Leon Retief. Seisoene in die Prêrie

karre in die sneeu

karre in die sneeu

Om in die winter in die prêrie te bestuur kan nogal ʼn aardige ondervinding wees, selfs vir gebore Kanadese. Daar is nie genoeg sneeuploeë om alle strate gereeld skoon te maak nie en die munisipaliteit strooi dus na elke sneeuval sand op die sneeu wat die strate bedek. So ʼn sand-sneeu mengsel verskaf wel bietjie ekstra traksie, maar ook maar net totdat dit deur die karre se wiele gekompakteer word tot ʼn glibberige, smerige, gladde bruin oppervlak. Mens kan voel hoe jou kar se traksiebeheer oortyd werk maar ʼn viertrekvoertuig is ook nie die allerantwoord nie en botsings is redelik algemeen in die winter. Gelukkig besef meeste bestuurders darem dat mens op sulke oppervlaktes stadig moet ry en is die skade meestal nie groot nie.

Karre met agterwielaandrywing word hier maar op blokke gesit tot die winter verby is en van motorfietsry is daar geen sprake nie – om met sulke voertuie op die ys te ry is moeilikheid soek.

Een van die mees irriterende dinge vir ʼn motoris is om ys aan die binnekant van jou kar se vensters te kry en dit gebeur maklik wanneer mens nie ʼn verhitte motorhuis het nie en soos ons onder ʼn afdak parkeer. Elke keer wanneer mens in jou kar inklim beland ʼn bietjie sneeu wat op jou skoensole vasgesit het onvermydelik op die kar se vloer. Hierdie sneeu smelt natuurlik elke keer wanneer die kar gebruik word en die water wat so gevorm het verdamp sodat mens nie eintlik weet hoeveel sneeu al gedurende die afgelope paar weke in die kar ingedra is nie. Wanneer daar nou al genoeg ys in die kar beland het en mens ry ʼn paar kilometer (natuurlik met die verwarmer voluit aan want buite is dit -30°C) dan parkeer mens jou kar ewe niksvermoedend, prop die enjin in sodat die olie nie vries nie en gaan slaap. Die volgende oggend is die binnekante van al die ruite bedek met ʼn dun yslaag en moet mens die enjin eers vir tien minute laat luier sodat dit warm genoeg word, dan die verwarmer aanskakel en dit vir nog tien minute voluit laat loop sodat die ys kan smelt.

Swart ys is nog ʼn kalant waarvoor mens op die uitkyk moet wees. Die ys is nie werklik swart nie maar deurskynend en lyk dus dieselfde kleur as die teer. Dis vir alle praktiese doeleindes onsigbaar en mens kom eers agter dat jy op swart ys ry wanneer jou kar meteens onbeheerbaar word, en dan help vierwielaandrywing niks. Wanneer jy briek trap gly die kar stadig en elegant oor die stopstraat en jy hoop maar net dat niemand anders in aantog is nie.

toegesneeu

toegesneeu

Ook voetgangers val dikwels op swart ys en dit gebeur vroeër of later met almal. Mens voel nogal ʼn taamlike gat wanneer jy die eerste keer neerslaan maar jy besef gou dat die Moose Javians dit aanvaar as maar net nog een van die dinge wat in die winter gebeur en sommige mense raak heeltemal blasé daaroor. Die eggenote van een van my kollegas het een dag in die middel van die straat geval en die ys was net te glad om te kon opstaan – toe beweeg sy maar so op haar sitvlak tot by die naaste lamppaal, trek haarself daaraan op en stap ewe doodluiters verder.

Om in ʼn sneeustorm (“blizzard” of “white-out” op syn Kanadees) te bestuur is ʼn gebedsaak vir diegene wat daaraan glo. “White-out” is ʼn baie beskrywende term, mens sien werklik niks anders as net wit deur jou kar se vooruit en truspieëltjies nie, net-net die kar se neus en jy wonder hoe jy nog op die pad gaan bly want dit is nie meer sigbaar nie. Ry maar voort, hoop jy bly op die pad is al raad want as jy stilhou gaan die sneeu jou kar binne minute begrawe en/of iemand gaan in jou vasry.

Wanneer die wintermaande aanbreek word motoriste gewaarsku om nooit ʼn dorp te verlaat sonder ʼn vol petroltenk, ʼn space blanket, sterk flitslig en proviand nie. Elke jaar verkluim ʼn paar mense op afgeleë paaie wanneer hul die pad verlaat en in die sneeu vassit.

