US Woordfeesprogram 2010

BESPREKINGS:

Besprekings by Computicket: 083 915 8000 of www.computicket tensy anders vermeld. Besprekings en kaartjies ook by Oude Libertas Amfiteater: 021-809 7473 en van 1 tot 7 Maart op die tweede vloer van die Lettere-gebou: 021-808 3138.

 

FEESTEMA

 

Die elfde US Woordfees buit in die spesiale (sokker)baljaar die dubbelsinnigheid van dié eg-Afrikaanse, onvertaalbare woord (in Engels én Nederlands) uit deur baldadig en speels met die wêreldbekertema te baljaar, met sport en sports as subtema. Dié uitstekende voorstel kom van prof. Rufus Gouws, voorsitter van die Dept. Afrikaans en Nederlands én van die US Woordfees se dagbestuur.

 

Ons jaarlikse Woordfeestema geld oudergewoonte slegs vir sommige items (daar is net een sokkerbrommer, maar nog tien ander!), want die US Woordfees is reeds in so ‘n mate ‘n nasionale kunstefees dat die rykheid en volheid van ons program enige tema verbystreef.

 

Jaarliks kom mense reeds van oral in die land, en uit die buiteland, na hierdie unieke fees, waar ons die pryse boonop so laag moontlik probeer hou en baie dinge selfs gratis aanbied danksy ons gewaardeerde donateurs. Sluit gerus by ons aan!

 

BALJAAR-SPESIAAL

 

 

BALJAAR-BAL!

(Ten bate van die WOW-projek)

Met Evita Bezuidenhout, spesiaal uit Bapetikosweti, as gasvrou, die Johnny Cooper-orkes en Niël Rademan

Vir die eerste keer - spesiaal in die sokkerbal-jaar! ‘n Super-luukse bal met ‘n uitgebreide ete en al die regte bestanddele om daarvan ‘n wenner te maak. ‘n Vlagskipprojek van die Woordfees. Bespreek by Jana: adminfees@sun.ac.za.

27 Februarie ● 19:30 vir 20:00 ● Stellenbosch Stadsaal ● 240min ● R1100 (dinee ingesluit)

 

BALJAAR-BONANZA!

Pops-vertoning met André Schwartz, Sarah Theron, Timothy Moloi, Sterling EQ en die US Simfoniese Blaas-ensemble o.l.v. Pamela Kierman

Na die eerste Woordfees Pops se enorme sukses in 2009 maak ons weer so! Hierdie fees van supergewilde sangers en instrumentaliste op een verhoog is beslis weer ʼn hoogtepunt op die Woordfeesprogram. Moet dit nie misloop nie! Distell sorg boonop vir die drankies.

6 Maart 20:15 ● Konservatorium: Endler-saal ● 120min ● R120  R80 (studente en pensioenarisse)

 

WOORDtroFEES!

(In samewerking met die ATKV)

 

Vir die heel eerste keer word pryse oorhandig by ʼn spesiale Woordfeesfunksie - eerbewyse aan wenskrywers en -kunstenaars in ons wenjaar! As jy die geleentheid wil bywoon, laat weet vir Jana Hattingh voor 25 Februarie 2010 by adminfees@sun.ac.za.

7 Maart 15:00 ● Konservatorium: Fismer-saal ● 120min ● Gratis

 

 

BALJAAR-KUIERPLEKKE

 

1-6 Maart:

DIE PLATAAN-KAFEE in die agtertuin van die Sasol Kunsmuseum is heeldag hart-vannie-fees, met koel drankies, ligte etes, baie praatjies en warm onderwerpe met RSG Nuus en RSG. Dis boonop langs feeskunstenaar Andries Botha se uitstalling en by die Boektent se ryk woordverskeidenheid. Om van die nagKAT (vanaf 21:00) nie te praat nie!

 

DE VETTE MOSSEL - op die parkeerterrein van die Sasol Kunsmuseum -  is die plek waar jy jou Woordfeesvoete kan laat rus en kan ontspan met ʼn drankie in die hand, voete in die sand en heerlike seekosgeregte.

 

6 Maart:

BALJAAR-KARNAVAL!

(Ondersteun deur Het Jan Marais Nationale Fonds, ten bate van ons gemeenskap)

Na die enorme sukses van ons 2009-karnaval bied ons weer groot en veilige pret vir oud en jonk. Volop stalletjies, mallemeulens en fantastiese vermaak op die buiteverhoog, met die N2 Jazz-orkes en kunstenaars soos Emo Adams (Vrydagaand), Zinkplaat en The Rockets (Saterdagaand). Aurora-koshuis bied ʼn sokkerkliniek vir O/9’s aan in samewerking met Ajax-sokkerklub. En op Saterdagaand om 20h00 kom die wenspan van 7de Laan: Oubaas en Hilda!

5 Maart  16h00 - 23h00; 6 Maart - 10h00 - 23h00 ● Van der Stel Sportveld ● R10 Volw.; R5 kinders

 

MARDI GRAS!

(Ten bate van ons gemeenskap)

Dié uiters gewilde fees vind weer op die geskiedkundige Braak plaas. Hier is almal wenners! Orkeste, kore, dansgroepe, trompoppies, springkastele en klimmure vermaak jonk en oud; sterre van SA’s Got Talent is te sien; en daar is talentkompetisies vir jou, kleuterskoolkompetisies en veel meer. Verversings kan by stalletjies gekoop word.

6 Maart ● 10h00 - 14h00 ● Die Braak ● 240min ● Gratis

 

SKRYWERSFEES

Oor skrywers en boeke

 

(Ondersteun deur Naspers, tensy anders aangedui)

 

 

Uys Krige in ons binnekring

Aangebied deur die Dokumentesentrum, J.S. Gericke Biblioteek

Die 100ste verjaarsdag van Uys Krige in 2010 is ‘n grootse geleentheid. Uys se kinders Tai en Eulalia, en sy susterskind, die gevierde Grethe Fox, kom spesiaal met staaltjies uit die Krige-binnekring om dié digter-dramaturg te laat ‘lewe’ vir ʼn nuwe geslag. Amanda Botha lei die gesprek en J.C. Kannemeyer praat oor dokumente in die Uys Krige-versameling. Verversings word bedien.

26 Februarie 12:00 ● J.S. Gericke Biblioteek: Ouditorium ● 120min ● R40

 

Sanlam | LitNet SkryfNet: Sketse-skryfskool

(Ondersteun deur Sanlam, in samewerking met LitNet)

Met Dana Snyman, Martie Retief-Meiring en Elias P. Nel

Al ooit getwyfel aan jou vermoë om ʼn skets met humor én substansie te skryf? Kom slyp jou woorde vlymskerp onder leiding van Dana, Martie en Elias. Ideaal vir studente, voornemende skrywers en bloggers. Stuur jou skets (maksimum 800 woorde) vir keuring aan skryfskool@litnet.co.za.

2 Maart 09:00- 13:00 ●  De Hoek Gastehuis ● R250

 

André P. Brink: ‘n Oeuvre

Prof. Willie Burger, hoof van die Dept. Afrikaans aangestel by UP, kom spesiaal Woordfees toe om André P. Brink te huldig in sy 75ste jaar, met o.m. hierdie oorsig oor die loopbaan van ons Sestiger van wêreldstatuur. Twee topspelers in die lettere!

2 Maart 10:00 ● kykNET-Boektent ● 50min ● R30; Gratis vir studente.

 

Drieluik

Marion de Vos en Floris Brown lees verse voor uit hul publikasie Drieluik, waarin foto’s van Hilde Vaatstra opgeneem is. Nederlands en Afrikaans word verknoop rondom temas soos verbondenheid met die natuur, die kosmos, die liefde en ʼn soeke na spirituele wysheid.

2 Maart 14:00 ● Erfurthuis ● 60min ● Gratis

 

Ek wil my Ouma-goed terughê!

(in samewerking met die ASV)

Met Peter Snyders, Wynand Beukes, Willem Fransman Jnr, Jason Lloyd en Heindrich Wyngaard

ʼn Ongewone kykie op kultuurgoedere soos liedjies en stories. Hoe het dit mense se lewens verryk - of selfs dalk verarm?

2 Maart 14:00 ● kykNET-Boektent ● 120min ● R30

 

Evita se Kossie Sikelela

Tannie Evita se nuwe kookboek is nie net ʼn resepteboek nie, maar bevat ook die resep vir vrede. Die pad na versoening loop immers deur ‘n land se maag. Vir kleingoed, pieknieks of Krismis - saam met Evita is kokery towery vir lekkerkry. As jy vir Tannie wil kom groet, Tannie se boek wil koop, Tannie se happies wil proe of wil vra dat sy jou boek teken, moet jy blitsvinnig ʼn e-pos stuur vir Kim Rudman by kimr@randomstruik.co.za. Tannie ken die hele wêreld, maar kaartjies vir hierdie koel kuierkans is beperk.

2 Maart 15:00 ● Foyer van die HB Thom Teater ● 90min ● Gratis

 

ATKV-Kinderboekskryfskool

(Ondersteun en aangebied deur die ATKV)

Met kursusleier prof. Franci Greyling en kenners Jaco Jacobs, Carina Diedericks-Hugo, Martie Preller, Fanie Viljoen, prof. Hans du Plessis en Erika Lourens

30 aspirantskrywers kom slyp hul tegnieke drie dae lank en leer hoe om ʼn kind of tiener se verbeelding aan te gryp met woorde. Klik op ATKV-Kinderboekskryfskool by www.atkvprojekte.co.za vir inskrywingsvorms en die volledige program. Maak egter seker daar is nog plek vóór jy jou deposito betaal.

Die kursus kos R950 per persoon (etes ingesluit), waarvan ‘n R500-deposito betaalbaar is by inskrywing. Sluitingsdatum: Vrydag, 12 Februarie 2010. Kontak Jeanné Naudé (011 919 9088; jeannen@atkv.org.za) of Antoinette Alberts (011 919 9009; antoinettea@atkv.org.za).

3-5 Maart 09:00 - 16:00● De Hoek Gastehuis

 

Die bruin vrou in Skerpioen

(Ondersteun en aangebied deur LAPA)

Prof. Steward van Wyk van UWK praat met WOW-projekbestuurder Fiona van Kerwel en die skrywer oor die interessante kwessie van identiteit by die hoofkarakter in Wynand Coetzer se debuutroman Skerpioen.

4 Maart 11:00 ● kykNET-Boektent ● 50min ● R30

 

Kollewyntjie in die tuintjie

Met Riana Scheepers, Jaco Jacobs, Philip de Vos, Margit Meyer-Rödenbeck, Louise Smit en Niël Rademan.
Elke kind moet ‘n boom hê, ‘n wegkruipplek in ‘n tuin, ‘n plekkie wat nét syne is … Gee ons dit aan ons kinders deur die boeke wat ons skryf, die teater wat ons op die planke bring, die liedjies en rympies en kinderprogramme op TV? Sluit aan vir kollewyntjies en vonkelwyn by hierdie teetuingesprek vir grootmense.

4 Maart 15:00 ● Plataan-kafee ● 120min ● R60

 

Skrywersgala

Kom ‘Baljaar’ saam met die room van plaaslike en internasionale skrywerstalent op hierdie hoogtepunt van die feesprogram - die immergroen wenner van die Woordfees. Vanjaar is ons fiks, flink en lenig met ʼn vaartbelynde program waarin die fokus val op skrywers Menno Wigman, Annelies Verbeke, Shimmer Chinodya, Petra Müller, Philip de Vos, Bettina Wyngaard en Annelie Botes. Theater Flint maak musiek en Stellenrust sorg vir heerlike gratis wyn.

4 Maart 20:00 ● Stellenrust ● 90min ● R60

 

Oopmond

Met digters Jou Moer! (Jo Prins), DJ Totterman (Andries Bezuidenhout), NP van Lykskou (Danie Marais), JC Van (Christo van Staden), Ingrid Dronker (Ronel Nel), Jan Kolonie Hoenderdief (Charl-Pierre Naude)

Skeidsregter: Uys Intrige (Neil Sandilands)

Puntehouer: Sheila Concussion (Charlene McKenzie)

Musiek: John-Henry Opperman en Dawie Roux van Klopjag vs Jaco Lotter en Nardus du Plooy van DKW.

Die Woordfees se eerste Poetry Slam! Lus vir ʼn bekgeveg met tunes? Die bestanddele is eenvoudig: 6 digters, 4 musikante en ʼn crazy gehoor. Die gehoor sê wat en wys wenners aan; digters en musikante doen

4 Maart 20:15 ● Fismer-saal ● 90min ● R40 (Muratie verskaf die wyn)

 

Daar’s ʼn boek in my kop

Met Annelie Botes

Niemand wil spoorloos die ewigheid in nie. Ons hou van spore trap. En in byna elke mens se kop is daar die lugkasteel van ʼn boek wat eendag geskryf moet word. Maar wanneer is eendag? En hoekom kom eendag dan nooit nader nie? Kom geniet ʼn onvergeetlike uur met Annelie!

6 Maart 11:00 ● kykNET-Boektent ● 60min ● R30

 

Die Januskop: die digter I.L. de Villiers

Joan Hambidge bring hulde aan hierdie digter wat in 2009 oorlede is. Sy bespreek o.a. die komplekse spanning tussen die religieuse en aardse in Izak de Villiers se laaste bundel, Vervreemdeling, asook sy besondere hantering van verstegniese aspekte.

6 Maart 11:00 ● Ou Hoofgebou: Lokaal A ● 50min ● R30

 

Ons ongehoorde soort

Francis Galloway gesels met die akademikus Louise Viljoen, wie se bundel opstelle oor die werk van Antjie Krog onlangs verskyn het. As skrywer en kommentator oor sosiale en politieke kwessies strek Krog se invloed wêreldwyd. Hierdie gesprek beloof verrykende insigte oor die werk van ʼn grootse digter.

6 Maart 12:00 ● Ou Hoofgebou: Lokaal A ● 50min ● R30

 

Prinsloo versus Meyer versus Botha

Adriaan Meyer word gekonfronteer deur een van sy ‘karakters’ in Prinsloo versus: die kritikus Danie Botha - oor  dié bekroonde dramatisering van Koos Prinsloo se kontroversiële werk en lewe.

6 Maart 12:30 ● Protea Boekwinkel ● 50min ● Gratis

 

Elke wid kry sy ending … op sy plek

(in samewerking met die ASV)

Met vars stemme soos Albertus Davids, Muriel Mapling, Susan Ongansie, David Pieters, Petro Rhode, William Prince, Hannes Steyn en Willem Fransman Jnr.

Opkomende digters, skrywers en vertellers baljaar met verse, musiek en stories in ʼn vrolike woordkuns-program.

6 Maart 13:00 ● Ou Hoofgebou: Lokaal A ● 120min ● R30

 

Vier Feestelike Frankryk in Afrikaans en Frans

Kom bederf jou sintuie met skilderye, foto’s en ʼn kosboek geïnspireer deur ʼn eg-Franse ervaring. Louis Jansen van Vuuren, Hardy Olivier en Anet Pienaar-Vosloo se Feestelike Frankryk word bekendgestel saam met Jansen van Vuuren se nuutste reeks skilderye, ‘Die jagter se dogter’. Veelsydige Niël Rademan verleen flair met ‘n petit cabaret. Die Franse stroopvervaardiger MONIN bedien verleidelike skemerkelkies met Smirnoff Vodka.

