Woordfees 2011. Aansoeke nou oop
Aansoeke vir optrede by 2011 se US Woordfees nou oop
Die US Woordfees wag aansoeke in vir woordkunstenaars wat in 2011 deel van dié besondere geleentheid op Suid-Afrika se kulturele kalender wil wees. In 2010 het dié snel groeiende fees sowat 47 300 feesbesoeke ontvang.
2011 se Woordfees vind plaas vanaf 4 tot 13 Maart. Die tema is “Elwe en Selwe”.
ʼn Aansoekvorm kan afgelaai word op die Woordfees se webwerf (www.woordfees.co.za). Indien belangstellendes ʼn aansoekvorm in Word-formaat wil hê, kan dit aangevra word by fees@sun.ac.za.
Die sluitingsdatum vir aansoeke is 15 Augustus 2010.
Vir meer inligting, skakel 021-808 3513 of 021-808 2901.






Gerda, die datums is hierbo in die Brieweboks. So nie kan jy gaan kyk op Woordfees se webblad: http://www.woordfees.co.za
Hoe ook al, dis 4 - 13 Maart 2011.