Leon Retief. In die Prêrie

Hoe weet mens dat jy in die Kanadese prêrie is?  Wanneer elke klein dorpie ʼn Chinese take-away en ʼn Suid-Afrikaanse dokter het, wanneer die plaaslike radiostasie advertensies vir plaasimplemente uitsaai en wanneer mens in die lente en herfs opkyk en sien hoe derduisende sneeuganse kwakend noord-of suidwaarts migreer.

Die hospitaal waar ek werk is die hoofkwartier van die Five Hills Health Region en ek probeer steeds uitvind waar daardie vyf heuwels nou eintlik is. Hierdie is platteland in meer as een sin van die woord, die Saskatchewan prêrie is besprinkel met klein dorpies en nedersettinkies, sommige met net ʼn paar dosyn inwoners.

Die prêrie is nie sonder sy bekoring nie. In die somer strek die groen en geel van canola en koring van horison tot horison, in die winter het die plat, strak wit landskap ʼn eenvoud en bekoorlike skoonheid. Dis nie sonder rede dat Saskatchewan se nommerplate die leuse “Land of the Living Skies” dra nie.

Moose Jaw (of dan Moose Dja in Kanadees, as mens dit in propperse Engels uitspreek word jy gevra of jy van Australië is) is ʼn dorp in die middel van suidelike Saskatchewan en die prêrie-inwoners het ʼn identiteit van hul eie. Steeds voortdurende immigrasie uit alle wêrelddele het ʼn mengelmoes van gemeenskappe dwarsdeur die land tot gevolg gehad. Dit wil voorkom asof assimilasie van nuwe immigrante maar stadig plaasvind, ʼn proses wat nie aangehelp word deur die grootte van hierdie land nie. Saskatchewan, met ʼn oppervlak van 650 000 vierkante kilometer is ongeveer die helfte so groot soos Suid-Afrika, maar die provinsie self beslaan maar sowat 6,5% van Kanada se totale oppervlak.

Baie mense in Saskatchewan se voorouers is afkomstig van die Oekraïne en perogies en borscht is gewilde geregte hier. Vir die wat nie weet nie: perogies is bleddiewil oneetbaar, amper so erg soos die sogenaamde “slap” tjips van die prêrie (geensins slap nie, styf, droog en bruin!) wat prêriebewoners by die bordevol verorber. Rondom Moose Jaw is ook ʼn hele aantal plase waar Hutterites (ʼn sekte met sy oorsprong in Oostenryk) heerlike produkte verbou.

 

Min gebeur hier in die winter, temperature van -40°C (dikwels selfs laer) verseker dat mense na werk tuis bly, maar somermaande begin die prêrie lewe en die dorp brul met die geluid van Harley Davidsons – hier is Harleys soos aambeie, elke tweede poephol het een.

Net soos die Harleys kry die literêre toneel ook lewe met poësielesings en slyplesse vir voornemende skrywers. Verbasend baie digbundels word gepubliseer, sommige deur klein uitgewers wat skynbaar meer vir die liefde van die saak bedryf word as met die oog op winsbejag. Vanselfsprekend gee nie alle gedigte mens hoendervleis nie maar nou ja, mens het nie nodig om altyd na Bach te luister nie, Hummel se klavierkonsert kan mens ook plesier gee. Daar is darem ʼn paar redelik groot geeste in hierdie omgewing en een van hulle is Robert Currie, die Poet Laureate van die provinsie Saskatchewan en ook van Moose Jaw. Hoeveel dorpe so groot soos Worcester in Suid-Afrika het ʼn Poet Laureate?

Robert Currie

Robert Currie

Onderstaande gedig is uit sy bundel Diving Into Fire. Die “blade” wat genoem word is die sneeuploeë wat in die wintermaande voortdurend die sneeu van die paaie verwyder, ʼn “semi” is groot geartikuleerde vragmotor waarvan daar baie op Kanadese paaie te sien is. Om hier in die winter te bestuur kan soms nogal skrikwekkend wees.