 

When the World Disappears

 

Driving through a flat-out prairie

blizzard is a classic struggle between

terror and faith. Between Paynton and

the Battlefords the world disappears –

horizon, buildings, trees, traffic,

the road itself, all gone. Snow, 

blasted by a fierce south-easter,

obliterates equally land and sky.

 

On this two-way stretch of highway

we drive into the snow cloud.

As vehicles behind and in front

vanish from my sight, so too have I

from them, my hands iron vises

clinging to the steering wheel,

clinging to frail threads of reason,

clinging to little more than blind hope

as the white-out erodes confidence

and panic probes below

the thin skin of logic.

 

We hurtle through nothingness,

my silent prayer willing that whatever

lies on the other side of this void,

whatever other drivers are steering

the margins of their own misery,

their paths do not intersect mine.

We are, all of us, blind pilgrims

groping for some distant shrine

lost from our view, alive only

in the minds that will them.

 

Glen Sorestad

 

Uit Blood & Bone, Ice & Stone (Thistledown Press, 2005)

 

Sorestad is na my mening by uitstek die digter van die prêries: die landskap, die seisoene en die mense vind almal neerslag in sy verse, alhoewel nie al sy bundels oor hierdie onderwerpe handel nie. Hy dig dikwels oor die alledaagse, gewone dinge soos ʼn wandeling in ʼn park of in ‘n sneeulandskap, maar hy slaag daarin om dit te beklee met ʼn perspektief wat ander mense dikwels nie raaksien nie, sowel as ʼn besef van ons almal se sterflikheid. Ek dink nie dat hy as Kanada se grootste digter beskou kan word nie, maar tog is sy verse vir my die beste poëtiese beskrywings van die omgewing waar ons woon.

Glen Sorestad
Glen Sorestad

 

Lente in Saskatchewan herinner my aan wat Lenin geskryf het in “The Crisis in Our Party: One Step Forward, Two Steps Back” want hierdie seisoen benader ons op dieselfde manier, so suutjies, voetjie vir voetjie, nes mens dink nou is dit uiteindelik lente dan deins dit terug, val die sneeu en is dit weer bibberend koud. Nie verniet dat Kanada se vier seisoene bekend staan as alreeds winter, winter, nog steeds winter en padherstelwerk.

 

SPRING IN SASKATCHEWAN

 

is mercurial. One day

the ogling sun blows

kisses at young women

flaunting halter tops and shorts;

the next day snow sneaks back in

and crashes the party.

 

Spring comes here

whenever it damn well wants:

some time between April and June.

It may even alternate days.

Predicting its arrival or its presence

is a foolish game:

animals and birds get confused.

Canada Geese picking sprigs on the golf course

in the heavy snowfall complain

to anyone who will listen.

 

The pumpkin-breasted Robin

that just yesterday dazzled

from its song-full rooftop perch

huddles today, a forlorn puff

of feathers tucked in the lee

of a spruce bough cluster.

 

With growing impatience we

await its arrival, but Spring marches

to its own eccentric beat

and nothing we can do

will speed it a single day.

 

Here in Saskatchewan we learn

to hold our tongues.

 

Uit What We Miss (Thistledown Press, 2010)

 

NOVEMBER HERON

 

November and snow flakes like leaflets

fall soft as breath as we tread the path

between the park’s two ponds. Motionless

 

beside the only open water stands

a Great Blue Heron, forlorn in the soft

flutter of wet flakes. Does the bird know

 

it is an anachronism of the month,

obtrusive against a wintry backdrop?

Perhaps it is wounded; or old and weak

 

it sees its fate reflected in the cold water

and simply waits out its remaining time –

falling prey to sharp teeth or winter chill.

 

Its kin, long flown to warmer waters,

are receding memories of what once was.

Silent snow falls on the heron, falls on us.

 

Uit What We Miss (Thistledown Press, 2010).

 

In die volgende gedig beskryf Sorestad die stadige verval van die honderde klein nedersettinkies wat oor die prêrie versprei is.

 

AN ABSENCE OF BIRDS

 

Summer is hot and dry. Not unusual.

The ambient sounds are here: wind

in old elm trees, grasshoppers buzz

the daylight. Sounds of farms –

tractors, road and field sounds.

A chatter of sparrows in carraganas.

At night the long quaver of coyotes,

A yapping of foxes.