6 Maart 18:00 ● Johan Coetzee Kunsgalery ● 120min ● R100

 

PROFIELE

 

André P. Brink (75)

Kom vier hierdie besondere lewe en loopbaan saam met ons in André P. Brink se 75ste jaar! Willie Burger en Abraham H. de Vries belig verskillende kante van ‘n kleurryke skryfloopbaan en André lewer (soos altyd) spitsvondig repliek. Geniet hierby die vioolspel van ‘n opkomende wunderkind, Sang Woo Jun, én ‘n glasie Black Bottle Scotch Whisky. Woordfeesdirekteur Dorothea van Zyl tree op as fasiliteerder.

1 Maart 18:00 ● kykNET-Boektent ● 60min ● R40

 

Philip de Vos (70)

Iris Bester en Deon Knobel gesels oor hierdie gewilde kunstenaar en skrywer wat in 2009 ‘n volle 70 jaar jonk geword het, terwyl Philip en Albie Louw met uittreksels uit Brommer in die sop self wys waarom mense so graag sy vertonings bywoon. Geweet hoe ‘n goeie fotograaf Philip is? Kom kyk ook na sy foto-uitstalling en geniet ‘n gratis glasie Bain’s Cape Mountain Whisky. Met Dorothea van Zyl as fasiliteerder.

2 Maart 19:00● kykNET-Boektent ● 60min ● R40

 

Petra Müller (75)

Hertzog-pryswenner Petra Müller is ook 75 in 2010! Hannes van Zyl en Cas van Rensburg gee agtergrond oor haar poësie, prosa en ryk loopbaan, met skyfies ter agtergrond. Petra se eie gedigvoorlesings toon watter voortreflike voordragskunstenaar sy is. Met Dorothea van Zyl as fasiliteerder. Bain’s Cape Mountain Whisky word bedien.

3 Maart 19:00● Sasol Kunsmuseum ● 60min ● R40

 

Pieter Fourie (70)

Een van Afrikaans se grootste dramaturge word 70 in 2010! Fanie Olivier en Franz Marx gee ‘n oorsig oor ‘n lewe vol verskeidenheid en hoogtepunte. Antoinette Kellerman kom lees voor uit sy werk. Three Ships whisky word bedien.

4 Maart 19:00 ● Sasol Kunsmuseum ● 60min ● R40

 

Peter Snyders (70)

Kaapse digter en liedjieman Peter Snyders was 70 in 2009. Willem Fransman bring hulde en Robert Pearce se praatjie: ‘Peter Snyders - nie ʼn ordinary vriend’ toon met watter besondere kunstenaar en mens ons hier te doen het. Met gratis Three Ships whisky.

5 Maart 19:00 ● Sasol Kunsmuseum ● 60min ● R40

 

STORIES AGTER STORIES

Tweegesprekke met skrywers

 

Plaasmoord

Gesoute spanningskrywer Deon Meyer tree in gesprek met Karin Brynard oor haar debuut, Plaasmoord. Luister hoe dié twee gewilde persoonlikhede gedagtes en geheime uitruil oor die skep van spanning en oor vakmanskap.

1 Maart 15:00 ● kykNET-Boektent ● 50min ● R30

 

God seën Afrika

(Aangebied deur Lux Verbi)

God seën Afrika is ‘n skatkis van sprankelende en aangrypende stories, gebede en wyshede uit Afrika, vir Afrika se mense, veral dié aan die suidpunt. Ontmoet skrywer Ewald van Rensburg en ontdek jou spirituele tuiste in Afrika.

3 Maart 11:00 ● kykNET-Boektent ● 45min ● Gratis

 

Afrikaners in Angola

Met Nicol Stassen en Hans Heese

Vir sy doktorale proefskrif het Nicol Stassen navorsing gedoen oor geslagte Afrikaners wat in Angola vertoef het vanaf 1928 tot 1975. Hans Heese van die US Argief vra hom uit oor die boek wat gegrond is op dié interessante stuk geskiedenis.

4 Maart 15:00 ● kykNET-Boektent ● 50min ● R30

 

Tussen genres

Met Rachelle Greeff en Jean Meiring

Sedert haar bekroonde kortverhaaldebuut in 1990 het Rachelle Greeff naam gemaak as romansier, rubriekskrywer en onlangs ook as dramaturg, met die suksesvolle Die naaimasjien. Jean Meiring, pas terug uit Cambridge, gesels met die skrywer oor die gemak en ongemak waarmee daar tussen genres beweeg word.

5 Maart 09:30 ● kykNET-Boektent ● 50min ● R30

 

Tiferet Yisra’el

(Aangebied deur Lux Verbi)

Marzanne se spanningsvolle Tiferet Yisra’el volg die verloop van die gebeurtenisvolle jaar 2008 in Israel - met al sy konflik en geweld, maar ook sy vreugdevolle Joodse feeste. Elize Parker gesels met dié gewilde skrywer oor die leefwêreld van Messiaanse Jode in moderne Israel.

5 Maart 11:00 ● kykNET-Boektent ● 50min ● R30

 

Van tragedie na literatuur

Annelie Botes is bekend vir haar verhale waarin karakters vrede probeer maak met traumatiese gebeure. Joernalis Riette Rust pols dié skrywer oor hoe tragedie omgewerk kan word tot literatuur.

5 Maart 15:00 ● kykNET-Boektent ● 50min ● R30

 

Voice from Zimbabwe: Shimmer Chinodya

Special Wordfest guest, the award winning Zimbabwean author Shimmer Chinodya, converses with Annie Gagiano about his career as one of the continent’s most successful authors. Chinodya is the author of the following texts, which established his reputation as a writer with an international readership: Dew in the Morning, Farai’s Girls, Child of War, Harvest of Thorns, Can we talk and other Stories, Tale of Tamari, Chairman of Fools en Strife. Join us and get to know him!

5 Maart 17:00 ● kykNET-Boektent ● 60min ● R30

 

Die evangelis van Kaggelsberg

Met Abraham Phillips en Wium van Zyl

Abraham Phillips het lesers aangegryp met ‘n vars perspektief op ‘n gemeenskap se knelpunte in sy Die evangelis van Kaggelsberg. Wium van Zyl gesels met die man agter die boek.

6 Maart 09:00 ● Protea Boekwinkel ● 50min ● Gratis

 

Naweek

Koos Kombuis gesels met Toast Coetzer oor die jong skrywer se opspraakwekkende debuutroman, Naweek. Kom geniet ʼn interessante gesprek tussen die gevestigde en die belowende opkomende talent.

6 Maart 09:30● kykNET-Boektent ● 60 min ● R30

 

In die huis van die liefde

Hennie Aucamp deel gedagtes oor die liefde vir die woord in sy bundel, Die huis van die digter en ander liefdesverhale. Daniel Hugo is sy gespreksgenoot.

6 Maart 11:00 ● Protea Boekwinkel ● 50min ● Gratis

 

Troos vir die gebrokenes

Dié roman deur Bettina Wyngaard bied ‘n sonderlinge binnekyk op ‘n plattelandse bruin gemeenskap. Desmond Painter gesels met hierdie skrywer wie se debuut ʼn sterk impak gemaak het op die plaaslike literêre toneel.

6 Maart 14:00 ● Protea Boekwinkel ● 50min ● Gratis

 

NB-FEES

 

(Ondersteun deur NB-Uitgewers)

 

Die skyn van tuiskoms

Met Lina Spies, Johann de Lange en Louise Viljoen

Hierdie keur uit die werk van Lina Spies, saamgestel deur Johann de Lange, erken en bevestig ‘n belangrike digterskap wat oor byna 40 jaar strek. Kom vier hierdie besondere publikasie van Human & Rousseau. Louise Viljoen praat met die digter en die samesteller.

2 Maart 18:00 ● Erfurthuis ● 60min ● Gratis, RSVP 021-406 3477

 

Het Keurboslaan vandag nog waarde?

In haar proefskrif ondersoek Irma de Plessis Stella Blakemore se bekende reeks: Keurboslaan. Corina van der Spoel, bekende bestuurder van Die Boekehuis en die Boeke-oase, gesels met Irma oor haar navorsing, die boeke, die karakters en oor hoe die reeks nou lyk. Ou bekendes in ‘n nuwe baadjie!

3 Maart 10:00 ● Erfurthuis ● 60min ● R40

 

Apostroof

(Ondersteun deur Human & Rousseau)

Fanie Olivier in gesprek met Joan Hambidge

Ná 21 jaar se stilte keer Fanie Olivier terug tot die poësie met Apostroof, wat handel oor die siekte en sterfte van sy geliefde vrou Rike. Kom maak opnuut kennis met die digter van hierdie aangrypende, gestroopte en deerniswekkende verse.

 

 

 

 

Jakkals en Wolf was nou nie regtig maats nie

Sprokies, feeverhale, wêreldverhale, stories en volksverhale. Om ʼn storie wat al vir geslagte lank en oor wêrelde reis, ʼn naam te gee, is miskien ʼn interessante taak, maar ʼn storie bly ʼn storie en daar is redes hoekom die stories so lank al bestaan. Linda Rode, Fiona Moodie en Elsa Silke gesels met Elna van der Merwe, redakteur van Huisgenoot Boeke, oor die ontstaan en skep van In die Nimmer-Immer Bos.

4 Maart 10:00 ● Erfurthuis ● 60min ● R40

 

Immergroen Dave Pepler

Suid-Afrika se bekende en gewilde ‘groen’ persoonlikheid kom deel sy diep liefde vir plante. Sy boek Immergroen bevat pragtige foto’s deur Lien Botha en wenke vir tuinmaak deur Laurian Brown.

5 Maart 10:00 ● Erfurthuis ● 60min ● R40VP

 

Slu en sensueel … Riana Scheepers loop katvoet

Met Katvoet (Human & Rousseau) bewys Riana Scheepers opnuut sy is een van die sekuurste stemme in Afrikaans. Desmond Painter gesels met hierdie bekroonde skrywer oor haar sjarmante en tog ook onthutsende bundel.

5 Maart 13:00 ● Erfurthuis ● 60min ● R40

 

Die kuns van die kortverhaal

Drie knap kortverhaalskrywers van Human & Rousseau sit saam om een tafel en praat oor aspekte van dié genre soos hulle dit beoefen. Welma Odendaal se Landskap met diere, Willemien Brümmer se Die dag toe ek my hare losgemaak het en Helena Gunter se Op ‘n plaas in Afrika het almal groot lof ontvang. Desmond Painter lei die gesprek.

5 Maart 14:00 ● Erfurthuis ● 60min ● R40

 

Nuwe Stemme 4!

Die Nuwe Stemme-reeks is ‘n opwindende projek waarmee Tafelberg-Uitgewers publikasiegeleenthede skep vir jong digters wat nog nie genoeg gedigte het vir ‘n eie, selfstandige debuut nie. Nuwe Stemme 4 is saamgestel deur Danie Marais en Ronel Foster. Kom geniet ‘n glas wyn en iets te ete by dié bekendstelling.

5 Maart 18:00 ● Erfurthuis ● 60min ● Gratis, RSVP 021-406 3477

 

Santa Gamka

Vir die hoofkarakter in Eben Venter se nuwe roman het die Karoo te warm geword. Op die letterlikste denkbare manier. Hy’s opgesluit in ‘n pottebakkersoond! Net sewe minute en als is verby … Tafelberg-Uitgewers nooi jou na ‘n gesprek tussen Eben en Gerrit Brand oor hierdie komplekse én hoogs leesbare roman.

6 Maart 10:00 ● Erfurthuis ● 60min ● R40

 

Kort dingetjies en dingetjies wat kort: ‘n gesprek oor humor

Wat maak ‘n grap góéd? Hoe vertel mens ‘n snaakse storie? Wat is ‘n punchline? Kerneels Breytenbach se grapboek Die ding tussen man en vrou (Human & Rousseau) het onlangs verskyn, en so ook P.G. du Plessis se vertellings Kortetjies en ‘n lange (Tafelberg). Kom luister hoe praat hierdie twee manne oor hul boeke, en oor lag.

6 Maart 14:00 ● Erfurthuis ● 60min ● R40

 

Dana en Braam praat saam

Die mens as dokument. Die dokument as storie. En die ewig teenwoordige landskap. Dana Snyman se Op die toneel (Human & Rousseau), en Abraham H. De Vries se Verbeel jou dis somer (Human & Rousseau) het ‘n hele paar raakpunte. André le Roux vra hierdie twee gewilde skrywers uit.

6 Maart 16:00 ● Erfurthuis ● 60min ● R40

 

AAN TAFEL

Etes met skrywers

 

Wat se ding is ‘n skets? Middagete met Dana, Martie en Elias

Sit aan by die gewilde De Vette Mossel saam met die aanbieders en kursusgangers van die LitNet /Sanlam Sketse-Skryfskool. Geniet die wyshede van Dana Snyman, Elias P. Nel en Martie Retief-Meiring saam met ‘n ligte middagete. Woordfees-direkteur Dorothea van Zyl lei die gesprek.

2 Maart 13:00 ● De Vette Mossel ● 90min ● R80

 

Storievuur

Verlekker jouself in ‘n mondvol stories deur meestervertellers terwyl jou mond vol is met smullekker seekosgeregte by die bekende Vette Mossel kuierplek. Daar is groot sports wanneer Johan Bakkes vir Dana Snyman, Deon Meyer en Basil Kivedo behoorlik aan die vertel kry!

3 Maart 18:00 ● De Vette Mossel ● 120min ● R170 (uitgebreide ete ingesluit)

 

Rugbylegendes-dinee

(In samewerking met SuperSport)

Luisterryke legendes in die ware sin van die woord! Ontmoet Springbok-ikone uit die goue era van Suid-Afrikaanse rugby. Mannetjies Roux, Schalk Burger, Hempies du Toit, Jan Boland Coetzee, Dawie de Villiers, Theuns Stofberg, Errol Tobias en Kobus Wiese se staaltjies sal sportliefhebbers nog lank bybly. Die Mystic Trio, met Ollie Viljoen, Pietman Geldenhuys en Valiant Swart sorg vir lekker musiek saam met die heerlike ete. ‘n Aand met wenners vir wenners - moet dit nie mis nie!

3 Maart 19:00 vir 19:30● Stellenbosch Stadsaal ● 150min ● R250

 

Aandwandeling met spoke

Hierdie gewilde staptog waartydens feesgangers gelei word op die dwaalroete van onrustige geeste, is al ʼn instelling op die Woordfeesprogram. Wanneer die spokejag verby is, word daar in die historiese Erfurthuis aangesit vir ʼn welverdiende maaltyd saam met die dapperes van gees.

4 Maart 19:00 ● Erfurthuis ● 120min ● R170

 

Koekemakranka

Geborg deur LAPA

Koekemakranka vertel die eeue-oue verhaal van die Khoi-Khoin se kos, kultuur en leefwyse. Met die treffende Khoi Khoin-vertellings en Volker Miros se pragfoto’s is dit ʼn besondere boekgebeurtenis. Proe saam met skrywer Renata Coetzee en Elias P. Nel aan tradisionele geregte en verlekker jou in vertellings uit die boek deur Florence Filton en in die rieldansers se passies.

4 Maart 18:00● De Vette Mossel ● 120min ● R170

 

Chauvinisme of manlikheid?

