Carina Stander. liefdesverse na aan my hart
Vandag kry ek ‘n Facebook boodskap van Margot Luyt: “Luister vanaand 22:00 na Vers & Klank op RSG.” Een van my liefdesverse word glo vanaand op die program voorgelees saam met ‘n klompie ander digters s’n. En ek hoop dat iemand (’n trokdrywer in die duister verveling van die Moordenaarskaroo/ ‘n ma wat name tags aanwerk/ ‘n student met laatnagkoffie in die hand/ ‘n boer van die Langkloof wat slapeloos rondlê oor die droogte) dat iemand vanaand na die liefdesverse sal luister en dat iets iewers sal vonk.
Watter liefdesgedigte laat my vlam? Hordes, honderde. Yeruda Amichai. Rilke. Pieterse se Bloubaard-verse. Marlise Joubert se Sleursange. Ek’s nou veels te lui om die volledige verse oor te tik, so hiermee net fragmente - nie in volgorde van my gunstelinge nie.
1924 se Poems de Amor van Pablo Neruda - die priester van die liefdesvers:
Naked, you are blue as a night in Cuba;
you have vines and stars in your hair;
naked, you are spacious and yellow
as summer in a golden church.
Die slotstrofe van ‘n agtienjarige Antjie Krog se Ek wil (vir John)
ek wil so graag iets gee wat jy kan saamdra
wat by jou sal bly soos ‘n klein warm akkedissie
eendag as jy oud en allenig in die son sit
Ook Krog se African love song en al die mans wat jy was. Maar bo alles, haar Skryfode:
agter my serp sê ek jou naam jou naam
en die wind sny sneeu
jy is nooit uit my gedagtes nie
so seldsaam ingeprag
gee jy aan alles vel
Breytenbach laat my bloed bruis, veral inbrand
so sal ek jou altyd onthou
so skryf ek dit neer
soos jy nou daar sit in die tuin
met die soenplekke van jou nek na die son
My gunsteling gedig van Louis Esterhuizen kom uit sy bundel Opslagsomer:
Kyk, die wind peusel aan sy hare
Kyk, kyk. Hy vang vlinders
in sy mond, hy sing die kleur
van blomme.
Liefde is hier ter sprake.
Die lieflied wat my waarskynlik die naaste aan die hart lê, is Suzanne van digtersanger Leonard Cohen.
Suzanne takes you down
to her place near the river
you can hear the boats go by
you can spend the night beside her
And you know she’s half crazy
but that’s why wanna be there
and she feeds you tea and oranges
that come all the way from China
And just when you mean to tell her
that you have no love to give her
then she gets you on her wavelength
and she lets the river answer
that you’ve always been her lover
And you want to travel with her
and you want to travel blind
and you know that she will trust you
for you’ve touched her perfect body
with your mind
Ek raai dit is die bekendheid in liefdesverse en lirieke wat mens beweeg, die oomblik van herkenning. Want ja, ook ek het op ‘n keer langs ‘n rivier gewoon, reismal, en ‘n geliefde skyfies lemoen en tee gevoer. (Sadly without having the perfect body
). Hierom was dit vir my wonderlik om op die onderhoud af te kom wat BBC in 1998 met die werklike Suzanne Verdal McCallister gevoer het: http://www.leonardcohenfiles.com/verdal.html - nogal met ‘n mooie kiekie daarby!





Liewe Carina
Al is ek nie ‘n trokdrywer, student of boer nie, was ek inderdaad ingeskakel toe die liefdesverse gisteraand op RSG gehoor kon word… ‘n fees van woorde wat jou hart aanraak!
Dankie, ook vir die samesteller van die program. Die musiek wat Margot Luyt daarby gekies het, het pragtig daarby gepas.
Ellen, dankie vir jou skrywe. Ja, die program is pragtig saamgestel. Ek was so verras toe die musiek uit die film, The Piano direk na my gedig begin speel - absoluut een van my gunsteling stukke.