Floris Brown. Die boodskap

Die Boodskap

(Vir: Leonard Koza)

© Floris Ab. Brown

 

 

Nog ‘n boom

het in die digterswêreld geval.

 

Petro Rhode epos my. Het jy gehoor?

Wat gehoor? Tussen woorde. Die knal?

 

Leonard, ek roep jou voor my geestesoog

ek hoor jou nog voordra, ook jou betoog

 

teen onreg rassisme venyn mishandeling

hoe jy alles vir ons, joú mense wou regskryf

 

ons kon ook lekker saam lag as jy

draaksteek met ‘n skerpioenbyt in die lyf

 

jou bydrae tot AFRIKAANS sal ewig bly staan

vir nageslagte om jou poësie in diepte na te gaan

 

vanoggend toe ek daglig inasem deur my luik

lees ek jou naam in wasem Leonard Koza teen my ruit…

Bookmark and Share

Een Kommentaar op “Floris Brown. Die boodskap”

  1. Petro Rhode :

    Dankie Floris, dit het beslis ‘n traan gebring.
    Van Petro

Los kommentaar