Vier (manlike) skrywers praat oor eie werk en dink hardop oor die oeroue vraag waar die verskil tussen chauvinisme en manlikheid lê. Kom geniet ʼn heerlike middagete en goeie wyn saam met die veelbekroonde Etienne van Heerden, bobaasstorieverteller P.J. Haasbroek en twee manne wat met stewige debuutwerke wys dat hulle al hardebaarde het - Jaco Kirsten en Toast Coetzer. Amanda Botha is die aanbieder. En Marié Heese help vrae stel.

5 Maart 13:00 ● Stellenrust ● 90min ● R170

 

Soete groete

Nederlandse en Afrikaanse skrywers span talente saam vir ʼn onvergeetlike aand van woord- en musiekkuns. Kom geniet Stellenrust se kos en wyn saam met groot name soos Stef Bos, Lina Spies, Menno Wigman, Annelies Verbeke, Marion de Vos, Floris Brown en Theatergroep Flint.

5 Maart 19:00 ● Stellenrust ● 180min ● R170

 

WOORD-URE

Woordverwante onderwerpe

 

Wandeling oor Argitektuur

Hoe goed ken jy die argitektoniese skatte van Stellenbosch se middedorp? Hannes Meiring, invloedryke argitek en bewaringsaktivis, neem jou op ʼn staptog wat jou met ander oë sal laat kyk na die hart van die Eikestad.

1-6 Maart 17:00● Vertrek vanaf  Erfurthuis ● 60min ● R30

 

… met Permissie

Met PG du Plessis, Nico Nel en Valiant Swart, Ollie Viljoen en Pietman Geldenhuys as Die Mystic Trio

Die splinternuwe kykNET-glansprogram beloof om, saam met ʼn diverse verskeidenheid gaste, ʼn nuwe era van storievertel in Suid-Afrika in te lei. 13 Episodes word opgeneem. Om ʼn gas te wees by die opnames, moet jy spring vir ʼn kaartjie by Computicket. ʼn Ligte ete word ingesluit.

1 Maart 14:00  2 Maart 11:00  2 Maart 14:00  3 Maart 11:00  3 Maart 14:00  4 Maart 11:00 4 Maart 14:00 5 Maart 11:00  5 Maart 14:00  7 Maart 11:00  7 Maart 14:00 Oude Libertas Ouditorium ● 120min R70

 

Taalsimposium: Afrikaans en meertaligheid op universiteitsvlak

(aangebied deur Adam Tas Studentevereniging, I-Mag, Tabema en die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans)

Met Christo van der Rheede, Anton van Niekerk, Marlene Verhoef, Nico Koopman en Marius Swart

ʼn Feestelike geleentheid waar gratis verversings geniet word terwyl interessante sprekers gesels oor ʼn netelige kwessie. Alle belangstellendes word genooi om saam te kom luister en te gesels.

2 Maart 18:00 vir 18:30 Neelsie: Sanlamsaal ● 120min ● Gratis.

 

Rubriekskrywers sonder brieke!

Henry Cloete gesels met Koos Kombuis, Anastasia de Vries en Jaco Kirsten oor die uitdagings waarmee rubriekskrywers te make het. Hoe skiet ‘n mens daagliks ‘n doel? Ontmoet die stemme wat jou in dag- en weekblaaie laat ontspan of die harnas in jaag.

3 Maart 15:00● kykNET-Boektent ● 60min ● R30

 

Filosofie-kafee

In die gees van die sokker-wêreldbeker pak die US se voorste filosowe mekaar oor die onderwerp: ‘Speel die man en nie die bal nie’. Daar word geredeneer en geteoretiseer oor woorde soos ‘doel’, ‘veld’, ‘reëls’, ’span’, ‘toeskouers’, ‘kaptein’, ’skeidsregter’ en ’spel’. Kom raak baldadig en balhorig oor woorde saam met Anton van Niekerk, Tanya de Villiers, Paul Cilliers, Minka Woermann, Louise du Toit, Johan Hattingh, Hannes Smit en Vasti Roodt. Bespreek betyds voor die kaartjies uitverkoop is!

3 Maart 19:00● Oude Libertas restaurant● 120min ● R60

 

Theater van de verloren tijd

Met Dorith van der Lee en Sjon Brands

Kom geniet hierdie besondere optrede van die Tilburgse groep - ʼn interaktiewe belewenis waarin bekende Vlaamse en Nederlandse gedigte sentraal staan. Hulle ken nie minder nie as 500 gedigte uit hulle koppe! Die Theater van de verloren tijd daag jou uit: gee vir hulle ʼn woord en hulle antwoord jou met ʼn gedig …
5 Maart 16:30 ● Lettere-gebou, Lokaal 693 ● 60min ● R40

Sokker = voetbal: Clubcultuur in Vlaanderen

Met Steven Van de Perrre en Jeroen Roppe

Wat is die kultuurverskille tussen die groot sokkerklubs in Vlaandere? En hoe word die verskillende ’supporters’ onderskei? Waar kry klubs hulle aanhang en identiteit vandaan? Wie is ‘rat’ (rot) en wie is ‘boer’? Waarom is ‘n klub nie ‘n vereniging nie? En wat is die verhouding tussen die verskillende groepe ondersteuners? Relevante en insiggewende vrae en antwoorde vir 2010, vermaaklik en onderhoudend aangebied!

5 Maart 15:00 ● Lettere-gebou, Lokaal 693 ● 50 min ● R30

 

Neerlandistiekdag

(ondersteun deur die Nederlandse Taalunie, Kaapse Forum vir Neerlandistiek, Van Ewijck-Stigting en Fonds Neerlandistiek)

‘n Boeiende dag met studente van verskillende universiteite, vol insiggewende praatjies oor en onderhoude met Nederlandse skrywers en kunstenaars. Ontmoet die Vlaamse Annelies Verbeke, bekend vir haar fassinerende boek Slaap! (oor iemand wat allesbehalwe slaap) en die Nederlandse digter Menno Wigman met sy musikale en toeganklike poësie. Bespreek gou - ons hou net enkele plekke vir belangstellendes van buite!

6 Maart 09:00-14:00 ● Lettere-gebou: Lokaal 693 ● 360min ● R50 (ligte ete ingesluit)

 

Laat my hart nie teen my getuig nie

Marié Heese verken die denkwêreld van die Egiptenare omstreeks 1500 jaar vC en vra wat hulle opvattings impliseer vir ‘n hedendaagse romanskrywer. En wat hou dit in vir vandag se leefwêreld?

6 Maart 10:00 ● Ou Hoofgebou: Lokaal A ● 50min ● R30

 

DISKOERS

 

RSG Nuus en RSG bied opwindende regstreekse uitsendings aan vanaf die Plataan-kafee in die Sasol Kunsmuseum se agtertuin, die kern van die Woordfees. Feesgangers kan heeldag hier kuier, eet en drink. Besprekings vir ontbyt by 082 874 2176. Almal kan egter gratis kom luister na die volgende uitsendings:

 

Monitor met Cobus Bester, 1-5 Maart, 07:00 tot 08:00: Cobus praat met ʼn reeks prominente meningsvormers.

 

Spektrum, 1-5 Maart, 13:00 tot 14:00: Die span se boeiende onderhoude met ʼn verskeidenheid interessante gaste is immergewild - en die geliefde Iris Bester kom kuier ook weer saam. RSG , 1-5 Maart, 8:00 - 9:00: Praat saam met Freek Robinson. ‘n Boeiende reeks gesprekke!

 

Wie se sokker-wêreldbeker is dit?

Freek praat met Gerald Don en Jeremy Fredericks

Bepaal ras jou sport-oriëntasie? Wit = sokker-lou; swart = sokker-versot?

1 Maart 08:00 ● Plataan-kafee ● 90min ● Gratis

 

Gaan die wêreldbeker-kool ekonomies die sous werd wees vir Suid-Afrika?

Freek praat met prof. Stan du Plessis en Mandy Rossouw

Miljarde is belê in stadions en paaie, maar wat gebeur na afloop van die sokker-wêreldbeker? Talle mense kla oor die streng beheer van Fifa oor produkte, advertensies, akkommodasie en toerismegeleenthede. Hoekom is Budweiser die goedgekeurde bier in plaas van ʼn Suid-Afrikaanse produk?

2 Maart 08:00 ● Plataan-kafee ● 90min ● Gratis

 

Is daar nog plek vir ‘ernstige’ letterkunde in Afrikaans?

Cobus Bester praat met Etienne van Heerden, Danie Marais en Louis Esterhuizen

Het die koms van die Internet veroorsaak dat die tradisie van ernstige letterkunde besig is om te verflou? Is dit net gewilde spanningsromans wat nog verkoop?

3 Maart 08:00 ● Plataan-kafee ● 120min ● Gratis


Dien en Verdien

Freek gesels met Christi van der Westhuizen en Harlan Cloete

Wie kom eerste: gemeenskap of geld? Hoe skep ons ʼn strategie om op veral plaaslike vlak die gees van persoonlike verryking te stop?

4 Maart 08:00 ● Plataan-kafee ● 120min ● Gratis

 

Kerk of sportveld?

Freek gesels met Peter de Villiers, prof. Piet Naudé en dr. Braam Hanekom
Waar sal die Afrikaner se heil vandaan kom? Verruil Afrikaanse Christene die kerkbanke vir stadionstoele?
5 Maart 08:00 ● Plataan-kafee ● 120min ● Gratis

 

REEKSE

 

1. Reg met Afrikaans

Die US Woordfees is bevoorreg om vir die eerste keer ‘n groep uitgelese regskenners van die Universiteit Kaapstad se Fakulteit Regsgeleerdheid te verwelkom, wat in Afrikaans kom praat oor regskwessies wat almal raak. Prof. Rochelle le Roux, ook van die Fakulteit Regsgeleerdheid by UK, stel dié opwindende sprekers aan die woord.

 

Pierre de Vos: Is die grondwetlike regstaat ‘n struikelblok op die weg na transformasie?

Prof. Pierre de Vos beklee die Claude Leon Foundation Leerstoel in Grondwetlike Regering aan die Universiteit Kaapstad. Hy skryf ‘n blog getitel “Constitutionally Speaking” en is ook ʼn gereelde mediakommentator oor staatsregkwessies in Suid-Afrika.

1 Maart 13:00● Konservatorium: Jannasch-saal ● 50min ● R20 by die deur

 

Loretta Ferris: Nuwe omgewingswette, nuwe besems: hou hulle die omgewing skoon?

Prof. Loretta Ferris het in Junie 2009 aangesluit by die Instituut vir Marine- en Omgewingsreg by die Fakulteit Regsgeleerheid aan die UK, waar sy tans omgewingsreg doseer. Voorheen was sy mede-professor by die Universiteit van Pretoria en sy het ‘n ruk lank in die VSA gedoseer by die American University in Washington DC.

2 Maart 13:00● Konservatorium: Jannasch-saal ● 50min ● R20 by die deur

 

Jaco Barnard-Naudé: “reg/dig”

Prof. Jaco Barnard-Naudé doseer regsfilosofie aan die UK, waar hy ook nagraads studeer in Kreatiewe Skryfkunde.

3 Maart 13:00● Konservatorium: Jannasch-saal ● 50min ● R20 by die deur

 

Meryl du Plessis: Werkstres - verskoning of beroepsiekte?

Me. Meryl du Plessis was voorheen verbonde aan die Universiteit van Johannesburg en is tans lektrise by UK se Fakulteit Regsgeleerdheid, waar sy grondwetlike reg doseer.

4 Maart 13:00● Konservatorium: Jannasch-saal ● 50min ● R20 by die deur

 

Elrena van der Spuy: Suid-Afrikaanse Polisievroue as vredesbeamptes in die Soedan

Prof. Elrena van der Spuy spesialiseer in aspekte van polisiëring. Onlangs het sy die rol van die polisie in die konteks van VN- en AU-vredesmissies nagevors. In die afgelope jaar voer sy gesprekke met S.A. Polisievroue wat vir ses tot twaalf maande in die Soedan ontplooi was.

5 Maart 13:00● Konservatorium: Jannasch-saal ● 50min ● R20 by die deur

 

Hanri Mostert: Nasionalisering van minerale hulpbronne

Op prof. Hanri Mostert se argument sal mnr. Tony Ehrenreich van COSATU en prof. Elmarie van der Schyff van die Universiteit Noordwes repliek lewer. Prof. Hanri Mostert doseer o.m. eiendomsreg in die Departement Privaatreg aan UK se Regsfakulteit.

6 Maart 10:00● Ou Hoofgebou: JC de Wet Saal, ● 90min ● R20 by die deur

 

2. Rondom die draaitafel

ʼn Reeks gesprekke en lesings oor aktuele onderwerpe wat betrekking het op musiek en die musieklewe.

 

Afrikaans se vergete stiefkind

Met Winfried Lüdemann

Oor die toonsetting van Afrikaans vir kore: Woorde op die tong, woorde in die keel - hoe (on-)gemaklik sing Afrikaans?

1 Maart 16:00 ● Konservatorium: Jannasch-saal ● 50min ● R30 (by die deur)

 

Fuga (nie FIFA nie), of vlug?

Met Hans Roosenschoon

Die interessante ding van sokker is dat as iemand die bal skop, hardloop almal agterna …

2 Maart 16:00 ● Konservatorium: Jannasch-saal ● 50min ● R30 (by die deur)

 

O, Vrolikheid op note

Met Izak Grové

Bekende en minder bekende fasette van humor in die musiek.

3 Maart 16:00 ● Konservatorium: Jannasch-saal ● 50min ● R30 (by die deur)

 

The good, the bad & the ugly

Met Naomi Morgan en Herman van den Berg

Hierdie twee kenners gesels oor die stand van populêre Afrikaanse musiek.

4 Maart 16:00 ● Konservatorium: Jannasch-saal ● 50min ● R30 (by die deur)

 

Kaskenades by die kunswedstryd

Minette du Toit-Pearce

ʼn Kykie na die historiese en kulturele bydrae wat kunswedstryde oor die jare in Suid-Afrika gelewer het en na die manier waarop dit vandag steeds kulturele groei onder jeugdiges bevorder.

5 Maart 16:00 ● Konservatorium: Jannasch-saal ● 50min ● R30 (by die deur)

 

3. Woordfiks met SuperSport

 

(In samewerking met SuperSport)

Het woorde en sport dan ook iets met mekaar uit te waai? Kom luister en kyk na watter kontaksport die twee dinge speel! ‘n Eerste vir die Woordfees in die groot sportjaar!

 

 

Woordfiks met SuperSport 1

Watter woorde lê die vlakste in ʼn rugby-legende se mond? Sluit aan by SuperSport en vind uit wat dink Mannetjies Roux, Hempies du Toit, Dawie de Villiers en Kobus Wiese in hierdie interessante gesprek.

3 Maart 12:00 ● De Vette Mossel ● 60min ● R70 (Ligte ete ingesluit)

 

 

Woordfiks met SuperSport 2

Hoe dikwels word sportkommentators betrap met ʼn mond vol woorde? Kry saam met SuperSport ʼn idee wat aangaan in die koppe van kommentators soos Naas Botha, Kobus Wiese, Hennie Pietersen, Jan Snyman, Johan Rademan en Breyton Paulse.

4 Maart 12:00 ● De Vette Mossel ●60min ● R70 (Ligte ete ingesluit)

 

Woordfiks met SuperSport 3

Bestaan daar ʼn afsonderlike taal vir elke sportsoort? Praat uitblinkers in atletiek, sokker, krieket en rugby by mekaar verby? Of is sport ʼn universele taal? SuperSport stel vir Reggie Jantjies, Gary Bailey, Mark Williams en Neil Andrews aan die woord.

