Danie Marais.’n Ongesonde gemoed huisves ‘n kreatiewe gees?

Sylvia Plath

Sylvia Plath

“Nadat my eerste twee slanke digbundels verskyn het, is ek jou werklik waar in ‘n onderhoud gevra, nie of ek gaan selfmoord pleeg nie, maar wanneer. Tensy jy bereid was om jou lewe te waag – of liewer, daarvan afstand te doen – kon jy nie verwag om ernstig opgeneem te word as vroulike digter nie. Só het die mitologie bepaal.”

Dit is die woorde van die Bookerprys-wenner Margaret Atwood in Negotiating with the Dead: A Writer on Writing (2002). Die mite waarna sy verwys is natuurlik dié van die gefolterde, versteurde genie soos verpersoonlik deur Sylvia Plath – die digter wat haar eie lewe geneem het op 11 Februarie 1963 deur haar kop in ‘n gasoond te steek. Maar Plath het vele voorgangers en, helaas, vele navolgers: Die biografieë van talle skrywers, digters, komponiste en visuele kunstenaars skep die indruk dat ‘n ongesonde, ongebalanseerde gemoedstoestand dikwels ‘n kreatiewe en selfs briljante gees huisves. 

 Suid-Afrika se eie Sylvia, Ingrid Jonker, het in 1965 die see ingeloop by Drieankerbaai in Kaapstad. En te oordeel aan al die belangstelling wat daar steeds in die werk, maar veral lewens, van Plath en Jonker bestaan – flieks, teaterstukke, biografieë ensovoort – kan ‘n mens seker wees dat romantici van oud tot jonk steeds aangegryp word deur hierdie ikoniese martelaars vir die suiwer kuns wat blykbaar vloei uit vreeslose kompromisloosheid en “geestesversteurings”.

Die beroemde reëls “The blood jet is poetry / There is no stopping it” (uit “Kindness”) het Plath tien dae voor haar selfmoord geskryf en dit is hierdie goties-romantiese beeld wat in die kollektiewe bewussyn bly steek wanneer die verband tussen kreatiwiteit en depressie met selfmoordneigings, of bipolariteit, ter sprake kom.

Ek was self in die neerslagtigste tye van my twintigs soos ‘n mot om ‘n kers aangetrokke tot die idee dat depressie, wat in baie opsigte bloot gelyk is aan asosiale gedrag, ‘n morbiede preokkupasie met die dood, slaapsteurings, onproduktiwiteit en selfhaat, tog ook die sleutel tot groot kuns is, of ten minste die gevolg van diepgaande insig in die menslike toestand en die nutteloosheid van ons aardse strewe; ‘n soort bevestiging dat jy spesiaal is omdat jy meer voel, dieper kyk en erger ly aan elke dag.

Die joernalis, draaiboekskrywer en dramaturg Virginia Heffermann skryf spitsvondig oor die versoekings en vertroostende illusies wat depressie inhou vir romantiese, skeppende geeste, in haar essay “A Delicious Placebo” – een van vele insiggewende stukke uit Nell Casey se bloemlesing, Unholy Ghost: Writers on Depression (2001). Heffermann sê sy het haar eerste depressiewe episode as ‘n titaniese stryd teen die magte van duisternis ervaar en dit het haar lewe groot, verskriklik en vol tragiese betekenis laat lyk. (Jane Kenyon se lang gedig “Having it out with Melancholy” – sien kassie – beskryf die worsteling met depressie ook as ‘n struweling met ‘n bonatuurlike mag, ‘n “unholy ghost”.)

Of soos Ronelda Kamfer in haar gedig “bipolarhoney” sê:

I’m a creep, I’m a weirdo.
What the hell am I doing here?
I don’t belong here.
-Radiohead, “Creep”

ek wens ek kon opstaan soos gister
gaan was, aantrek, gaan werk soos gister
maar
vandag is ‘n ander gister
vandag is alles wat mooi is, lelik
en alles wat lelik is, ek
miskien is môre beter
as ek net deur die gevaar
van vandag
kan kom

