Lize Viljoen. Kort gedigte is sleutels vir groter gesprekke.

  Lang gedigte wat soos die kronkelende stofpad voor mens uitstrek, of hoog bo jou kop troon soos  populierbome wat sug in die wind, is vir my mooi. Lang gedigte laat my dink aan die lang pad see toe waar elke kronkel op die pad ‘n verrassing inhou. Daarteenoor is die kort gedig vir my soos ‘n sleutel waarmee ek ‘n boek kan oopsluit wat woordfotos in het.

Ek deel graag hier ‘n paar van my kortere verse wat ook op die webblad vir Afrikaanse Skrywers, Woes, verskyn.

Sterre

Tyd loop met hoehakskoene

op die membraan van die ewigheid,

perforeer dit met gate

en laat die sterlig uit.

 Na die reen

Die son breek

Eiergeel oor die dorp.

Leeubekke knars die vars bries.

‘n Laventelhaan staan verveeld.

Agerdeur
Rooi ronde trappe voor die agterdeur;
Wit blikemmer met vars melk en room;
Die reuk van sterk, swart koffie wat stoom,
Bokant ons die blou blou lug van Afrika
En die stomme droom van boere in Azania.

 

Bookmark and Share

Los kommentaar