5 Maart 12:00 ● De Vette Mossel ● 60min ● R70 (Ligte ete ingesluit)

 

4. Woordkuns en oorlog

 

Oorloë dien nie net as voedingsbron vir poësie in enige taal nie; die verskuns word dikwels ingespan as wapen en uitdrukkingsmiddel vir emosies oor onheil, onmenslikheid, pyn; vir weersin maar ook humor. Die heel eerste ‘Afrikaanse’ gedig uit 1795 was juis ‘n oorlogsgedig. Kundiges kom werp lig op die rol van die digkuns in konflikte soos die ABO, die Tweede Wêreldoorlog en die onlangse Grensoorlog.

 

Martiens van Bart

Digkuns as medium van oorlogvoering

6 Maart 09:00 ● Ou Hoofgebou: Lokaal B ● 50min ● R20 by die deur

 

Johann Lodewyk Marais

Die digkuns as manier van oorlogvoering

6 Maart 10:30 ● Ou Hoofgebou: Lokaal B ● 50min ● R20 by die deur

 

Trevor Emslie

Leipoldt oor Afrikaans

6 Maart 12:00 ● Ou Hoofgebou: Lokaal B ● 50min ● R20 by die deur

 

Wium van Zyl

Die digkuns in die oorlogstyd 

6 Maart 13:30 ● Ou Hoofgebou: Lokaal B ● 50min ● R20 by die deur

 

SANLAM DRAMAFEES

 

(Ondersteun deur Sanlam)

 

Maskermaan

(Ondersteun deur die NAC)

Deur Cecilia du Toit; Regie: Nico Luwes

Met Gerben Kamper, Peter Taljaard, Babes Mpatseng en Maria de Koker

In ʼn fiktiewe ontmoeting tussen die twee Afrikaanse volksdigters, Louis Leipoldt en Eugène Marais, gesels hulle oor digterskap, liefde vir die natuur en kennis van die veld. Hul samesyn is aanvanklik heel gemoedelik, maar elkeen koester ʼn eie agenda. Leipoldt wil Marais help om sy verslawing te oorkom, maar dit ontaard in ʼn gewetenlose skaakspel waarin maskers voorgeskuif en weggeruk word. Hierdie stuk was besonder gewild by die Volksblad Kunstefees.

1 Maart 18:00  2 Maart 20:15 ● Japie Krige-saal ●  95 min ● R80

 

Suurgat II

Deur en met Leon Kruger

Ontmoet Riaan Cruywagen se grootste fan, wat ál sy bulletins PVR en Sondae weer kyk - Riaan se omnibus. Hy is werkloos en begin joga-klasse aanbied. Hoe moeilik kan dit nou wees om Massahare-kalmte te kry? Hy probeer ‘n meisie serenade deur kitaar in die hand vir haar te sing … in Frans nogal. Karakterkomedie uit die boonste rakke!

1 Maart 20:15  6 Maart 19:00 ● Klein Libertas Teater ● 70min ● R80 ● Geen O/10

 

As die broek pas

Deur Manfred Karge; Vertaling: Willem Anker; Regie en ontwerp: Marthinus Basson

Met Antoinette Kellermann

ʼn Woordfees / Absa KKNK ko-produksie, aangebied deur TEATERTeater

Antoinette Kellermann ontgin die realiteit van manwees eerstehands deur die aan-die-bas ervaring van ʼn vrou, gebaseer op ʼn ware verhaal wat afspeel in die haglike ekonomiese omstandighede van Duitsland tussen die twee Wêreldoorloë. ʼn Aangrypende teater-ervaring van vereensaming en oorlewing. Vir meer inligting besoek teaterteater.com.

1 Maart 20:15  5 Maart 18:00● HB Thom Teater ● 70min ● R75 ● Geen O/14

 

Die Francois Toerien Show 7 - BEE compliant

Met Francois Toerien, Esther von Waltsleben, Martelize Kolver, Altan Ungerer en Brendan Daniels

Regisseur: Juanita Swanepoel

Hoe ‘swart’ is ons en is ons gestremd? Ons vul ons BEE scorecard in en bepaal ons status. Anita en Susan verken Die Ander Kant en raak begeesterd. Ons bespreek die film Sleeping with the Enemy 2 met Helen en Julius in die rolverdeling, en Peter de Villiers gesels met Naas. En nog BAIE meer …

1 Maart 18:00  2 Maart 20:15  4 Maart 20:15 ● Klein Libertas Teater ● 70min ● R90 ● Geen O/14 (T)

 

Daan de Wet hou sy oog op die bal

Deur Gaerin Hauptfleisch

Met Jan-Hendrik Opperman en Gaerin Hauptfleisch

Daan de Wet is ‘n privaatspeurder - Afrikaans, vir en van Afrika - jy kan maar sê ʼn Afrika-vir-ner. Hy word genader deur die geheimsinnige mnr. Coetzee om sy vermiste boekhouer te vind. Teen die agtergrond van die wêreldbeker-sokkertoernooi ontrafel Daan ʼn komplot só skrikwekkend, dit laat Bafana Bafana se kondisie lyk na ʼn prettige dagdroom. Daan is egter tawwer as ‘n baksteen-Bolhuis en meer voortvarend as ʼn Malema…

2 Maart 18:00 6 Maart 13:00 ● Klein Libertas Teater ● 65min ● R80

 

‘n Koeksister vir Zuma

Met Evita Bezuidenhout

Vir die eerste keer by die Woordfees! Die bekendste wit vrou in Afrika deel haar geheime oor versoening, die drie Zumamas en die toekoms van Suid-Afrika, geïnspireer deur haar nuutste kookboek, Evita se Kossie Sikelela. Alle ouderdomme. In Afrikaans, Engels en Bapeti.

2 Maart 20:15  4 Maart 20:15 HB Thom Teater 90 min R100

 

The Vagina Monologues

Deur Eve Ensler, vertaal deur Antoinette Louw; regie: Nanine Wessels

Met Antoinette Louw, Lulu Botha en Jacqui du Toit

The Vagina Monologues vir die eerste keer in Afrikaans! Die toneelstuk eer vroulike seksualiteit in al haar kompleksiteit en geheimsinnigheid. Met deernis, fyn humor en wysheid gee hierdie wêreldbekende kragtoer ʼn stem aan vrouens se diepste vrese en fantasieë. Huisgenoot-fotograaf Martin de Kock se uitstalling ‘Vrou‘ is ook te sien.

3 Maart 18:00  6 Maart 21:00 ● Klein Libertas Teater ● 60min ● R80 ● Geen 0/18

 

Kap Án

Deur Abduragman Adams en Riaan Visman; onder regie van Abduragman Adams

Met Euodia Samson, Charlton Lee George, Eldene Jones, Irshaad Ally-Arap en Riaan Visman

Sharlton September (22) verlaat sy ouerhuis vir ʼn beter lewe in die stad. Vinnig bevind die taxi-ghaaitjie homself in ʼn geveg tussen goed en sleg. Struikelblokke soos tik en bendebedrywighede kan sy droom om Taal en Kultuur te gaan studeer, kniehalter. Word hy deel van daardie globale ‘mode’ wat vir sommige jongmense in Kaapstad so aanloklik is?

3 Maart 18:00  6 Maart 15:00 ● Japie Krige-saal ● 70min ● R65

 

Dowwe Dolla: Geskud, nie gepluk nie

Met Margit Meyer-Rödenbeck, onder regie van Hennie van Greunen

Eers was daar Honey Ryder. Plenty O’Toole. Pussy Galore. En nou Dolla. Dowwe Dolla. 007. Sy drink haar Martini geskud, nie gepluk nie, dankie. Sy moet die wêreld red. Alweer. Want Jurie lyk daagliks meer soos ‘n robbie(s). En Julius Malema sê ma’ vi’ sy grêmma Julius wil ‘n Mercedes hê. Kom vind meer uit! Dowwe Dolla 007: license to trill!

3 Maart 20:30  6 Maart 20:15 ● Japie Krige-saal ● 70 min ● R80 ● Geen O/14 (T)

 

Dinsdae by Morrie

Deur Mitch Albom en Jeffrey Hatcher. Vertaal, verwerk en geregisseer deur Hennie van Greunen

Met Chris van Niekerk en Pedro Kruger

Tuesdays with Morrie was ʼn internasionale treffer. Nou span twee van ons talentvolste akteurs vir die eerste keer saam om die deernisvolle verhaal lewe te gee in Afrikaans. Morrie is ‘n Sosiologie-professor aan die US en Tiaan is een van sy oudstudente. Leermeester en student is beide by ‘n kruispad in hulle lewens: Morrie word gediagnoseer met ‘n terminale siekte en ‘n ontnugterde Tiaan besluit om sy ou prof op te soek.

4 Maart 18:00 6 Maart 10:00 ● Japie Krige-saal ● 90min ● R80

 

Afspraak

Deur Jan Scholtz; Regie: Paul Eilers

Met Deon Lotz, Erica Wessels, Waldemar Schultz, Antoinette Louw, Nicole Arendse en Chris Fourie

Moontlik gemaak deur Innibos-fees, Delo Produksies, Protea Hotel Tygervallei

Dié drama deur die bekroonde Jan Scholtz bied ‘n greep uit die alledaagse lewe: Die Lotterings tref voorbereidings vir ‘n ete om regter en mev. Lottering na ‘n lang oorsese vakansie terug te verwelkom. Terwyl skoondogter Nonnie en ‘aangenome’ huishulp Karoolsie werskaf, daag Andries, die swartskaap van die familie, op.

4 Maart 18:00 6 Maart 10:00 ● Klein Libertas Teater ● 60min ● R80

 

Skrapnel

Deur Willem Anker; Regie en ontwerp: Jaco Bouwer, Beligtingsontwerp: Michael Maxwell, Klankbaan: Braam du Toit

Met Marcel van Heerden, Andrew Thompson, Jenine Groenewald

Ondersteun deur Het Jan Marais Nationale Fonds, die Dagbreek Trust en Aardklop

‘n Reeks gekoördineerde selfmoordbomaanvalle word geloods op Londen se openbare vervoerstelsel. Een van die slagoffers is ‘n jong Suid-Afrikaner, Christiaan Rudolph de Wet Botha. Skrapnel vertel Chris se verhaal in ‘n reeks kort tonele wat terugwerkend en assosiatief op mekaar volg. ‘n Tydsdokument van ‘n generasie Afrikaanse jongmense wat die wêreld invaar, dwalend deur ‘n globale shopping centre van seks, dwelms en visas.
4 Maart 18:00 6 Maart 09:30 ● HB Thom Teater ● 90min ● R80

 

Soetbek

Teks en regie: Hannes Spangenberg

Met Johan Falck, Frans Hamman, Stefan Krynauw,  Amori Stols,  Heine J. van As en Elizna Vermeulen

Aangebied deur US Drama-departement

Is jy moeg? Terneergedruk? Depressief? Behandel die lewe jou soos ʼn goedkoop straatprostituut? Jy word sterk aangemoedig om na hierdie produksie propvol komiese sketse en snaakse satires te kom kyk - dis net die regte medisyne!

4 Maart 21:00  5 Maart 21:00● Japie Krige-saal ● 75min ● R50 ● Ouerbegeleiding

 

Die dinges is ʼn watsem - Jan Spies kom tot verhaal

(Aangebied deur The Sixth Sense, in samewerking met DALRO)

Met Lizz Meiring, Deon Coetzee en Johan Engelbrecht

Dié bobaas-storieverteller en volkslegende se sappige, ongewone en slimsnaakse stories kry ʼn nuwe dimensie in Johan Engelbrecht se verhaal-met-‘n-kinkel verhoogstuk. Die dinges is ʼn watsem betower oud en jonk met sy viering van die wonderlike halstarrigheid, planmakery, kulturele rariteite en aardse wyshede waarvoor oorle Jan Spies so bekend was.

5 Maart 18:00  6 Maart 13:00 ● Japie Krige-saal ● 60 min ● R80 ● Geen O/10

 

Oupa en Ouma

Teks en regie: Leon Kruger 

Met Johan en Lida Botha

Hulle is langer as 40 jaar getroud en soms wonder hulle hoekom. Toe jy klein was, was hulle dié Oupa en Ouma wat jou boude beskerm het as jy stout was. Hulle is ook die enigste twee mense wat vir Ma en Pa mag sê wat om te doen. Hulle is die twee mense  wat sekerlik hemel toe gaan. Hulle wat jou die verskil geleer het tussen draadloos en radio, maar self net draadloos luister.

5 Maart 15:00  6 Maart 17:00 ● Klein Libertas teater ● 70min ● R80

 

Seks in die suburbs

Teks en regie: Francois Toerien   

Met Susanne Beyers en Eben Genis

ʼn Ouer vrou en ʼn jonger man - hy pas afgestudeer; sy lek al aan vyftig. Sy’t hom opgetel by ʼn funksie waar hy kelner was en sy is vasbeslote om weer haar seksualiteit te laat geld. Maar die passie word gekortwiek deur ʼn inbreker en na vele ontblotings en skokke kom hulle tot die gevolgtrekking dat bloed kruip waar dit nie kan loop nie.

5 Maart 18:00 6 Maart 15:00 ● Klein Libertas Teater ● 60 min ● R80 ● Geen O/14

 

Speelgoed van glas

Deur Tennessee Williams; Vertaling: Fred le Roux; Regie: Juanita Swanepoel

Met Martelize Kolver, Raymond Randall, Jenny-Lee Schoeman en Alex Marais

Die handeling in hierdie beroemde klassieke stuk spruit uit herinneringe van die hoofkarakter, Tom Wingfield, en speel af in 1937 in St Louis, Amerika. Baie mense beskou The Glass Menagerie as ʼn verwerking van Williams se eie lewe - die afwesige vader, die sieklike suster Laura, die spanning tussen moeder en seun, en die skuldgevoelens wanneer Tom die gesin verlaat. Deurgaans bly die klein glasdiertjies waarmee Laura speel die simbool van weerloosheid en die breekbaarheid van menselewens en verhoudinge.

5 Maart 20:15  7 Maart 20:15 ● Klein Libertas Teater ● 105 min ● R80

 

Adam September en die Nazi-skat

Teks en regie: Chris Vorster

Met Marius Weyers, Ben Kruger, Ivan Abrahams en Christo Davids

Aangebied deur GZ Productions, ʼn Absa KKNK / Aardklop ko-produksie

‘n Aksie-komedie met ‘n tikkie Indiana Jones en ‘n knypie Lara Croft. In 1979 word ‘n joernaal in die woestyn opgetel en die legende van ʼn Nazi-skat wat destyds in Duitswes-Afrika versteek is, kry ‘n tweede asem. Heintz Himler en sammajoor Wolf Basson is bloedhonde op die spoor van Adam September en sy seun Jodi.

5 Maart 20:30 6 Maart 13:00 ● HB Thom Teater ● 90min ● R80

 

My Sarie Marais

Deur Deon Opperman

Met Hanli Rolfes en Deon Coetzee

‘n Vrou keer ná twintig jaar terug na die plaas waar sy grootgeword het en ontdek dat haar jeugliefde die nuwe eienaar is. Hy is nooit getroud nie. En so begin ‘n verhaal van herontdekking, konfrontasie, vergifnis en uiteindelik die insig dat baie dinge wat in woede geskreeu word niks beteken nie. Die dinge wat gefluister word, beteken alles. Mens skreeu ‘Ek haat jou!’ maar fluister ‘Ek het jou lief’. My Sarie Marais is Opperman se eerste drama vir die verhoog na Kaburu, waarvoor hy sy tweede Hertzogprys ontvang het.