Vir Heffermann was melancholie ‘n dialek wat net sekere mense kon praat en sy het hierdie sielsgenote opgesoek. Daarom het sy ook lank weerstand gebied teen die idee dat sy dalk siek, oftewel chemies ongebalanseerd, is. Sy het met gemengde gevoelens na haar eerste pakkie antidepressante gekyk: bang dat dit haar nie uit die put van haarself sou red nie, en bevrees dat dit wel sal werk en daarmee ‘n groot vraagteken agter al haar duister insigte en haar hele dapper oorlog teen die bose geeste in die lug sou plaas. Sedertdien leef sy teësinnig in “terapieland”:

I’m like a former skier with a bad hamstring, wishing that I could have lived forever on a speedy and breathless high, and still having trouble facing that my substandard physiology won’t allow it. So I have to live apart from the action, a few miles away, out in safer, suburban Therapyland. But I shouldn’t complain! Or the depression sentries might shoot me their warning again: nice little life here; wouldn’t want anything bad to happen to it.   

Maar wat is die verband dan tussen depressie, bipolariteit en die kreatiewe proses?

Hierdie vraag bly steeds so ‘n relevante raaisel dat Poetry International in Rotterdam, een van die grootste poësie-feeste ter wêreld, “Poëzie, waanzin en melancholie” as feestema in 2007 gekies het. Een van die bydraers tot die program was Menno Wigman, ‘n hoogaangeskrewe Nederlandse digter wat drie maande in die Arntsz Hoeve- psigiatriese inrigting by Den Dolder deurgebring het in die hoop om ‘n bloemlesing saam te stel met gedigte van die pasiënte. (Die beroemde Nederlandse digter Gerrit Achterberg is ook ‘n tyd lank hier behandel.)

In ‘n lesing oor dié ervaring, waaroor hy die dagboek Het gesticht (2007) gepubliseer het, het Wigman toegegee dat hy bedroë daarvan afgekom het. Hy het vinnig vasgestel die pasiënte het nie die nodige estetiese afstand op hul skryfpogings om dit behoorlik af te werk nie. Hulle kon nie koel en objektief met die oë van ‘n ander na hul tekste kyk nie. Toe hy aan een pasiënt noem dat hy dikwels ses weke lank aan een gedig skaaf, het sy hom aangekyk of hý mal is.

By terugskoue was Wigman vies vir homself oor die romantiese idees omtrent die verband tussen poësie en waansin wat hy so lank gekoester het. Hy kom tot ‘n eenvoudige slotsom: Bekyk ‘n mens die lewens van digters soos Gerrit Achterberg, Jan Arends, Friedrich Hölderlin, Gérard de Nerval, Nicolaus Lenau, Jakob van Hoddis, Robert Lowell, Anne Sexton en John Berryman van nader, stel jy gou vas dat hulle groot kuns geskep het ten spyte van hulle “geestesversteuringe”.

Is dit dus net toeval dat soveel skrywers en digters veral met depressie en sy gevreesde ouboet, bipolariteit, stoei?

Allermins, volgens Kay Redfield Jamison se seminale boek Touched with Fire – Manic-Depressive Illness and the Artistic Temperament (1993). Depressie en bipolariteit se kenmerkende en vinnig veranderende siklus van gemoedstoestande is ‘n ekstreme spieëlbeeld, ‘n groteske karikatuur van die tipiese kwiksilwer-kunstenaarstemperament. Jamison kon met haar navorsing onder 47 vooraanstaande Britse kunstenaars en skrywers onder meer aantoon dat die voorkoms van gemoedsversteurings onder hierdie groep gemiddeld agt keer hoër is as onder die algemene bevolking. Onder digters is die waarskynlikheid van depressie en/of bipolariteit 11 keer hoër. Verskeie ander soortgelyke studies deur, onder andere Andreasen (1987), Schildkraut & Hirshfeld (1990) en Akkisdan & Akkisdal (ongepubliseerd) bevestig haar bevinding.

Jamison argumenteer dat die simptome van ligte manie of hipomanie (hoë energievlakke, oordrewe selfvertroue, rusteloosheid, spraaksaamheid, onvanpaste grappies of woordspel, ‘n verskerpte vermoë om gedagtespronge te maak en ongewone assosiasies en verbande te sien) en ligte melancholie (introspeksie, selftwyfel, behoefte aan afsondering) op essensiële wyse bevorderlik is vir die maak van kuns. Die uitsonderlike werk en idees wat in ‘n lig-maniese kreatiewe koors geskep word, kan in ‘n melancholiese fase met vrug hersien, geredigeer en afgewerk word.