 

MORNING RIDE

 

Six in the morning

and dark outside

Wind already blowing

as I drive you to the airport

In places snow

building again where a blade

has channelled out the road

Open spots and ground drift

Pulling the car toward the ditch

Before the overpass

we ease around a semi

jack-knifed across the road

and fishtail to Regina and the plane

that will lift you from the prairie

 

In the half-light paw marks

Appear from nowhere in the ditch

Move like ghosts beside us

until we see the mongrel

whiter than snow

running with us at the east

to chase the sky

It leaps a snowdrift

Rises with the vaulting sun

The whole prairie a sudden radiance.

 

Downtown Moose Jaw waar ons woon het lang tonnels onder die sakegeboue en strate, oorblyfsels van die laat negentiende en vroeë twintigste eeue toe elke groot gebou ʼn enorme steenkoolstoof in die kelder gehad het om die gebou in die winter te verwarm. Hierdie oonde moes gereeld van steenkool voorsien word deur opsigters wat van gebou tot gebou beweeg het om hul taak te verrig. Dit was natuurlik baie onplesierig om elke halfuur uit ʼn lekker warm kelder te klim en dan skielik blootgestel te word aan temperature van -30°C of minder, dus is ʼn netwerk tonnels onder die geboue gegrawe om hulle in staat te stel om van een gebou na die ander te beweeg sonder om aan die koue blootgestel te word.

Hierdie tonnels het in die 1920s en 1930s ook gedien as bergplekke vir drank wat uit Kanada na die VSA gesmokkel is en Al Capone het Moose Jaw soms besoek wanneer Chicago te ongemaklik geword het. Moose Jaw se toerismeburo bied toere van die tonnels aan en een van die attraksies is Capone se slaapkamer.

 

AL CAPONE IN MOOSE JAW

For Nancy (Beamish) Gray

 

More than once I left Chicago behind,

fled the heat, the rub of life along the lake,

I slipped away, up the Soo Line into Canada,

stepped down, a burst of steam, took the tunnel

underneath the tracks, rose beneath the bright arch

of the division point station, found River Street

awash with rum and willing women, policemen

already trained to look the other way. Oh, sure,

I might have had an itch to dominate the action,

but this was small-time stuff, Chicago was my town.

 

What I liked up here was Over’s Barber shop,

walking in alone, no one with me, not a man,

dropping into that great leather chair, clean-cut

Bill Beamish washing my hair, drawing damp strands

between the first and second fingers of his left hand,

the snep, snep of the scissors in his right, ahh,

settling deep into that chair, eyes closed, purrr

of clippers on my neck, then the razor

by my throat, and no gun in my pocket,

snick, snick, snick, the sideburns squared away,

the sudden splash of Rum and Quinine Tonic,

the tinge on my scalp, fingers rubbed it in,

massaged the muscles of my neck,

worked above my ears, across my forehead,

zzz, a hive of bees at peace, a comb, perhaps,

a brush, something passed across my head.

Ah yes, more than once I had my hair cut there.

 

River Street is steeds een van die minder fatsoenlike dele van Moose Jaw. Die mooi ou gebou wat destyds die spoorwegstasie was is vandag ʼn drankwinkel en elke Vrydag wanneer ek ons wyn vir die naweek gaan koop dan kan ek nie help om te fantaseer nie: het Capone geloop waar ek nou tussen die wynrakke stap?

Liquor Store

Liquor Store

Die volgende gedig het ʼn interessante hoewel ietwat vae Suid-Afrikaanse konneksie. Die vers is geskryf na aanleiding van Alex Colville se skildery Horse and Train, wat op sy beurt geïnspireer is deur ʼn reël in een van Roy Campbell se gedigte. As iemand dalk kan help om die betrokke reël op te spoor sal ek dit waardeer.

 

IN THE GALLERY

 

His parents have moved on to the next wing,

but the boy remains to gaze at the dark horse

running in twilight, all four hooves in the air,

the sky a dull shroud over dun fields below.

He wishes he rode the horse, could turn it aside,

but there are no reins, and it runs between rails

that shine brighter now as the long train looms.