6 Maart 16:00 ● HB Thom Teater ● 80min ● R80

 

Draadwerk

Deur Daleen Kruger; regie: André Stolz

Met Aletta Bezuidenhout en Denver Vraagom

Wenner van die Nagtegaal Teksprys; aangebied deur Joho! Produksies

Nuut by die US Woordfees! Na die sukses van Die Naaimasjien word die première van die tweede Nagtegaal Teksprys vir die eerste keer by die Woordfees aangebied. Draadwerk is ʼn aangrypende drama oor die misterieuse en fabelagtige Uilhuis, maar veral oor die hegte vriendskap tussen die bejaarde en geheimsinnige Helen Martins en haar handlanger, Koos Malgas.

6 Maart 20:15  7 Maart 18:00 ● HB Thom Teater ● 90min ● R80

 

…miskien

Met Albert Pretorius en Gideon Lombard; regie: Tara Louise Notcutt

ʼn Verhaal van vriendskap tussen twee boesemvriende: gewone ouens wat dieselfde agtergrond, werk en uitsiglose lewens deel. ʼn Liefdesverhaal oor die ruimtes wat tussen vriende bestaan en oorbrug moet word … miskien.

7 Maart 11:00 ● Klein Libertas Teater ● 55min ● R50 ● Geen O/18 (T)

 

KONSERT EN KABARET

Bambi in kabaret

Met Pieter-Dirk Uys as Bambi Kellermann en Godfrey Johnson by die klavier.

Tannie Evita se jonger suster sing en klets oor haar skokkende lewe, die realiteit van die mynvelde van seks en politiek, bygestaan deur Godfrey Johnson en die FAK, Kurt Weill en ander. Nie vir die maklik-geskoktes nie.

In drie tale: Engels, Afrikaans en Duits.

3 Maart 21:00 Sanlam nagKAT ● 60min R100 (Black Bottle Scotch Whisky word bedien) ● Geen O/18

 

Elzabé Zietsman in Kabaret

ʼn Ervaring om nie mis te loop nie: Elzabé Zietsman op die kabaretverhoog! Dié befaamde actress, songstress en chefstress bekoor feesgangers met gunstelinge uit haar indrukwekkende repertoire.

4 Maart 21:00 Sanlam nagKAT● 60min R80 (Three Ships word bedien)

 

Amanda Strydom in Diva

Met Amanda Strydom

Regie: Gerrit Schoonhoven; Musikale regisseur: Janine Neethling.

In ʼn groot stad staan die Diva, ʼn teater vol eertydse glorie. Beatrice le Seur, ʼn ou sangeres, sit saans in haar kleedkamer en roep die herinneringe van ʼn vergange tyd op. Die bekroonde Diva is Amanda Strydom se pleidooi vir die behoud van teater in Suid-Afrika. Deur die oë van Beatrice kyk sy met patos en humor na Suid-Afrika se ryk teatergeskiedenis. ‘Strydom waag en wen meesterlik’ - Barrie Hough (Beeld)

5 Maart 21:00 ● Sanlam nagKAT ● 60min ● R80 (Bain’s Cape Mountain Whisky word bedien)

 

Delicious Divas

Regie: Niël Rademan

Met Virginia Davids, Elizabeth Frandsen, Dainti Delischia en Rika Vermeulen (pianis)

ʼn Ekstravaganza met ʼn kinkel in die kabel. Drie volronde dames neem Suid-Afrika in 2010 op horings! Hierdie performers extraordinaire demonstreer hul veelsydigheid met lyf en lied deur dans en dekadensie. Wellustige opera-arias, popmelodieë, treffers uit musiekblyspele en selfs ‘n Boere-medley is op die spyskaart.

6 Maart 21:00 ● Sanlam nagKAT ● 60min ● R80 ● Geen O/18 (Black Bottle Scotch Whisky word bedien)

 

Gratis laataand-vermaak in die Kabarettent

Sanlam se kabarettent, Die Sanlam nagKAT, is die ideale kuierplek vir feesgangers wat skouers wil skuur met gevestigde en opkomende kunstenaars. Na die kabaretvertonings deur bogenoemde kunstenaars kan daar tot in die vroeë oggendure gekuier word met drankies en sigare terwyl die volgende kunstenaars gratis vermaak verskaf:

 

3 Maart 22:15: Marika Reinke en Frieda van den Heever

4 Maart 22:15 - Elizabeth Frandsen & Rika Vermeulen

5 Maart 22:15 - C2C met Johann Enslin, Winand Grundling, Petrus Coetsee en André Terblanche

6 Maart 22:15 - Emile Minnie

 

WOORDMUSIEK

 

Klanktitels

Met Jan-Hendrik Harley (altviool), Brydon Bolton (kontrabas), John Pringle (perkussie) en Pierre-Henri Wicomb (klavier). Gedigte deur o.a. Willem Anker en Rob Bolton

In hierdie projek, spesiaal vir die Woordfees aangepak, word musiek op onkonvensionele wyse gekombineer met teks om aanknopingspunte tussen verskillende media te vind. Ejncp, oftewel Ensemble je nes comprends pas, is een van die weinige Nuwe Musiek-ensembles in die land. Die lede daarvan is almal komponiste in eie reg.

1 Maart 17:30 ● Fismer-saal ● 55min ● R65

 

Stef Bos: moedertaal
ʼn musikale betoog oor die bron van die taal
Die liefde vir die oorsprong
Die soektog naar andere klanke
Die verwarring van betekenisse
En die loutering deur die musiek

1 Maart 20:00 ● Stellenrust ● 90min ● R100 (Stellenrust verskaf die wyn)

 

Prente by ʼn uitstalling

Philip de Vos en Tertia Visser-Downie op klavier

Na die groot sukses van Karnaval van die diere, wat reeds weerklink het in Italië, Duitsland, Nederland en die VSA, het Philip spesiaal vir sy 70ste verjaarsdag begeleidende verse geskryf by Mussorgsky se briljante klavierwerk, Prente by ʼn uitstalling. Philip kom lees hierdie verse tussen elke klavier-beweging met begeleiding en improvisering deur pianis Tertia Visser-Downie. Kenmerkend van Philip is die program beide liries en humoristies - ʼn uitstekende kombinasie van woordkuns en klassieke musiek! En Mooiplaas verskaf gratis wyn.

3 Maart 17:30 Fismer-saal 45min R60

 

Niël Rademan: Van klassiek tot kabaret

Met Niël Rademan (klavier en sang), Johann Enslin (klavier) en Winand Grundling (klavier)

Hierdie konsert met drie vleuelklaviere is beslis iets om nie mis te loop nie! Dit beloof om ‘n virtuose skouspel te wees van klassieke en populêre klavierwerke en sang, afgewissel met kabaretmusiek. Immergewilde Niël Rademan, veelsydige kunstenaar en ware verhoogdier wat hy is, lewer altyd iets nuuts op! Wyn van Overgauw rond ‘n spesiale vertoning af.

5 Maart 17:30 ● Fismer-saal ● 55min ● R80

 

Baby, as ek verby ry …

Met Dana Snyman en Klopjag

Dana Snyman en Klopjag span saam om die gehoor op reis te neem na ʼn wêreld van agterpaaie, gastehuise, klein kroegies en vreemde dorpies met hul unieke karakters en stories. Hier mag jy maar drink en bestuur - Muratie verskaf die wyn!

5 Maart 20:15 ● Fismer-saal ● 60min ● R80

 

Wat die water onthou

Louis Esterhuizen lees gedigte uit sy nuwe bundel voor, terwyl Marietjie Pauw die verse met haar dwarsfluit eggo. Die musiek is van verskeie komponiste en is geneem uit die repertorium vir solofluit.

6 Maart 12:00 ● Erfurthuis ● 50min ● R30

 

Verse in my vingers - Breyten Breytenbach

Samestelling, ter viering van Breytenbach se 70ste verjaarsdag, en regie: Juanita Swanepoel

Met Johann Nel, Waldemar Schultz, Hugo Theart, Eugenie Wiggens en Laurinda Hofmeyr

In opdrag van die Breytenbach Sentrum, Wellington

In November 1975 sê Breyten Breytenbach tydens sy verhoor in Pretoria: ‘Ek voel, ek wéét ek het nog baie gedigte in my vingers en skilderye in my oog’. By ʼn ander geleentheid: ‘Ek wil in my werk so na moontlik probeer kom aan die verbygaande - nie die ewige nie, dié was altyd daar. En die ewige sê niks. Dis die verbygaande wat seer maak, die plaaslike’. Laurinda Hofmeyr begelei hierdie magiese reis deur die werk en lewe van die digter. Vir meer inligting besoek verseinmyvingers.co.za

6 Maart 17:30  7 Maart 18:00 ● Japie Krige-saal ● 80min ● R80

 

Skemerverse

Met Abel Kraamsaal, Marlise Joubert, Diana Ferrus, Danie Marais, Loftus Marais en Jasper van Zyl

Daar is nie ʼn beter manier om die Woordfees af te sluit met strelende musiek en kwaliteit-poësie in die rustige atmosfeer van die Trumpet Tree nie. Kom klink ʼn glasie en geniet ʼn happie in die geselskap van die voorste versmakers in Afrikaans.

7 Maart 18:00 ● Trumpet Tree ● 120min ● R80 (ligte ete ingesluit)

 

MUSIEKFEES: KLASSIEK

 

USSO met Leon Bosch (kontrabas)

Universiteit Stellenbosch Simfonie-orkes o.l.v. Corvin Matei

Program: Rossini se William Tell Overture; Bruckner se Vierde Simfonie en Bottesini se Concerto & Variasies vir Kontrabas (solis: Leon Bosch)

Suid-Afrikaans gebore Leon Bosch, een van ʼn handvol gevierde kontrabasvirtuose in die wêreld, tree wêreldwyd op saam met voorste dirigente, pianiste en gesogte kamermusiek-ensembles. Die afgelope twee jaar het hy ook meesterklasse en konserte aangebied tydens die jaarlikse Internasionale Kamermusiekfees in Stellenbosch.

27 Februarie 20:15 ● Konservatorium: Endler-saal ● 120min ● R95 R75 vir studente en pensioenarisse

 

Ek sing van die wind en ander koormusiek

ʼn Program van Afrikaanse liedere vir koor

Met Schola Cantorum: Solistekoor o.l.v. Rudolf de Beer

Aangebied deur US Departement Musiek

Die werk van toonaangewende Afrikaanse digters word tradisioneel in die vorm van solo-liedere met klavierbegeleiding getoonset of dien (meer onlangs) as lirieke vir populêre musiek. Hierdie uitvoering is egter iets anders: dit bied  ʼn seleksie Afrikaanse gedigte getoonset in die uitdagende medium van die koormusiek. Kom kyk gerus hoe dit verskil!

28 Februarie 16:30 ● Konservatorium: Endler-saal ● 60min ● R85 R65 vir studente en pensioenarisse

 

Canciones del Sur / Musiek uit die Suide

Met Zanne Stapelberg, Minette du Toit-Pearce en James Grace (kitaar)

Aangebied deur Long Tall Woman Productions

Kom luister hoe drie van Suid-Afrika se voorste jong musici klassieke style van uiteenlopende wêrelddele ontgin: vurige melodieë uit Argentinië, Amerika, Meksiko, Chili, Italië, Kuba, Spanje en Suid-Afrika - van volksmusiek, tango en milonga tot flamenco. Kaapzicht skenk vir jou ‘n glasie wyn hierby.

1 Maart 20:15 ● Fismer-saal ● 65min ● R80

 

Die sewe laaste woorde

Met die Amici-kwartet: Suzanne Martens (1ste viool), Quentin Crida (2de viool), David Snaith (viola) en Peter Martens (tjello).

Teks saamgestel deur Daniel Hugo; voorlesing: Johann Nel

Joseph Haydn het hierdie werk, met die sewe kruiswoorde van Christus as tema, in 1801 vir orkes gekomponeer vir die katedraal van Cadiz, as deel van die Lydenstyd-liturgie. Die Amici-kwartet speel die strykkwartet wat Haydn ʼn paar jaar na die oorspronklike orkeswerk die lig laat sien het. ‘n Ontroerende ervaring in die aanloop tot Paasfees.

2 Maart 17:30 ● Fismer-saal ● 90min ● R60

 

100 Afrikaanse liedkuns

Met Minette du Toit-Pearce, Vanessa Tait en André Howard; begelei deur Elna van der Merwe

Moontlik gemaak deur US Navorsingsontwikkeling en die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Sedert Bosman di Ravelli se toonsetting in 1908 van Eugène Marais se ‘Winternag’ het die Afrikaanse kunsliedbeweging dramaties gegroei. Dit is steeds aktueel vir komponiste soos Pieter de Villiers en Hendrik Hofmeyr. Dié konsert en CD-bekendstelling verleen luister aan ‘n eeu van die Afrikaanse lied deur ʼn seleksie van meer en minder bekende voorbeelde uit die Afrikaanse kunsliedereskat. Blaauwklippen sorg vir gratis wyn.

2 Maart 20:15 ● Endler-saal ● 70min ● R80

 

Blondes, Verdi en Lloyd Webber

Met Elna van der Merwe, Zorada Temmingh (klaviere), Neville Arnolds (tromme)

Die Blondes se splinternuwe tweeklavier-produksie bring arias uit Verdi-operas bymekaar: dramaties, romanties en nostalgies. Die Andrew Lloyd Webber-keurspel laat die klaviere ruk en rol met treffers uit Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat, Jesus Christ Superstar, Evita, Cats, The Phantom of the Opera en Sunset Boulevard. ʼn Uur van genot, tegniese virtuositeit, oorspronklike verwerkings en musikale humor! Kom geniet ook ‘n gratis glasie wyn van Kaapzicht.

3 Maart 20:15 ● Endler-saal ● 60min ● R80

 

By die kruispad van digters en komponiste

Liedprogram met André Serfontein, begelei deur Benjamin van Eeden

Hierdie Afrikaanse kunsliedere word vir die heel eerste keer in die Wes-Kaap uitgevoer. Dié uitmuntende kunsliedvertolkers met hul uitgebreide repertorium het reeds internasionaal opgetree en gaan o.m. in 2010 na  Portugal. Gedigte van N.P. van Wyk Louw, Antjie Krog, Elisabeth Eybers en W.E.G. Louw is getoonset deur komponiste soos Johann Potgieter en Niel van der Watt. Vir die eerste keer in Suid-Afrika kan u ook luister na Aubrey Meyer-lirieke, vertaal deur Johan Anker, en na Hendrik Hofmeyr se toonsettings van Uys Krige se verse.

4 Maart 17:30 Fismer-saal ● 55min ● R75

 

Nuwe woorde word nuwe liedere

In samewerking met Woordpoort, Pretoria

Met Deirdré Blignaut (sopraan), Linette van der Merwe (mezzo), Chris Mostert (tenoor) en Wessel van Wyk (klavier).