 

                                  But something is missing.

Some remembered sounds, no longer there.

Where is the soft call of mourning doves?

What has happened to the nighthawk’s cry

Balancing on the margin of day and night?

 

The hamlet shrivels like droughted wheat.

Someone else dies, houses empty mourners.

Fewer gardens echo the sounds of spring,

Fewer hoes at war with weeds.

Fewer pails of water hauled from the well.

Ebbing sounds.

 

An absence of birds is its own sadness:

Each year another sound heard no more.

Who will restore the chorus to what memory

Desires, what the spirit demands?

 

 Uit WEST INTO NIGHT Thistledown Press, 1991)

 

Ek kan nie die versoeking weerstaan om ʼn voorbeeld te plaas van die humor wat soms in Sorestad se gedigte voorkom nie.

 

SOME MORNINGS

 

when I unfold

from sleep and struggle

upright from the bed

to the edge of the world,

I am overwhelmed by

an acute palimpsest of time:

this body: its creaks and groans,

its under-used muscles bitching,

joints complaining,

whereas once they moved,

silent and precise

as doors on a Mercedes-Benz.

 

It’s not that I didn’t

see it coming. But most

mornings when I rise

I emerge from a world

in which the body was

young and strong and lithe,

brimming with confidence

this present weary round-up

of bones, ligaments, muscles

have apparently forgotten.

 

Just wait, just wait,

The body cautions me,

give me a moment,

maybe two or three

and I’ll be ready…

you can’t expect

miracles you know…

 

I totter, one tentative

footstep following the other,

to the bathroom and deal with

another prescient symptom

of this depressing morning

mortality check: a bladder

that insists it’s twenty years older

than the rest of me.

 

Uit What We Miss

 

As daar twee dinge is waarin Kanadese uitblink dan is dit politieke korrektheid en self-flagellasie. Ek sal die flagellasie los vir anderdag, maar die PK hier laat soms my mond oophang. Die Junior Soccer League van Ontario het pas ʼn nuwe reël daargestel: wanneer een span tydens ʼn wedstryd met vyf doele voorloop, dan verbeur daardie span onmiddellik die wedstryd. Dis nie goeie sportmanskap om ʼn ander span so in die grond in te spele nie sien.

Tydens die Winter Olimpiese Spele wat Februariemaand in Vancouver plaasgevind het, het die Kanadese regering ʼn “Own the Podium” reklameveldtog geloods waarin die publiek aangemoedig is Kanadese atlete sterk en ondubbelsinnig te ondersteun om soveel goue medaljes te wen as moontlik. Heelwat stemme van protes het opgegaan – dis glo “un-Canadian” om so graag te wil wen, hoe moet die ander atlete dan nou voel?

Die seun van een van my kollegas is ʼn hardwerkende en intelligente kind wat uitstekend vaar op skool. Eendag roep sy onderwyseres die seun se ma in en vra dat hy tog asseblief nie so hard moet leer nie, sy punte is te hoog en dit laat die ander kinders afsteek en seker nog sleg voel ook. By skoolsportbyeenkomste kry elke iedere kind ʼn prys, selfs al kom hy of sy laaste – “for participation”.

 

Nja.

 

Bookmark and Share

2 Kommentare op “Leon Retief. Seisoene in die Prêrie”

  1. Marlise :

    Leon al is dit koud en sneeu en ys in die winter op die prêrie is daar skynbaar sommer baie lewe onder die sneeu ook: vele insekte. Ek lees iets interessant oor die bye byvoorbeeld in die prêrie: “The honey bee queen and worker bees pile up into a ball in the center of the hive. The bees in the center are warm. The bees on the outside get cold, so they push their way into the middle of the ball. Those who were in the middle are pushed toward the outside of the ball. Therefore, the ball of bees keeps moving a little all the time.”
    Ok maar nes geliefdes wat warmte soek in die winter & lepel-lê. En as die een kant koud word, dan draai hulle weer om – en later weer om…en om…

  2. Leon Retief :

    Marlise, hier is meer as 100 spesies muskiete (weet nie hoe hulle die winters oorleef nie) en van die boere het byekorwe, maar self het ek hier nog nie ‘n by gesien nie, wel heelwat wespes en enkele skoelappers. ‘n Vlieg is ‘n rariteit. Daar gebeur min onder die ys – die grond vries sowat twee meter diep in die winter, soos ek later sal vertel.