Walter de la Mare
Ek was nog altyd gefassineer deur die pittigheid en humor van ligte versies veral dié van Ogden Nash, (seker omdat ek sy versies kon verstaan). Maar met die gedigte van De la Mare het daar egter ’n ander, vreemder wêreld vir my oopgegaan.
Weereens was dit verse, wat op die oor af miskien ’n bietjie outyds klink, maar tog’n vreemde melancholie het wat my bygebly het.
Waar, wanneer en hoe ek die gedigte van Walter de la Mare ontdek het, weet ek nou nie meer nie, maar met die rondkrap in kartondose kom ek tog op die volgende versie af wat ek op 3 November 1983 geskryf het, ’n jaar voor die publikasie van my eerste boek.
Petronella,
kokkerot.
Daar’s ’n melkkoei
in die pot.
Ek lig die deksel;
sy sê MOE!!!
Toe maak ek weer
die deksel toe.
En ek onthou nog dat hierdie lawwigheid definitief geïnspireer is deur die volgende kinderversie van De la Mare
ALAS, ALACK
Ann, Ann!
Come quick as you can!
There’s a fish that talks
In the frying pan.
Out of the fat,
As clear a glass,
He puts up his mouth
And moaned ‘Alas!’
Oh, most mournful,
‘Alas, alack!’
Theb turned to his sizzling,
And sank him back
Dan was daar die volgende kinderversie:
SOME ONE
Some one came knocking
At my wee, small door;
Some one came knocking,
I’m sure – sure – sure;
I listened, I opened,
I looked to left and right,
But nought there was a-stirring
In the still dark night;
Only the busy beetle
Tap-tapping in the wall,
Only from the forest
The screech-owl’s call,
Only the cricket whistling
While the dewdrops fall,
So I know not who came knocking,
At all, at all, at all.
’n Paar jaar gelede het ek ‘n versie geskryf, en nou wonder ek of dit dalk De la Mare was wat daardie dag oor my skouer kom loer het.
Die nagvoël skree
om middernag.
Wie is dit
wat buite wag?
Ek hoor iets roer.
ek hoor iets roep.
Ek hoor ’n voetstap
op my stoep.
Ek huiwer
by die vensterraam.
Buite hang
’n skewe maan,
maar daar is niks
wat ek gewaar:
alleen die roering
van ’n blaar.
Agter in my kopie van Walter de la Mare se Collected Rhymes and Verses het ek op die agter binneblad die bladsynommer 259 in potlood neergeskryf, sodat ek dié spesifieke gedig weer later maklik sou ontdek:
GONE
Where’s the Queen of Sheba?
Where King Solomon?
Gone with Boy Blue who looks after the sheep,
Gone and gone and gone.
Lovely is the sunshine;
Lovely is the wheat;
Lovely the wind from out the clouds
Having its way with it.
Rise up, Old Green Stalks!
Delve deep, Old Corn!
But where’s the Queen of Sheba?
Where King Solomon?
Dit was veral daardie eerste twee reëls oor die verganklikheid wat my ontroer het en verlede jaar toe ek Engelse sowel as Afrikaanse versies vir Moessorgski se Prente by ’n Uitstalling geskryf het,was dit veral De la Mare se versie wat ek onthou het.
DIE OU KASTEEL
Sal iemand weer die snare pluk
en sing om middernag?
Sal iemand weer die snare pluk
tot met ‘n nuwe dag?
Die ou kasteel
lê afgebreek
sy stene lê versprei:
Dis onkruid, gras
en disselplant.
Die blomtyd is verby.
Die mure het só trots gestaan.
Waar het die koning heen gegaan?
Wie sal óóit die koning mis?
Die tyd het alles
weggewis.






Mnr de Vos, ek is so bly dat u ‘n lansie breek, by wyse van spreke, vir ‘n digter/skrywer wat so half opsy geskuiwe word in ons haastige moderne era. Nie alleen het De la Mare hierdie ongelooflike sg kinderverse geskryf nie, maar sy taalbeheer behoort deur elke beoefenaar van woordkuns bekyk en geïnternaliseer te word. Nie verniet nie het T S Eliot in ‘n huldeblyk tydens De la Mare se vyf-en-sewentigste jaar geskryf:
“When the nocturnal traveller can arouse
No sleeper by his call; or when by chance
An empty face peers from an empty house;
By whom, and by what means, was this designed?
The whispered incantation which allows
Free passage to the phantoms of the mind?
By you; by those deceptive cadences
Wherewith the common measure is refined;
By conscious art practised with natural ease;
By the delicate, invisible web you wove -
The inexplicable mystery of sound.
Sy groot roman, Memoirs of a Midget illustreer sy poëtiese taalgebruik op sy beste. Hierdie boek behoort deur elke wou-wees digter, gewese digter en toekomstige digter gelees te word. Soos Alison Lurie in die inleiding tot die 2004 uitgawe duidelik maak, sou hierdie boek ‘n klassieke feministiese werk gewees het as die skrywer ‘n vrou was. Hy was egter ‘n man wat in noue kontak met sy vroulike sy verkeer het in ‘n tyd toe vroue net objekte en troetelkatjies was. Lank lewe Walter de la Mare.