Marcelle Olivier. Somer (ii)

Gedagtes uit Brittanje: Somer (ii)

*

november, here

and now i see you everywhere:
in the tracks of ice, whispers caught, fish, a motion
like a wave. i am found staring, and taken in.

it is harrowing, the shedding of the sun
on winter afternoons; watchers see the leaves
crack and curl; birds eating fast at the dropped corns.

i see you, sitting with them, a live wire spun
like a strand of glint, an invisible web
holding you afloat to the skinny wind. once again

i am found staring, and taken in, like a child.
your ash-yellow hair at the market. coarse
ringlets at the cinema, bouncing to your shoulders.

everyone is wearing you like a fashion:
like wools and felts are seasonal luxuries this year;
soon every lock will be frozen, see, everywhere.

boats do not move; fake fires glimmer in the water.
it lies, and the reeds play on like a confidence, to
the breeze, to the rambler-marksman’s winter-walk.

there is your untidy fringe leaning to the pharmacist,
his mouth close to yours, and you are breathing.
i see your head in a hat at the buses, haloed fumes;

a late butterfly awkwardly flung to convections.
i see you everywhere, not waiting for me, and the season
an open grate, raw embers for a reading; a motion

like a playful trot on a polished floor; glowing
across. far away i hurt myself for you. everywhere
i am caught staring, and taken in, far from you.

marcelle olivier

*

Die somersweer in Engeland hierdie jaar was tot dusver maar redelik mislik, en ek voel genoop om deur my winter-verse te kyk en om te skryf oor reën. Dus die aanbied van die bostaande gedig, wat ‘n paar jaar gelede in dieselfde bundeltjie verskyn het as die gedig van Bernard O’Donoghue wat ek laasweek genoem het. Ook in daardie boek ontdek ek toe vandag ‘n vers van Andrew Motion (hier onder geplaas), wat my skuinsweg gestuur het om te dink oor die koue klammigheid wat jy partykeer op die lug kan voel in die uur of so voor sonsopkoms, en wat my toe herrinner het aan ‘n oeroue tradisionele samekoms op die Salisburyplein in die suid-weste van Engeland.

Op die 21ste Junie is dit die somersonkeer – in Latyn die solstitium, soos ook deur Pliny beskryf in sy verreikende oorblywende tesis, Naturalis Historia – en dus die langste dag in die jaar. Daarna begin die dae weereens korter word, en sleep ons saam terug winter toe. Die week of so rondom dié dag is midsomer, en in Brittanje word hierdie feestyd deur die verbasend sterk-gevestige druïde-gemeenskap gevier, en groepe kom byeen by henges en klipsirkels oor die land om te dans, te bid, en offeringe te maak.

Sonsopkoms by Stonehenge op 21 Junie 2010

Sonsopkoms by Stonehenge op 21 Junie 2010 (www.guardian.co.uk)

Die meeste van hierdie sirkels kan met sekerheid geassosieer word met die astronomiese posisie van die sonsopkoms gedurende die somer- en wintersonkeerpunte of die lente- en herfsnagewenings. Soos met die prehistoriese burial mounds wat veral in Skotland en Ierland voorkom, waar die son op spesifieke dae en om spesifieke tye met miniskule presisie deur dun openinge in die klipmure sal skyn (soms om ‘n sentrale steen weggesteek in ‘n partykeer ontoeganklike binnekamer vir slegs een minuut slegs een keer ‘n jaar te verlig), is die netjiese beplanning van monumente soos Stonehenge en Avebury nogal inspirerend. Die rituele en intellektuele kapasiteit van mense om so iets te bou is natuurlik op ‘n evolusionêre vlak baie, baie ouer as die skamele 10 000 jaar wat die area rondom vandag se Stonehenge as rituele ruimte gebruik is, maar daar is nogsteeds iets wonderliks magies omtrent die feit dat observasies van die natuur se patrone op so ‘n argitektoniese manier tot uiting gekom het.

Daar is opsigself kommersiële en onreligieuse aspekte van hierdie vierings ook, en English Heritage (wat Stonehenge administreer en met ‘n toegewyde druïde-raad spog) en die polisie sukkel maar partykeer om ‘n middeweg te vind tussen die beskerming van die monumente, en die regte van mense om hulle geloof (of ‘n hippie-partytjie) uit te oefen. Dit help natuurlik ook nie dat Stonehenge deesdae letterlik in ‘n driehoekige stuk plein tussen twee besige paaie sit nie – dis partykeer moeilik om die mistiek van die sirkel in te sien of te waardeer terwyl 18-wiel lorries konstant by jou verby donder. Geld en planne om Stonehenge se besoekersfasiliteite op te gradeer, en om die A303-pad wat ‘n katspoegie suid van die hoofsirkel af lê, te verskuif, is sopas deur die nuwe Britse goewerment van die tafel gevee.

Begeleiding van 'n somersonkeer-seremonie

Begeleiding van vanjaar se somersonkeer-seremonie by Stonehenge (www.guardian.co.uk)

Dit is hartseer nuus vir beide argeologie en toerisme en, ek neem aan, ook vir die paganiste wat dalk sou voel dat wyer kennis en meer respek ‘n positiewe invloed op die persepsie van hulle geloof sal hê. Gedurende die belangrike feesdae by Stonehenge is daar altyd ‘n vlaag arrestasies vir dwelm- en drankmisbruik, iets wat nie juis ‘n wesenlike impressie van die geloof inspireer nie. En as gevolg van die aksies van idiote wat geneig is om hul name te graffiti of om selfs stukkies klip van die stene af te kap, word fisieke toegang tot die sirkel gewoonlik streng gekontrolleer; in die verlede was daar tye waar slegs die hoof-druïdes binne die afgebakende areas mag gaan om die stene aan te raak. Maar daar was vanjaar min genoeg mense (slegs ongeveer 20 000 het vir die somersonkeer opgedaag) dat English Heritage en die polisie besluit het om die hekke vir die al die aanwesiges oop te maak – ‘n rare kans om jouself ‘Tess of the d’Urbevilles’-styl op te offer as jy sou wou.