Splinternuut en pragtig! Daniel Hugo, Hennie Aucamp, Hennie van Coller en Carina Stander het spesiaal gedigte geskryf wat deur leidende komponiste soos Niel van der Watt, Hendrik Hofmeyr en Martin Watt getoonset is. Met die ondersteuning van die FAK gee hierdie opdragproduksie ʼn stewige hupstoot aan die Afrikaanse kunsliedereskat. Met wyn van Kaapzicht.

6 Maart 12:00 Fismer-saal ● 50min ● R60

 

Koorfees Gala-aand

Libertas-koor met Anna Davel

Die gewilde Anna Davel tree op saam met die alombekende Libertas-koor en die wenners van die Koorsig-koorkompetisie wat jaarliks deur die US Woordfees aangebied word. Hierdie besondere aand is tradisioneel ʼn hoogtepunt waarmee die Woordfeesprogram afsluit. Distell sorg vir gratis drankies hierby.

7 Maart 20:15 ● Endler-saal ● 90min ● R90

 

MUSIEKFEES: KONTEMPORêR

 

Coenie de Villiers

Liedjieskrywer, klaviermaestro en sanger Coenie de Villiers skuif agter die klawers in vir ʼn uitvoering van bekende sowel as minder bekende liedjies uit sy repertoire wat oor bykans dertig jaar strek. Een van die nuwer liedjies in sy program is “Gebed van ʼn Reisiger”, wat sterk aanklank vind by mense wie se geliefdes oorsee woon. Ervaar een van Suid-Afrika se oorspronklikste kunstenaars saam met Stellenrust se heerlike wyne.

2 Maart 20:00 ● Stellenrust ● 70min ● R100

 

4×4

Met Jannie Moolman, Annake de Villiers (viool), Devereaux van der Hoven (klavier) en Mauritz Lotz (akoestiese kitaar)

ʼn Unieke akoestiese reis deur genres: van opera en lig klassiek tot Afrikaanse musiek - op ʼn unieke vars manier. Kom luister saam na geliefde opera-arias soos Nessun Dorma of O sole Mio en na instrumentale hoogtepunte soos die tango’s van Astor Piazzola en die hartroerende tema uit die film Schindler’s List. ʼn Emosionele, diep bevredigende sielstog met sanger en instrumentaliste. Met gratis wyn van Stellenrust.

3 Maart 20:00 ● Stellenrust ● 60min ● R100

 

KLT: Opkikker

Met Die Heuwels Fantasties, Jack Parow, Thieve en Tidal Waves

Suid-Afrikaanse gatskop-musiek op sy beste assie manne bymekaarkom vir ‘n show innie buitelig! Bespreek tog maar betyds om jou plek te verseker, want hier gaan groot dinge uitspring!

3 Maart 18:00 Klein Libertas Buiteverhoog ● 300min ● R60 ● R50 vir studente

 

Cutt Glas - 20 jaar van spesiale oomblikke

Aangebied deur Oude Libertas Amfiteater

Met Karen Meiring, Bondina Osterhoff, Shireen Hollier, Anna Davel, Jolette Odendaal, Karen Wessels, Rozelle Blackie en Mabet van Wyk

Suid-Afrika se immergewilde vroue a capella-groep is 20 jaar oud. Vir hierdie vertoning span die groep kragte saam met drie van hul langsdienende voormalige lede, t.w. Shireen Hollier, Anna Davel en Jolette Odendaal. 20 jaar van spesiale oomblikke is ‘n samevoeging van die groep se gehoorgunstelinge met die gebruiklike, spitsvondige nuwe kommentaar.

3 Maart 20:15  5 Maart 20:15 Oude Libertas Amfiteater ● 70min ● R110/120/130

 

Saam

Aangebied deur Oude Libertas Amfiteater

Met Amanda Strydom en Lize Beekman, Janine Neethling, Floors Oosthuizen en David Klassen

Twee van Suid-Afrika se bekendste liedjieskrywers en sangers span in hierdie vertoning saam vir ‘n unieke musiek-ervaring. Saam met die treffers is daar natuurlik ook stories te vertelle - soos net hulle kan.

4 Maart 20:15  6 Maart 20:15 Oude Libertas Amfiteater ● 70min ● R110/120/130

 

Dit is wat dit is

Met Herman van den Berg

In samewerking met Delvera-landgoed en Simonsberg Café

Dié buitelug kuierplek tussen die wingerde van Delvera is die ideale plek vir musiekliefhebbers om meegesleur te word deur hierdie voorste liedjieskrywer se nuutste album, saam met ʼn smullekker driegangmaal. Die pers noem dit ʼn ‘meesleurende meesterstuk (…) versamelstuk (…) briljante album’, ‘asemrowend mooi’, met ‘intelligente, treffende lirieke’. Voorafbespreking vir die ete  is noodsaaklik (skakel Candice by Simonsberg Café: 021-884 4353), maar kaartjies slegs vir die vertoning is ook beskikbaar by die deur.  

5 Maart 20:15 ● Delvera-landgoed ● 70min ● R180 (met driegang ete en gratis glas wyn) /R95 (met gratis glas wyn)

 

Theatergroep Flint

Hierdie musiekteater mag ʼn mens nie misloop nie! Die manne van Flint bring ʼn spetterende musikale show waarby verse van vooraanstaande Nederlandse en Afrikaanse digters akoesties begelei word. Gerrit Achterberg, Ingrid Jonker, Hugo Claus, Adam Small: jy het hul gedigte nog nooit op so  ʼn oorspronklike wyse gehoor nie.

6 Maart 15:00 Fismer-saal ● 60min R50

 

Die Kaap is Hollands

Met Jannie du Toit en Christa Steyn

Nederlandstalige kleinkuns beïnvloed die werk van Jannie en Christa al jare lank. Sedert Ilse van Hemert se De Kleine Man (1994) lewer hulle ʼn enorme bydrae om dié besondere tipe musiek in Suid-Afrika te ontsluit. Hierdie program is ʼn bloemlesing van klank- en taalgrepe uit ʼn dosyn Nederlandstalige kunstenaars se penne. Blaauwklippen bedien gratis wyn.

6 Maart 18:00 ● Fismer-saal ● 55min ● R80

 

Chris Chameleon en Jan Blohm

Skemerkonsert met piekniek

Twee van Suid-Afrika se witwarm talente span kragte saam om jou musiek-ervaring by 2010 se Woordfees onvergeetlik te maak. Pak jou piekniekmandjie, gryp ʼn kombers en skrop vroeg-vroeg nes voor die Klein Libertas se Buiteverhoog. Moenie jou geliefde vergeet nie, want ʼn spesiale geleentheid soos hierdie is bedoel om gedeel te word.

7 Maart 18:00 ● Klein Libertas Teater Buiteverhoog ● 120min ● R100

 

Mark Fransman - Strait ʼn Narro

Aangebied deur Oude Libertas Amfiteater

Featuring Mark Fransman - Standard Bank Young Artist for Jazz 2008, Lee Thomson, Buddy Wells, Wesley Rustin, Melanie Scholtz - Standard Bank Artist for Jazz 2010, Kevin Gibson and Gavin Minter. Music composed and arranged by Mark Fransman.

The group fuses the harmonic and compositional elements of South African music and jazz with the rhythmic structures of modern dance music.

7 Maart 18:30 Oude Libertas Amfiteater ● 90min ● R90/100/110 ● Piekniek R30 volwassenes; R20 kinders onder 12

 

Aan de Braak-fees

AAN DE BRAAK TEATER-KROEG

(Bespreek by Computicket of direk by Aan de Braak by 082 335 3105)

 

Prostitusie-revolusie!!

Met Lize-Meri Smallberger en Anèle du Plessis

Prostitusie-revolusie gee die gehoor ʼn kykie in die soms skreeusnaakse, maar tog ernstige gevolge wat die sokker-wêreldbeker in 2010 op Suid-Afrika se prostitusiebedryf kan hê. Lola en Margaret, twee baie uitgesproke prostitute, deel hul bekommernisse en kennis van die bedryf. Hul doel in kort: om op te voed!

1 Maart 18:00 ● Aan de Braak Teater-kroeg ● 60min ● R60

 

Vuvuzela

ʼn Fisieke teater-skouspel met Katja Hopkins en Lanél van der Kolff

Met die oog op buitelanders wat in SA aankom vir die sokker-wêreldbeker en nie noodwendig Afrikaans óf Engels verstaan nie, het Katja Hopkins en Lanél van der Kolff ʼn fisieke teater-skouspel vol beweging en liggaamstaal saamgestel wat toeganklik is vir almal.

2 Maart 18:00 ● Aan de Braak Teater-kroeg ● 60min ● R60

 

LAZUMA! 2010

Johan Falck en Marlo Minnaar sit nuwe skop in kabaret!

Pianis: Grethe van der Merwe

Welcome/Wamkelikele/Welkom: Waar ʼn nuwe kultuur elke sekonde ontpop!

3 Maart 18:00 ● Aan de Braak Teater-kroeg ● 60min ● R60 

 

Ons Sokkerrepubliek 2010

Met Riaan Visman, Jana Oosthuizen, Stephané Badenhorst en Etienne van Wyk

Fasiliteerder: Niël Rademan

‘n Spitsvondige kabaret wat die draak steek met die sokker-wêreldbeker in 2010. Kommentaar word gelewer op Suid-Afrika se kapasiteit om al die sokker-uitdagings te hanteer. Geen heilige koei word ontsien nie!

4 Maart 18:00 ● Aan de Braak Teater-kroeg ● 60min ● R60

 

Marika

Met Marika Reinke en Frieda van den Heever (begeleier)

Marika Reinke en Frieda kom bekoor en betower die gehoor met gunstelinge soos ‘Tolbos in die wind’ en ‘Summertime’, asook met haar eie komposisies.

5 Maart 18:00 ● Aan de Braak Teater-kroeg ● 60min ● R60

 

Vreet en sweet
Met Grethe van der Merwe en Maryke Nel; Teks en Regie: Christiaan Olwagen; Begeleier: Frieda van den Heever

2 koppies mens, 4 eetlepels hormone, 1 paartjie, ½ koppie frustrasie (bekombaar by enige supermark). Voeg oorvriendelikheid by na smaak. Sif eers die droë bestanddele saam en voeg die vloeistowwe stadig by. Meng die beslag goed, maar moet dit nie oormanipuleer nie. Bak vir 1 uur en laat staan. Bedien warm en sweet na die tyd uit. ‘n Beproefde resep wat elke keer anders smaak!

6 Maart 18:00 ● Aan de Braak Teater-kroeg ● 60min ● R60

 

 

Beyerskloof Musiekmarathon @ US Woordfees 2010

In samewerking met Beyerskloof

Vir die eerste keer by die Woordfees: van Suid-Afrika se mees gesogte kunstenaars in splinternuwe kombinasies en produksies! ‘n Marathon-reeks onvergeetlike aande van musiek, klank en woorde op die dek van Beyerskloof - een van Stellenbosch se gunsteling-wynplase. Met heerlike wyne, ‘n gesellige, intieme atmosfeer en ‘n asemrowende uitsig. Vir meer inligting, besoek www.beyerskloof.co.za of www.dpk.co.za.

 

Koos & Kennedy

Koos Kombuis en Hunter Kennedy: twee rewolusionêre Afrikaanse liedjieskrywers, meesters van eiesoortige musiek wat uitstaan, protesteer, bevraagteken en mense oor generasies heen aanspreek. Uit verskillende genres en eras, deel hulle hier vir die eerste keer ‘n verhoog in ‘n intieme atmosfeer.

3 Maart 19:00 ● Beyerskloof ● 90min ● R120

 

Klankdig

Met Danie Marais, The Orange Stilletos, Ronelda S Kamfer, Andries Bezuidenhout, Die Kaalkop Waarheid, Hanru Niemand, The Black Cat Bones en Jack Parow

‘n Opwindende mengelmoes van digkuns en akoestiese rock-musiek, voorgedra en opgevoer deur van die land se mees befaamde kunstenaars asook interessante nuwelinge. Klankdig, wat “beat-poetry” eggo, trou woordkuns en musiek op ‘n kontemporêre wyse. In samewerking met Beyerskloof beloof hierdie Trouvrou - en DPK produksie om ‘n heerlike versnit op te lewer. Daar’s ook lekkernye en wyn!

4 Maart 19:00 ● Beyerskloof ● 90min ● R120

 

Zinkplaat & Tidal Waves

Dié twee uiteenlopende musiekgroepe het baie meer gemeen as wat mens met die eerste oog- of ooropslag sal dink. Hulle paaie het al ‘n paar keer gekruis. Na die gesamentlike optrede tydens Die Ubuntoer in 2008 was ‘n reggae-, blues- en rock-byeenkoms onvermydelik. Nou word die plan eindelik uitgevoer wanneer die Gautengse reggae-meesters en Stellenbosch se gunsteling-Afrikaanse rockers hul unieke klanke byeenbring.

5 Maart 19:00 ● Beyerskloof ● 90min ● R120

 

Blues & Susters

Met Anna Davel, Ollie Viljoen, Schalk Joubert, Lou-Ann Stone en Kevin Gibson.

Hierdie vertoning wil jazz en blues van volksvreemd na volkseie verander deur dit op ‘n splinternuwe manier bekend te stel. Die ongelooflike eenheid tussen musikante en instrumente maak hierdie produksie onvergeetlik.

6 Maart 19:00 ● Beyerskloof ● 60min ● R120

 

KUNSFEES

 

Feeskunstenaar: Andries Botha

Die Woordfees is bevoorreg om nogmaals ‘n besondere feeskunstenaar van wêreldstatuur te verwelkom. Andries Botha het wye internasionale bekendheid verwerf met o.a. sy olifantprojek en natuurbewustheid. Twee klein olifantjies het spesiaal suidwaarts getrek vir die fees - kom bekyk hulle gerus by die Sasol Kunsmuseum!

Sasol Kunsmuseum: Opening 1 Maart 18:30 vir 19:00. Uitstalling: 1 Maart tot 9 April

 

Oor die einders van die bladsy

Moontlik gemaak deur Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus), National Arts Council, Navorsingseenheid: Tale en literatuur in die Suid-Afrikaanse konteks (NWU), ATKV.

1. Uitstalling:

In die groepsuitstalling Oor die einders van die bladsy speel ‘n wye verskeidenheid bekende kunstenaars uit verskillende dissiplines met die konsep ‘boek’, soos Strijdom van der Merwe, Diane Victor, Jan van der Merwe, Danie Marais, Fanie Viljoen, Piet Grobler, Leon de Villiers, Stephan Erasmus, Leora Farber, David Paton, Angus Taylor, Ian Marley, Heilna du Plooy, Franci Greyling, Richardt Strydom, Kabous en Hannes Meiring. Kom en verken gerus jou eie grense!

1-6 Maart 14:00 ● Africana-kamer van die Gericke-biblioteek ● Gratis

 

2. Oor die einders van die bladsy - kunstenaars in gesprek
In aansluiting by die uitstalling tree vyf kunstenaars in gesprek oor die projek, die kunswerke en hoe elkeen van hulle die uitdaging aangepak het. Kom luister na projekleiers Franci Greyling en Ian Marley, en skrywers en kunstenaars Danie Marais, Strijdom van der Merwe en Kabous Meiring.

4 Maart 14:00 ● J.S. Gericke Biblioteek: Ouditorium ● 60min ● R40

 

3. Kreatiewe navorsingsprojekte: hoe is dit moontlik?

Ian Marley en Franci Greyling, leiers van die Einders-projek, gesels oor die uitdagings en moontlikhede van praktykgebaseerde navorsing. Aspekte soos kreatiewe groepsdinamika, projekstrukture, projekbeplanning word bespreek en praktiese wenke word gedeel.

