Carina Stander. Heart of darkness
Gister lees ek in die voorwoord van Joseph Conrad se “Heart of darkness” (1902) hoe hy as vierjarige saam met sy Poolse ouers verban is na die verre noorde van die Oekraïne. As gevolg van bitterswaar omstandighede het sy ouers jonk gesterf en op elf is Joseph wees gelaat. Op 21 skiet hy homself deur die bors, maar die koeël mis sy hart en hy oorleef wonderbaarlik. En skielik weerklink ‘n frase oor anti-held Kurtz ‘n bietjie bisar en totaal buite konteks in my kop: “It echoed loudly within him because he was hallow at the core…”
‘n Prose poet van die hoogste graad wat hier praat.
Dit sien ek, ja. Die digterlike inslag, die uitmuntende ingehoue emosie van die verteller, die psigologiese realisme, die simboliek, die fassinerende karakters en historiese konteks, the paw-strokes of the wilderness. En tog is dit 110 bladsye wat ek asseblieftog nooit weer wil lees nie. Waarom nie? En wat maak dat mens wel soms wil terugkeer na ‘n boek, ‘n fliek, ‘n spesifieke sonkol, sofa, koffiebeker, ‘n uitsig, ‘n graf; dat jy ‘n sekere mens wil herhaal?






Dit sal ek nooit begryp nie. Dat iemand nie Heart of Darkness sal wil herlees en weer lees en nog ‘n keer lees nie. Dis ‘n boek wat my gedwing het om myself in my diepste wese te leer ken en te weet enigiets is moontlik. Conrad is een van die heel grootste skrywers in enige taal. Nostromo met sy byna speelse nogal romantiese inslag, The Secret Agent, die oupa van die spy stories. En hoe goed het hy nie die ewig veranderlike see geken en met woorde opgetower nie. En altyd die mens in al sy gebroke onvolkomenheid in die middelpunt. Wie sal Lord Jim vergeet? Lank lewe ‘n magtige prosadigter.