 

The boy turns to the glare of the headlamp, smoke

peeled away by wind and the speed of the train,

looks again at the galloping horse – the train closer now –

and he thinks of the drive out of New Brunswick,

the sharp curve in the road, his father’s headlights

sweeping the ditch, blood and the huge black hulk

of a moose crippled in the weeds, broken

glass glinting beside it, then gone in the gloom.

 

This is no moose, but a horse, spirit and power,

muscle hurling it forward, no hesitation

as it plunges toward the light, and he wonders

if maybe there might be a chance…

The boy is stunned, fixed, oil on canvas.

Behind him his father appears at the door,

calls his name, pauses, calls it again,

the boy breathless before the painting.

 

 

Uit TWO LOVE POEMS FROM JAMES DICKEY

 

II

 

She know   it’s just a poem   she tells herself

it simply doesn’t matter   she will not

let it matter   she clings she cleaves

 

to one poem only “The Night Pool” where a man

and woman   float like light   through the cool evening

just as they she and Jim   so often do

 

warm together in the bright pool   luminous

a liquid moon beneath the dark   until

they rise into each other’s arms   and he

 

warms her   wraps her round with towels

The poem her poem is always there   it is   what she holds

later   when he is more famous still

 

a feature now for Life and Playboy

when interviewers want it all   everything

he will tell them   This one   sure

 

this is one poem   that gets it right

revealing love   that’s really love

yes   and he wrote it for someone else

 

Bookmark and Share

7 Kommentare op “Leon Retief. In die Prêrie”

  1. Pieter Wolmarans :

    Leon, dankie vir nog ‘n insiggewende stuk. Die Campbell-verwysing waarna jy vra vermoed ek kan net “Horses on the Camargue” wees waarin daar ‘n soortgelyke verband tussen trein/perde/sneeu/seksualiteit gelê word. (Ongelukkig het ek nie die gedig byderhand om seker te maak nie …)

  2. Leon :

    Dankie Pieter, sal die gedig probeer opspoor.

  3. Ivan Mocke :

    Leon, weet jy dalk hoeveel bundels dié Robert Currie al gepubliseer het? Ek ken nie eintlik die Kanadese digkuns nie, maar hierdie is beslis nie ‘n “wannabe”-digter nie. Is hy ‘n digter van aansien in Kanada? Dan het ek ook nog nooit van Moose Jaw gehoor nie. Is dit ‘n groot plek? (Jammer vir al die vrae.)

  4. Leon :

    Currie se boeke:
    Diving into Fire (Oberon Press, 1977).
    Yarrow (Oberon Press, 1980).
    Night Games (Coteau Books, 1983).
    Learning on the Job (Oberon Press, 1986).
    Klondike Fever (Coteau Books, 1992).
    Things You Don’t Forget (Coteau Books, 1999).
    Teaching Mr. Cutler (Coteau Books, 2002).
    Witness (Hagios Press, 2009ek dink hy word beskou as ‘n digter van redelike aansien.
    Die laaste drie gedigte is uit lg boek. Oor Moose Jaw – moeilik om in hierdie ruimte te vertel maar Wikipedia het ‘n artikel. Dalk sal Marlise my toestemming gee en kan ek oor die dorp blog, ek sal darem seker ‘n gedig kry om dit vanpas te maak vir Versindaba.

  5. Marlise :

    Vertel gerus van Moose Jaw! Dis mos ‘n plek waar vele teenstrydighede is…Al Capone, Currie, dokters uit SA, steenkoolmyne & Harleys, sneeu, son …

  6. Ivan Mocke :

    Dankie vir die lys titels, Leon. Ek gaan beslis by my gunsteling boekwinkel aanklop en hoor of hulle daarvan kan bestel. Wil regtig meer van Currie te lese kry. (Sien uit na jou blog oor Moose Jaw.)
    Ivan

  7. Leon :

    Ivan, as jy nie regkom nie kan jy my vra en ek kan by Robert uitvind of hy van sy boeke het wat mens dalk by jou kan laat uitkom. Dalk moet jy my direk kontak, Marlise het my e-pos adres.