Lyste en bibliografieë
Bibliografie van Afrikaanse digbundels wat sedert 1882 verskyn het. Met dank aan NALN wat behulpsaam was met die saamstel van hierdie omvattende bibliografie. Let wel: Waar inskrywings herhaal word, dui dit op ‘n tweede oplaag van die betrokke titel. Hierdie bibliografie is na die beste van ons wete volledig tot en met die einde van 2012.
Indeks van Afrikaanse Poësie-publikasies: 2000 – 2009
In die pasafgelope dekade het daar 190 poësie-publikasies verskyn, waaronder 142 digbundels deur 95 digters.
Die volledige indeks, asook oorskouende tabelle, kan hier bestudeer word.
*
Klassieke Afrikaanse tekste beskikbaar by DBNL
Die Digitale Bibliotheek van de Nederlandse Letteren het onlangs begin met die digitalisering van hul brontekste. ‘n Groot aantal klassieke tekste oor Afrikaans en die Suid-Afrikaanse geskiedenis is pas gelaai en gratis beskikbaar gestel op die internet.
Gaan kyk na die volledige indeks wat hier beskikbaar is.
*
Die beeldgedig in Afrikaans.
Hierdie lys ondersteun die feit dat die wisselwerking tussen gedig & visuele kunswerk verre van ‘n aberrasie in werklikheid in Afrikaans ‘n goed gevestigde tradisie is. Die indeks is hier beskikbaar.
*
- Debute in die Afrikaanse poësie, 1944 – 2002. Hierdie nuttige lys van debuutwerke in die Afrikaanse poësie is geneem uit E. Adendorff se MA-verhandeling Digdebute teen die millenniumwending: ’n Polisistemiese ondersoek; Universiteit van Stellenbosch, 2003. Die indeks is hier beskikbaar. Die lys sal mettertyd aangevul word deur die Redaksie van Versindaba.
*











