kersfeesvers

Vlam onder die water
25/12

sy onthou ‘n Asem oor haar wang

in die windstil namiddag
wanneer sy die Ritseling hoor
en voel hoe ‘n reuse Waterlelie
diep in haar rypsagte buik ontluik

verstaan sy geen tyding of taal

slegs dat ‘n Blom bestuif is
en sal dryf in ‘n verslete stal

dié nag skiet ‘n Saad uit haar hande
reg deur die heelal se helder spiraal

en êrens is ‘n kleurmal skare
al die engele en diere
oral saam in één verhaal


die moedermaagd se krip
is meteens slykloos spieëlblink
sodat sy kan drink kan drink
uit die Vlam onder die water
wat haar stil na binne wink


Uit: woud van nege en negentig vlerke, Tafelberg 2009.

Bookmark and Share

Een Kommentaar op “kersfeesvers”

  1. Ivan Mocke :

    Dankie vir hierdie lieflike vers, Carina. Jou nuwe digbundel was toevallig my vrou se kersgeskenk vanjaar en dié vers is juis een van haar gunstelinge in die bundel. (Ons het ongeveer ‘n jaar gelede self ouers geword.) Seënwense vir jou en jou gesin.

Los kommentaar