 Sy beklemtoon egter dat kunstenaars, soos almal anders, lamgelê word deur volslae manie of depressie. Hierdie ekstreme gemoedstoestande, wat so dikwels tot selfmoord of roekelose ongelukke aanleiding gee, speel dus nie ‘n groot, direkte rol in die maak van kuns nie. En enige siening wat die redes vir selfmoord in die eerste plek in tragiese gebeure of instellings ten opsigte van kuns soek, verwar die daad met ‘n rasionele besluit. Selfmoord is eerder, soos Al Alvarez in The Savage God- A Study of Suicide (1971) skryf, ‘n natuurlike reaksie op ‘n onnatuurlike toestand. Die bipolêre Amerikaanse kunstenaar Ralph Barton se selfmoordbrief uit 1931 bevestig Alvarez se stelling treffend:

Everyone who has known me and who hears of this will have a different hypothesis to offer, to explain ‘why I did it’. Practically all of these hypotheses will be dramatic and completely wrong. Any sane doctor knows that the reasons for suicide are invariably psychopathological. Difficulties in life merely precipitate the event and the true suicide type manufactures his own difficulties. […] I have run from wife to wife, from house to house and from country to country in a ridiculous effort to escape from myself. In doing so, I am very much afraid that I’ve spread a good deal of unhappiness among the people who have loved me.

 Deur te glo groot kuns en letterkunde blom natuurlik uit vernietigende, uitmergelende patalogieë, versterk ons eintlik ‘n gevaarlike mite rondom depressie en ander geestesversteuringe. Want om geestesongesteldhede te verheerlik as ‘n bron van inspirasie  is die keersy van die munt wat glo goeie oefening, geloof en die regte dieet is al wat nodig is om klinies depressiewe en/of bipolêre mense reg te sien. Albei sienings weier om die mediese, dikwels oorerflike werklikheid van hierdie siektes te verreken.

Ingrid Jonker

Ingrid Jonker

Sou Plath, Jonker en Kurt Cobain vandag dieselfde status gehad het as hulle aan kanker oorlede is? En wat is kliniese depressie en bipolariteit anders as ‘n potensieel dodelike kanker van die gemoed.

Plath se goeie vriend, die digter en kritikus Al Alvarez, stel dit so in The Savage God:

It [Sylvia’s suicide] was a mistake, then, and out of it a whole myth has grown. I don’t think she would have found it much to her taste, since it is a myth of the poet as a sacrificial victim, offering herself up for the sake of her art, having been dragged by the Muses to that final altar through every kind of distress. In these terms, her suicide becomes the whole point of the story, the act which validates her poems, gives them interest and proves her seriousness.  […] The pity is not that there is a myth of Sylvia Plath but that the myth is not simply that of an enormously gifted poet whose death came carelessly, by mistake, and too soon.

So kom ons gee die verraderlike muses van melancholie en manie wat hulle toekom. Kom ons vier ook die werk van Plath, Jonker en kie as ‘n triomf van wil en dissipline oor die verstrengelde swakhede van vlees en gees. Maar kom ons beoordeel hul nalatenskap volgens die kriteria wat vir enige goeie letterkunde geld, en hou op om kunstenaars wat ongelukkig hul eie lewe geneem het in ‘n irrasionele waas van vertwyfeling, as ikone te huldig wat die hoogste prys ter wille van integriteit en selfbehoud betaal het. Ons is dit verskuldig aan hulle wat verdwaas agtergebly het en aan almal wat verbete aanhou tonnel na lig, al is die wêreld skynbaar om hulle uitgedoof.

Plath en Ted Hughes se seun, Nicholas, het hom verlede jaar op 47-jarige ouderdom opgehang ná ‘n lang stryd teen depressie. Hy was’n gerekende marine-bioloog. In sy gedig “Life after Death” uit The Birthday Letters (1998) skryf Hughes die volgende oor Nicholas:

Your son’s eyes, which had unsettled us
With your Slavic Asiatic
Epicanthic fold, but would become
So perfectly your eyes,
Became wet jewels,
The hardest substance of the purest pain
As I fed him in his high white chair.

