dood, proklameer
    al die koerantopskrifte
    dié nuus –

    Blaai om.
    Na gedane sake.

    *

    Hier het Herman de Coninck gebly,
    beduie Peter na ’n huis terwyl julle na afloop
    van sy voorlesig deur ysreën
    kroegwaarts

    koes. Dis ’n gewone huis
    in ’n gewone straat. Die kroeg se naam is
    ‘t Hof van Ellende en by die deur
    bied ’n Hugo Claus-gedig teen die ruit

    tydelike toegang
    tot gebottelde troos –

    *

    Nu nog vergeet ik weer de goden en hun ministers,
    zij is het die mij versplintert, veroordeelt en vergeet,
    zij van alle seizoenen maar vooral van de winter
    want zij word mooier, kouder naarmate ik verder sterf.

    Hugo Claus, 1929 – 2008.
    uit: “Nu nog”

    (c) Louis Esterhuizen