4 Maart 15:00 ● J.S. Gericke Biblioteek: Ouditorium ● 90min ● Gratis

 

Rondleiding: Andries Botha

Met Amanda Botha

Soos gebruiklik ontsluit feeskurator Amanda Botha die wêreldbekende feeskunstenaar Andries Botha se beelde en skilderye met interessante besonderhede wat die belewenis, genot en agting vir die kunstenaar vergroot.

3 Maart 17:00, 6 Maart 15:00● Sasol Kunsmuseum ● 60min ● R20 (by die deur)

 

Feeskunstenaar: Andries Botha in gesprek

Visuele kuns: Andries Botha oor eie werk en sy internasionale ekologiese kunsprojekte in gesprek met Amanda Botha, asook Ernst van der Wal en Annemie Conradie van US se Departement Visuele Kunste.

6 Maart 10:00 ● Sasol Kunsmuseum ● 60min ● R30

 

Asem van ekstase - Suid-Afrikaanse meesterwerke

Met Amanda  Botha

Dié spesiale rondleiding bring feesgangers opnuut onder die indruk van Suid-Afrikaanse meesterwerke. Nêrens anders as by die Rupert Kunsmuseum word so ʼn omvattende, verteenwoordigende beeld verkry van die beste 20ste eeuse werke nie. Amanda se anekdotes en staaltjies oor kunstenaars en hulle werke het al legendariese status verwerf - bespreek dus betyds! ‘n Beperkte aantal plekke.

4 Maart 13:00 ● Rupert Kunsmuseum ● 60min ● R40

 

ʼn Eie kunsversameling?

Met Johans Bornman, handelaar in Suid-Afrikaanse meesterwerke; Elana Brundyn, handelaar in kontemporêre Suid-Afrikaanse kuns; Stefan Hundt, kurator van die Sanlam Kunsversameling, en Baylon Sandri, ʼn handelaar wat Suid-Afrikaanse kunswerke voortdurend op die voorgrond plaas, in gesprek met Amanda Botha

Voorste kunshandelaars en -kenners kom gee wenke oor hoe jy ʼn eie versameling opbou. Wat koop jy as jy vir die plesier versamel, en óók - hoe speel jy die mark? Maak ‘n eie kunsversameling ekonomies sin?

6 Maart 12:00 Ou Hoofgebou: JC de Wetsaal ● 90min ● R40

 

Strijdom van der Merwe gaan groen

Die Eersterivier, een van ons land se skoonste en vinnigste vloeiende riviere, toon reeds tekens dat dit nie die menslike impak van klimaatsverandering en afvalbesoedeling vryspring nie. Dit is ons almal se plig om te verseker dat ons hierdie natuurlike lewensaar tot ons eie voordeel sal bewaar.

ʼn Kunswerk ter bewusmaking van die Eersterivier

 

Allooi: Tweegesprek tussen beeldkuns en woordkuns

Samestellers: Ben Botma en Bernard Odendaal, vir die Eeufeessimposium van die S.A. Akademie

Van die mees gerekende Suid-Afrikaanse visuele en woordkunstenaars is genooi om, individueel of in pare, twee nuwe kunswerke te lewer waarin beeld en woord geïntegreer word. Die enigste riglyn was dat elemente van sowel die visuele as woordkuns in elk moes voorkom. Alle kunswerke is te koop.

1-6 Maart 08:30 tot 17:00 Stellenbosch Kunsgalery ● Gratis

 

Pieter-Dirk Uys- uitstalling

Vanjaar se Woordfees bied aan Mevrou Evita Bezuidenhout se nuwe kookboek Evita se Kossie Sikelela, Evita op die verhoog met ‘n Koeksister vir Zuma, Evita hier en Evita daar - en dan ook Evita soos geskilder deur Rembrandt. En Van Gogh. En Andy Warhol. En ons eie Vladimir Tretch en Maggie Laubser! ‘n Darling Uitstalling

met smaak, humor en groot talent. Net by die Woordfees.

1-7 Maart ● Sasol Kunsmuseum

 

Kunsroete en verkoopsuitstallings, met Theo Kleynhans as kurator

Na verlede jaar se hoogs suksesvolle kunsroete bou ons voort op hierdie wenresep! Volg die spesiale kunsroete van die PJ Olivier Kunssentrum tot by die US Kunsgalery heeldag lank en kom kyk watter groot verskeidenheid kunswerke te koop is teen ‘n spesiale fees-afslag. Die Woordfees is die ideale plek om met uitstekende, bekostigbare werk jou eie kosbare versameling te begin of verder uit te bou. Hier sal jy baie spesiale werk vind wat nêrens anders uitgestal word en te koop aangetref word nie.

 

Rondleidings deur Theo Kleynhans: Kunsroete

Moenie die boeiende rondleidings deur Theo Kleynhans mis waarin die beste kopies uitgewys word nie. Hierdie winskopies is op die duur vir jou goud werd!

1-5 Maart 18:00● PJ Olivier Kunssentrum ● 90min ● R50

 

Baljaar-balle!

Met Theo Paul Vorster, Susqya Williams, Chris Koch, Jean de Wet, Seth Harper, Hugo de Villiers, J.P. van Jaarsveld, Marike Kleynscheldt, Wendy Gaybba, Janna Prinsloo en Riaan Vosloo

Elf kunstenaars baljaar oor 111 sirkelvormige panele in hierdie baldadige, uitspattige uitstalling. Kom kyk gerus hoe kunstenaars komposisies maak binne ʼn sirkel - tradisioneel gesien as die moeilikste vorm om visueel te balanseer.

1-6 Maart ● PJ Olivier Kunssentrum

 

Dagboek

Met Lynie Olivier, Wendy Malan, Christo Basson, Chris Diedericks, Jan du Toit, Hanneke Benadé, Lien Botha, Judy Woodbourne, Paul Birchall, Lionel Smit, Marlise Keith en Leoni Uys

Van S.A. se voorste visuele kunstenaars raak kreatief rondom die konsep dagboekinskrywings.

1-6 Maart ● PJ Olivier Kunssentrum

 

Kladboek

Met Susqya Williams, Sandra Hanekom, Chris Diedericks, Alta Botha, Zhané Warren, Hermie Voulgarellis, Elizabeth Gunther, Judy Woodbourne, Paul Birchall, Danie Janse van Vuuren en Andre Laubscher

Die fenomeen van kunstenaarsboeke is relatief onbekend in Suid-Afrika, maar is uiters gesog in die buiteland. Die kunstenaars kom wys boeke wat unieke beelde bevat, maar waar die teks opsioneel is.

1-6 Maart ● PJ Olivier Kunssentrum

 

Kwetter

Met Dianne Heesom Green, Martin Haines, Hennie Meyer en Lisa Ringwood

Kwetter is ʼn keramiekuitstalling met vier van ons voorste pottebakkers. Kwetter verwys nie net na die gekwetter van voëls as tema nie, maar ook na die manier waarop werke met mekaar in gesprek tree in hierdie eietydse Twitter tussen die kunstenaars! Hennie Meyer se werke pas in onder die subtema Bird/Voël; Martin Haines vertoon van sy Delft-geïnspireerde borde; Dianne Heesom Green wys abstrakte swart vorms wat aan neste herinner en Lisa Ringwood bring haar eiesoortige bakkies met fyn handgeskilderde detail.

1-6 Maart ● PJ Olivier Kunssentrum

 

Molo mimi

Onder leiding van Lisa Nettleton borduur ʼn groep mense van die Oos-Kaap met naaimasjiene en maak kunswerke van lap. Vrystik, laslap, appliek en herwonne materiale maak van elke werk ʼn unieke kykervaring.

1-6 Maart ● PJ Olivier Kunssentrum

 

Onse mense

Ondersteun deur Sanlam

Marie Stander, wat reeds die afgelope 10 jaar in Jamestown buite Stellenbosch woon, vertoon veral drukke wat in Onse mense gepubliseer is saam met digkuns wat spesifiek vir die werke geskep is. As ʼn portret- en figuratiewe kunstenaar beeld Marie ons mense van die dorpie uit in ʼn empatiese dog tipiese warts and all-tradisie.

4 Maart 19:00 PJ Olivier Kunssentrum ● 60min Gratis

Uitstalling 1-6 Maart ● PJ Olivier Kunssentrum

 

Op die toneel

Met Brahm van Zyl, Madelein Marincowitz, Susan Kruger Grundlingh en Niel Jonker

Dana Snyman se nostalgie, heimwee en aweregse blik op Suid-Afrika is opgeteken in verskeie boeke en tydskrifte. Vier kunstenaars, almal geïnspireer deur herinnerings en die onmiddellike geskiedenis, het Snyman se nuwe boek, Op die toneel, gebruik as wegspringpunt vir hierdie uitstalling.

1-6 Maart ● PJ Olivier Kunssentrum

 

baster

Met Cobus van Bosch

‘Die nou bykans vergete era van die Orlams, Griekwas, Bergenaars, Fransmans, Witboois, die Afrikaners en ander pioniersgroepe van gemengde rasse- en kulturele herkoms, herleef in hierdie reeks beelde van die 19de eeuse wilde weste van Suider-Afrika.’

1-6 Maart ● PJ Olivier Kunssentrum

 

Boekmerk

Saamgestel deur Nelis Koegelenberg

ʼn Fassinerende uitstalling van boekmerke deur die leerders van die PJ Olivier Kunssentrum.

1-6 Maart ● PJ Olivier Kunssentrum

 

The Official Art Poster Edition 2010 FIFA World Cup South AfricaTM

Aangebied deur iART

iArt Gallery is delighted to be collaborating with David Krut Publishing in illuminating the point at which sport, art and culture intersect: The Official Art Poster Edition 2010 FIFA World Cup South AfricaTM is an Officially Licensed Product of the 2010 FIFA World Cup South AfricaTM.

1-6 Maart ● US Kunsgalery

 

Paul Emsley

Aangebied deur iART

‘All that I can experience of the universe with any degree of certainty is matter - for me it is the visible and tangible end of space’ - Paul Emsley. For this artist, all forms are made up of different configurations and densities over which light and shade pass in the same way. Emphasis on a brooding or settled half-light and extraordinary mastery of the medium lends his work a profound sense of mystery.

1-6 Maart ● US Kunsgalery

 

Lees tussen die lyne / Read between the lines

Aangebied deur iART

This curated group exhibition focuses on the incorporation and exploration of the written word as subject matter. Nuances of narrative and the influence of literature on visual art forms are the points from which a story of the viewer’s own is able to grow.

1-6 Maart ● US Kunsgalery

 

KOOWEE KINDERFEES

 

Lofkleuter 2 - Nog Bybelstories en -liedjies

Met Jan de Wet

Aangebied deur Lux Verbi

Kom kuier saam met jou kleuter en luister na dié legendariese sanger.  Elke Bybelverhaal word belig deur ‘n liedjie op die CD. Die kleuter word aan dié verhale bekend gestel deur die liedjies en illustrasies, óf deur die ouer wat die stories voorlees. ‘n Unieke konsep in Afrikaans!

6 Maart 09:00 Oude Libertas Amfiteater 50min R30

 

Lollos

Met Alta Joubert en Minki Burger

Lollos woon op die planeet Lala-land en hy is mal oor lag en speel en dans. Hy laat kinders aktief dans en sing. Voor elke liedjie word die bewegings eers aan die kleinspan geleer en so word hulle sommer vinnig lekker fiks saam met Lollos.

6 Maart 10:00 ● Oude Libertas Amfiteater ● 40min ● R30

 

Oompie Jandonnerdagvangorrelberg van Staden vertel …

Met André-Jacques van der Merwe

Dié akteur en stemkunstenaar trakteer die hele familie op die kuns van stories voorlees: die woord is die deur tot die verbeelding en die leserstem die sleutel tot ‘n magiese wêreld. Hierdie voorlesing van Hans Christian Anderson en die Grimm-broers se immergewilde sprokies sal oud en jonk laat ril en gril en skater!

6 Maart 11:00 ● Oude Libertas Amfiteater ● 40min ● R30

 

So ʼn bek moet jêm kry

Met Stephanie Badenhorst en Marvin Lee Beukes; vervaardig deur Klein Libertas Produksies

Wat lê lekkerder op die tong as ʼn Afrikaanse idioom? Vyf stories, 50 minute, 50 idiome! Ons vertel die stories agter die idiome - die ware jakob - of bak ons soms dalk heerlik kluitjies? ‘n Idioom per dag laat almal lag!

6 Maart 12:30 Oude Libertas Amfiteater 45min R30

 

Woord Wipper en die boekeboef

Met Stephanie Hough en Lize-Marie Smalberger;

Geskryf deur Gaerin Hauptfleisch, aangebied deur Stercus Produksies

Moontlik gemaak deur die Woordfees se WOW-projek

Woord Wipper moet tot die redding kom as al die boeke uit die biblioteek verdwyn. Saam met vriendin Elsa vind hy gou-gou uit dat Bibliofilia Heks en haar helper Jasper agter die petalje sit. Opwindende poppekasteater wat al die kykertjies gaande sal maak oor lees en boeke!

6 Maart 10:40  6 Maart 12:00 Oude Libertas Amfiteater ● 20min Gratis

 

STUDENTEFEES

 

‘n Visie vir Suid-Afrika: Verwagtings, waardes en aspirasies van jong volwasse leiers

Gefasiliteer deur die Leierskapnetwerk en aangebied in medewerking met die FAK

‘n Inter-generasiegesprek tussen ervare en nuwe leiers op die terreine van die politiek, burgerlike samelewing, die openbare, gemeenskaps- en arbeidsektor.

 

Oggendsessie: Roland Henwood, Christo van der Rheede en prof. Nico Koopman

27 Februarie 09:00 ● Die Blou Kamer, Neelsie ● 180min R50

 

Middagsessie: Rudi Buys en Tony Ehrenreich

27 Februarie 14:00 ● Die Blou Kamer, Neelsie ● 120min R50

Die hele dag met middagete ingesluit: R120

 

Neelsie Geraas Innie Gat, aangebied deur MFM 92.6

Met Die Heuwels Fantasties: Pierre Greeff, Hunter Kennedy en Johnny de Ridder

Aangebied deur Neelsie Studentesentrum & MFM 92.6

Met ʼn tradisionele rock-basis gelaai met elektroniese ritmes, ry hierdie baie gewilde en bekende groep op die nuwe golf van die alternatiewe jeugkultuur. Elke man wil deel van die band wees en elke meisie wil Leja wees. Sien julle daar!

4 Maart 18:00 Neelsie ● 240min Gratis

 

ATKV Universiteite-debatkompetisie

Moontlik gemaak deur die ATKV, Steinhoff, US Studenteraad en Studentesake

Die land se topsprekers van Matieland, Tukkies, UJ, Kovsies en Pukke tree in debat met mekaar oor ʼn verskeidenheid aktuele en sosiale kwessies, in lyn met die Britse Parlementêre styl van redevoering. Kom ondersteun jou gunstelinge in ‘n kragmeting van wêreldklas!