As jy wel die pad Stonehenge toe neem, vir ‘n ewenings-ervaring of nie, maak tog seker jy mis nie Avebury uit nie. Die dorpie is so 30km direk noord van Stonehenge geleë, en gebou midde-in ‘n wydverspreide en uiters mooi kolleksie van sirkels en losstaande stene. Hier kan jy tussen die skapies loop en mooi rustig na alles kyk, en in die dorpmuseum kan jy meer oor die geskiedenis en gebruik van die spasies leer. Avebury het nie dieselfde imposante dwarslêers nie, en van die stene is nie so netjies afgewerk soos Stonehenge se monumente nie, maar die klipsirkels is ten minste nie omring deur hoë draadheinings wat in elkeen van jou foto’s ‘n verskyning sal maak nie. Diegene wat al deur Brittanje en Ierland gereis het of hier gewoon het sal hopelik met my saamstem dat, alhoewel Stonehenge werklik pragtig is, die menigte kleiner klipsirkels en henges wat nog staande is mens partykeer meer kan vertel.

Uitsig oor die Cotswolds en 'n omgevalle uitloper-monument by Rollright

Laasjaar, gedurende ‘n trek rondom Mull in die Binne-Hibride, het die naamlose klipsirkel naby die oewer van Loch Buie, ver in die suide van die eiland, my sterk aangeraak. Die laatsomerlandskap was deurdrenk met kleur; die sirkel se vorm is perfek, en daar is ‘n uitloper wat die rigting van die enigste pas oor die berge noord – binneland toe – aandui. Ek kon my hier werklik insien hoe belangrik die praktiese en rituele aspekte van oorlewing in die ysige winterseisoene in daardie deel van die wêreld eens was. En so het ek ook een jaar, op die wintersonkeer, my by die Rollright Stones in die Cotswolds bevind. Dit was skemer, selfs om drie-uur die middag, en bitterlik koud, en drie van ons was die enigste besoekers. In mussies en serpe en handskoene het ons rondom die stene gestap met ‘n gidsie oor die klipsirkels van Engeland aan hand en, omdat mens tog deel word van so iets, grepies uit die mitiese geskiedenis wat in geheue lê gesoek sodat ons ook iets gehad het om aan iemand se gode te bied. Die modder was amper gevries, die lug waterig, die plaashekke geroes en die gras groen, en dit was ‘n wonderlike ervaring. En, soos oraloor maar, kom somer of winter, was daar ‘n troppie skape wat tussen die klippe aan’t wei was.

*

Gate Crashing

Everyone’s face is a clock
with the hands at midnight,
which makes me think
this must be new year
or something very like it.

My own face is invisible;
however I look in the mirror
en route to the dance floor,
all I can ever make out
is the back of my own head.

It’s best not to mention that.
I don’t want people to know
I was never in fact invited
to what they’re already calling
the party of a lifetime.

Andrew Motion

Klipsirkel, Mull Eiland, Binne-Hibride

Klipsirkel, Mull Eiland, Binne-Hibride

 

Bookmark and Share

4 Kommentare op “Marcelle Olivier. Somer (ii)”

  1. Pieter Wolmarans :

    Liewe magtig, Marcelle, is die gedig waarmee jy jou stuk open ‘n eie vers?! Ek lees graag Engelse poësie en hierdie is ‘n skitterende vers. Wat is die “boekie” waarna jy verwys? Is daar van jou gedigte in druk beskikbaar?
    Jammer is ek ‘n dom vraag vra, maar ek het nog nooit van jou gedigte te lese gekry nie en ek wil beslis meer hiervan lees.
    Dankie, weereens, vir ‘n wonderlike plasing.

  2. Tessa Silberbauer :

    Wow. Thank you, Marcelle, that poem is beautiful. And a nice write-up on the stone circles. (I never got the chance to attend solstice at Stonehenge. Maybe that would change my opinion, but Avebury made a far deeper impression on me)

  3. nomade :

    Vir diegene wat nie na Stonehenge of Avebury kan verkas nie, gaan kyk gerus na Willem Boshoff se uitstalling by Arts on Main in Johannesburg. Hy onderneem daagliks ‘n druids walk al met Main Reef Road op. Voorts sal hy vir vier weke lank in ‘n druid’s cubicle woon. Nie alleen is hierdie beeldhouer altyd verbind met woorde nie, hy smelt woord en beeld saam, plaas hulle teenoor mekaar, laat ‘n mens nuwe wêrelde gewaar in die kleinste objek of die oppervlak van ‘n stuk graniet.

  4. marcelle :

    Baie dankie vir die komplimente, Tessa en Pieter – dit word baie waardeer. Pieter, die bundel wat ek genoem het is ‘Oxford Poetry’ se 2008 uitgawe. Die publikasie kom gewoonlik een maal per jaar uit, met gedigte en kritiek van skrywers wat ‘n konneksie met Oxford die stad het. En per toeval kan jy juis in die nuwe uitgawe van Carapace (no.79) ‘n paar van my ander gedigte te lese kry – ek hoop dat jy hulle sal geniet!