Uit die kop, uit die hart
Wanneer die behoefte weer opvlam om die wêreld van my skouers af te skud en ligvoets die woestyn in te vaar, is een van die eerste dinge wat ek altyd wonder: sal ek nie al my boeke mis nie, die bundels wat mekaar so knus geselskap hou op my rakke en waaruit ek kan proe of kan teug soos kruike wat nooit leeg raak nie? Natuurlik sal ek. Des te meer rede om, soos vorige generasies, weer gedigte uit die kop te leer. Uit die hart.
’n Aantal jare gelede het ons die Visrivier-canyon staproete aangepak. En daar is niks, behalwe miskien ’n sluk OBS uit ’n blikbeker, wat so ver die woestyn in jou hart so warm maak soos iemand wat ’n gedig onder die sterre voordra nie. Al kom dit uit jou graad een sillabus. Twinkle twinkle little star …






Ilse.
Ek is ‘n obsessiewe versamelaar van aanhalings uit boeke. Ek memoriseer hulle vir noodgevalle. En raak baie lief vir hulle. Hier is een vir jou, oor gedigte:
“Always learn poems by heart. They have to become the marrow in your bones. Like fluoride in the water, they’ll make your soul impervious to the world’s soft decay”
- Janet Fitch, White Oleander