Uitdunne: 5 Maart 08:00 - 17:00 ● Neelsie flieks & SR Raadsaal ● Gratis

Semi-finale: 6 Maart 08:00 - 14:00 ● Neelsie flieks & SR Raadsaal ● Gratis

Finaal: 7 Maart 17:00 - 20:00 ● Oude Libertas ● Gratis

 

Debatfees

Kom klim op jou seepboks en deel jou opinie oor ʼn wye verskeidenheid onderwerpe op hierdie dag van aaneenlopende kritiese gesprek- en redevoering. Woordsport op sy beste! Gefasiliteer deur kenners en gerespekteerde sprekers in hul onderskeie velde, in samewerking met die US Debatvereniging (USDV) en die Studenteraad.

5 Maart 08:00 - 17:00 ● Rooiplein ● Gratis

 

SR-FEES

Studenteraad - Kontak 0844018975 vir meer besonderhede of besprekings

 

Ketelprys

Die gesogte jaarlikse Ketelprys-kompetisie word weer vanjaar aangebied in Brazen Head in Andringastraat - hierdie jaar groter en beter as ooit tevore! ʼn Battle van wêreldbeker-formaat tussen Stellenbosch se beste studente-bands en kunstenaars! En ʼn geliefde gaskunstenaar kom wys ook gesig …

26 Februarie 18:00 Brazen Head ● 120min R40 per inskrywing per band, Toeskouers gratis.

 

SR Kultuuraand

Maties se beste kultuuritems (van al die koshuise en wyke) - een aand, een plek! ʼn Aand van diverse items en ʼn kultuuritem deur die Studenteraad self! Die beste manier om Stellenbosch se kultuuraktiwiteite van 2010 en hierdie jaar se Woordfees af te skop!

28 Februarie 21:00 Neelsie Vroueverenigingsaal ● 120min Gratis

 

30 Seconds!

Hierdie immergewilde speletjie word op groot skaal tussen ongeveer 20 spanne gespeel in die Neelsie. Dis groot sports wanneer ‘vreemdelinge’ teen mekaar moet speel - en boonop snaaks moet aantrek ook!

2 Maart 17:30 Neelsie Gat ● 120min Gratis

 

Hacky Sack

Verskillende koshuise/ PSO-spanne neem deel aan hierdie gewilde sport(s) op die Rooiplein gedurende middagete. Toeskouers welkom - daar is ook heerlike pryse op die spel vir die wenners!

2 Maart 12:00 Neelsie Rooiplein ● 120min Gratis

 

Maties Drum Café

Na die enorme gewildheid van vorige jaar bied ons weer hierdie besonderse ervaring vir elke deelnemer, waar jy  leer hoe om die unieke ritme van die Afrika-tromme te bemeester. Kom beleef hierdie opwindende kultuurgeleentheid in samesyn met honderde Maties!

3 Maart 18:30 Eendrag Manskoshuis binnehof ● 60min R30 (by die deur)

 

Mensverf

Sowat 25 koshuis-, PSO- en Verenigingspanne neem deel aan hierdie kreatiewe verfkompetisie gedurende middagete. Drie spanlede verf die vierde spanlid volgens ʼn tema, en die kreatiefste ‘skeppings’ wen pryse!

3 Maart 12:00 Neelsie Rooiplein ● 120min Gratis

 

WOORDE OPEN WêRELDE (WOW)-PROJEK

 

(Ondersteun deur die ATKV, Provincie Antwerpen, Dagbreek- en Hiemstra-Trust)

 

Die WOW-projek, die US Woordfees se bemagtigingsprojek, bestaan sedert 2003 en het in 2009 meer as 16,800 leerders bereik. Dit open skoliere se oë vir ruimer moontlikhede in ‘n groter wêreld, gee hoop en bemagtig hulle deur blootstelling aan kreatiewe programme gerig op die bevordering van lees, letterkunde en die kunste, want lees lê die grondslag vir alle skoolvakke. Inligting oor tersiêre studie help leerders se potensiaal ontsluit, ondersteun deur ruim WOW-studiebeurse van die US. Vir meer inligting of deelname: bel Fiona van Kerwel (021-808 3472) of Shireen Crotz (021-808 9106).

 

WOW-Dag: Drama-onderwysers

Met bekroonde dramaturge, akteurs en regisseurs Hennie van Greunen, Daleen Kruger, Juanita Swanepoel en Denise Newman.

In samewerking met Dirk & Reinet Nagtegaal en Distell

Vir die eerste keer by die Woordfees! Die WOW-projek bied ʼn werkswinkel aan waar drama-onderwysers se talente en tegnieke geslyp word in die skryf van nuwe tekste, die verwerking van tekste tot drama-produksies, in regie en spelleiding vir akteurs.

27 Februarie 09:00 - 16:00 ● Stellenbosch Lodge ● R150

 

WOW-Skoledebatfees

Ondersteun deur LAPA, ATKV en NB-Uitgewers

Nog ʼn eerste vir die WOW-projek! ‘n Yslike debatfees, met leerders van 32 verskillende skole, skop reeds af op Vrydag 5 Maart met intensiewe opleidingsessies. Na die uitdunne op 6 Maart is die hoogtepunt die finale met 7de laan se Oubaas en Hilda  (Pierre van Pletzen en Annelisa Weiland) van 7de laan as duiwelsadvokate. Die ATKV studentedebat vorm ook deel van hierdie program.

Opleidingsessies: 5 Maart 11:00 - 18:00 ● Bloemhof Hoër Meisieskool ● toeskouers gratis

Uitdunne: 6 Maart 09:00 ● Bloemhof Hoër Meisieskool ● toeskouers gratis

Finaal: 6 Maart 17:00 - 19:00 ● Bloemhof Hoër Meisieskool ● toeskouers gratis

R100 per leerder

 

WOW-dag vir Graad 12-leerders

Ondersteun deur Shoprite/Checkers

Na ‘n sessie oor die US onder leiding van Beverley Fanella en haar studentespan bied skrywers Nanette van Rooyen, Zulpha Otto-Salies, Jan van Tonder en EKM Dido werkswinkels aan oor kreatiewe skryf. Leerders luister na motiveringspraatjies deur Ivor Price van Media24; Elize Fortuin van die ATKV; Rashid Begg, Sosiologie-dosent aan die US, en Natasha Möller, personeelbestuurder van Distell. Daar is ʼn musiekuitvoering deur die US Jazz-orkes en Felicia Lesch, asook toneelopvoerings deur WOW-dramakompetisiewenners in Paul Roos Gimnasium. Die bekende digter, dr. Mathews Phosa, praat hier met die leerders, hulle gaan op kampustoere en na die Mardi Gras op die Braak. En raai wie kom vanjaar van 7de Laan saam met ander sterre? Is dit dan nie oom Oubaas en Hilda nie?

6 Maart 08:00 - 14:00 ● Wilcocks-gebou: Lokaal 201 en 323, Opvoedkunde: Lokaal 1028 en 3001

 

WOW-Dag: Onderwysers

Henry Jeffreys van Die Burger gesels met Mathews Phosa, Peter Snyders en Lina Spies oor hul voorgeskrewe gedigte vir Graad 12. Onderwysers kan vrae kom stel. Jerome Slamat, Senior Direkteur US Gemeenskapsinteraksie, bespreek die onderwyser as passievolle praktisyn. Dan volg ʼn ligte ete, met prof. Hennie Kotzé, dekaan van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe, as gasheer. Onderwysers sluit hierna by leerders aan by Paul Roos Gimnasium.

6 Maart 10:00 ● Neelsie: Vroueverenigingsaal ● 120 min ● Gratis. Ligte versnaperinge word bedien.

 

WOW-Skoolkoerantprojek

In samewerking met die US Departement Joernalistiek

‘n Voldagprogram met werksessies vir ongeveer 70 leerders en hul onderwysers oor verskillende aspekte van die joernalistiek en hoe om ‘n skoolkoerant interessant en prakties aan te pak. Oor die middaguur verken leerders die feesterrein, voer kort onderhoude met van die feesgangers en kunstenaars, en stel dan hul eie feesblad saam.

6 Maart 09:00 - 15:00 ● Neelsie: Sanlamsaal ● Gratis

 

WOW-Dag: Visuele Kuns-leerders

In samewerking met die departement Visuele Kuns

Die WOW-projek bied vir die heel eerste keer ʼn werkswinkel in juweliersontwerp aan, spesiaal vir Graad 12-leerders van die WKOD-fokusskole. Hierdie leerders maak hul eie koper-juwele onder leiding van die bekwame Verna Jooste en haar span, en ontvang ook inligting en leiding oor verdere studie in dié departement.

6 Maart 10:00 - 13:00 ● Dept. Visuele Kuns ● Gratis

 

Spesiaal vir die juniors!

 

Woelige werkswinkels

(In samewerking met die US Departement Drama)

Na die sukses van ons eerste Woelige Werkswinkel kom sowat 50 leerders van omliggende laerskole weer na dié werkswinkels vol verrassings! In een werkswinkel leer jongmense gedigte skryf; en in die ander leer hulle hoe om woordkuns voor te dra en hoe om te komponeer. Kom oefen jou talente en kry wenke. Wie weet, dalk is jy nog die volgende David Kramer!

6 Maart 10:00 - 13:00 ● US Drama-departement ● Gratis, maar besprekings vooraf noodsaaklik

 

WOW-Sokkertoernooi

(Ten bate van ons gemeenskap)

In samewerking met Stars in their eyes bied ons ʼn ses-ʼn-kant sokkertoernooi aan vir die omliggende laerskole en sokkerklubs. Supersport kom loer in met hul Let’s Play-kameras en gee aan elke deelnemer ʼn bal. Wenners ontvang ʼn wisseltrofee en pryse van Banjana-sokkerster Desiree Ellis en sokkersterre van Santos en Ajax.

6 Maart ● 10.00 - 13h00 ● Van Der Stel Sportveld ● 180min ● Gratis

 

Spesiaal vir ons gemeenskap!

 

Langarm Snack Dans

(Ten bate van ons gemeenskap)

Oud en jonk kan maar weer hulle dansskoene uithaal en by die Woordfees kom afstof. Kom vier die langarm-tradisie saam met ons. Musiek deur die Naturals.

26 Februarie ● 19:30 ● A.F. Louw  Skoolsaal● 240min ● R50 (ligte verversings ingesluit)

 

Die US Woordfees beveel die volgende gastehuise op Stellenbosch aan vir besoekers en feeskunstenaars:

 

Paradyskloof Guesthouse, 021-880 2538; kabouterbos@wam.co.za

Yellow Lodge, 021-887 9600; yellodge@alternet.co.za

Stellenbosch Hotel, 021-887 3644; reservations@stellenboschhotel.co.za

Rivierbos Guest House, 021-887 2412; info@rivierbos.co.za

Coopmanhuijs Boutique Hotel & Spa, 021-689 4020

Wild Mushroom, 021-881 3586; info@wildmushroom.co.za

Eves Place B&B, 021-880 1078, evesplacebnb@hotmail.com

Rosenview, 021-855 3613; info@rosenview.com

Aan Dorpstraat, 021-886 4331; AanDorpstraat@papegaai.co.za

Knorhoek, 021-886 4331; guesthouse@knorhoek.co.za

Just Joey Gastehuis, 021-887 1799; daantjiee@telkomsa.net

Cultivar Gastehuis, 082 876 0769; izakstrauss@gmail.com

Eendracht Boutique Hotel, 021-883 8843; info@eendracht-hotel.com

Protea Hotel Dorpshuis, 021-883 9881; reservations@dorpshuis.co.za

Protea Hotel Techno Park, 021-880 9500; info@phstellenbosch.com

Oak Village B&B, 021-887 7889; oakvillage@volkskombuis.co.za

Stellenbosch Lodge: 021-888 0100; reservations@stblodge.co.za

 

Hartlike dank aan ons donateurs & vennote:

Hoofdonateurs

Universiteit Stellenbosch

Die Burger (Media24)

Sanlam (Dramafees & Kabaret)

ATKV

Nasionale Lotery

Senior donateurs

US Fakulteit Lettere

Naspers

Provincie Antwerpen

Het Jan Marais Nationale Fonds

Nederlandse Taalunie

Kaapse Forum vir Neerlandistiek

Dagbreek Trust

LW Hiemstra Trust

NB-Uitgewers

Distell

Vlaams SA Kultuurstigting

Van Ewijck-Stigting

Rupert-Musiekstigting

Protea Boekhuis

Donateurs

Dirk Hertzog

LAPA Uitgewers

Fonds Neerlandistiek SA

Munisipaliteit Stellenbosch

Produksievennote

Afrikaanse skrywersvereniging

Aan de Braak Teater

ABSA KKNK

Breytenbach Sentrum

SA Akademie: Wetenskap en Kuns

Joho! Produksies

Klein Libertas Teater

Dokumentesentrum: US Bib

LAPA Uitgewers

Lux Verbi

Neelsie Studentesentrum

ProQuest

Dagbreek Trust

SA sentrum: Nederland & Vlaandere

iArt

Aardklop

National Arts Council

US Navorsingsvereniging

Stellenbosch Museum

Stellenbosch Stigting

Woordpoort

SuperSport

Protea Boekwinkel, Stellenbosch

Umuzi

US Bemarking en Kommunikasie

Oude Libertas Amfiteater

LitNet

Let’s Play

Venueborge

Stellenbosch Lodge

kykNET

Oude Libertas

Stellenrust

Universiteit Stellenbosch

De Vette Mossel Restaurant

Koowee

Stellenbosch Lodge

Produkborge

Checkers

Die Burger

Sanlam

Wimpy

Creative Gear

Elite Marquees

AnyTime - AnyWhere: Aircon

Drankborge

Alto Wine

Amarula

Bain’s Cape Mountain Whisky

Beyerskloof

Blaauwklippen

Black Bottle Scotch Whisky

Delheim

Drostdy-Hof

Kaapzicht

Mooiplaas

Muratie

Overgauw

Stellenrust

Three Ships

Mediavennote

Die Burger

Die Matie

Son

Distrikpos

Eikestadnuus

FMR

Kampusnuus

LitNet

Media 24

MFM

Radio Helderberg

RSG

Sarie

SiConsulting

Koördineerders

Sanlam Dramafees: Saartjie Botha

Kuns: Amanda Botha

Kunsroete: Theo Kleynhans

Klassieke & Ligte Musiek: Leonore

Bredekamp

Beyerskloof Musiek-marathon:

Bertie Coetzee

Sanlam nagKat: Niël Rademan

Diskoers: Cornelia Faasen

Mardi Grass: Eric Arnolds

Nederlandse program: Natasja

Schellaars

Tegnies: Pieter-Jan Kapp

ATKV Skoledebatkompetisie:

Marietha Nell

ATKV Studentedebatkompetisie:

Wynand Spruyt

Program & Plakkaatuitleg: Christa van Zyl

Plakkaat-illustrasie: Piet Grobler

(Bespreek by Computicket of direk by Aan de Braak by 082 335 3105)

3 Maart 18:00 Erfurthuis ● 60min ● Gratis, RSVP 021-406 3477

Bookmark and Share

2 Kommentare op “US Woordfeesprogram 2010”

  1. [...] volledige program kan hier bekyk word. Ook het ek skakels by bepaalde items na toepaslike inhoud op die webblad [...]

  2. [...] tussen Ben Botma as kunstenaar en Bernard Odendaal as digter, wat tydens volgende week se Woordfees by die Stellenbosch Kunsgallery bekyk sal kan word, en dan meer spesifiek Bernard Odendaal se [...]