 Die bloed wat spuit uit psigiese wonde (Plath se “blood jet”), is immers nie net poësie nie – dit is ook die versinnebeelding van pyn wat mense lewend opvreet. In die week van Plath se selfmoord, was daar 99 ander geregistreerde selfmoorde in Brittanje alleen en volgens die W.G.O. neem ten minste 1 000 mense per dag wêreldwyd hul eie lewe. Dit word geraam dat ongeveer twee derdes van diegene wat selfmoord pleeg, aan depressie of bipolariteit ly. ‘n Bitter klein fraksie van hulle wat hand aan eie lewe slaan, laat enige boeke, komposisies of kunswerke agter.

Op 19 Julie vanjaar sal dit 45 jaar wees sedert Ingrid Jonker die see ingeloop het, maar dit was net die hartseer einde en nie die punt van haar lewe nie.

 

 

Beroemde digters wat waarskynlik aan depressie of bipolariteit gely het

 

   Opname in ’n psigiatriese hospitaal
ϕ   Selfmoordpoging
  Selfmoord

Charles Baudelaire ϕ
John Berryman
William Blake
Robert Burns
Lord Byron
Paul Celan ┼
John Clare 
Samuel Taylor Coleridge
Hart Crane 
Emily Dickinson
T.S. Eliot
Friedrich Hölderlin
Gerard Manley Hopkins
Victor Hugo
Randal Jarrell 
Ingrid Jonker 

Wilhelm Knobel 
Vachel Lindsay 
Robert Lowell
Osip Mandelstam
ϕ
Eugène Marais 
Vladimir Mayakovsky 
Gérard de Nerval 
Cesare Pavese ┼
Sylvia Plath 
Edgar Allan Poe
ϕ
Ezra Pound 
Theodore Roethke 
Delmore Schwartz 
Anne Sexton 
Percy Bysse Shelley 
ϕ
Alfred Lord Tennyson
Dylan Thomas
Georg Trakl 
Marina Tsvetayeva 
Walt Whitman

Uit: Touched with Fire – Manic-Depressive Illness and the Artistic Temperament (1993) deur Kay Redfield Jamison [behalwe eie byvoegsels soos  Jonker, Marais, & Knobel]

Jane Kenyon – Having it Out with Melancholy

 

1 FROM THE NURSERY

 

When I was born, you waited

behind a pile of linen in the nursery,

and when we were alone, you lay down

on top of me, pressing

the bile of desolation into every pore.

 

And from that day on

everything under the sun and moon

made me sad — even the yellow

wooden beads that slid and spun

along a spindle on my crib.

 

You taught me to exist without gratitude.

You ruined my manners toward God:

“We’re here simply to wait for death;

the pleasures of earth are overrated.”

 

I only appeared to belong to my mother,

to live among blocks and cotton undershirts

with snaps; among red tin lunch boxes

and report cards in ugly brown slipcases.

I was already yours — the anti-urge,

the mutilator of souls.

 

 

2 BOTTLES

 

Elavil, Ludiomil, Doxepin,

Norpramin, Prozac, Lithium, Xanax,

Wellbutrin, Parnate, Nardil, Zoloft.

The coated ones smell sweet or have

no smell; the powdery ones smell

like the chemistry lab at school

that made me hold my breath.

 

 

3 SUGGESTION FROM A FRIEND

 

You wouldn’t be so depressed

if you really believed in God.

 

 

4 OFTEN

 

Often I go to bed as soon after dinner

as seems adult

(I mean I try to wait for dark)

in order to push away

from the massive pain in sleep’s

frail wicker coracle.

 

 

5 ONCE THERE WAS LIGHT

 

Once, in my early thirties, I saw

that I was a speck of light in the great

river of light that undulates through time.

 

I was floating with the whole

human family. We were all colors — those

who are living now, those who have died,

those who are not yet born. For a few

 

moments I floated, completely calm,

and I no longer hated having to exist.

 

Like a crow who smells hot blood

you came flying to pull me out

of the glowing stream.

“I’ll hold you up. I never let my dear

ones drown!” After that, I wept for days.

 

 

6 IN AND OUT

 

The dog searches until he finds me

upstairs, lies down with a clatter

of elbows, puts his head on my foot.

 

Sometimes the sound of his breathing

saves my life — in and out, in

and out; a pause, a long sigh. . . .

 

 

7 PARDON

 

A piece of burned meat

wears my clothes, speaks

in my voice, dispatches obligations

haltingly, or not at all.

It is tired of trying

to be stouthearted, tired

beyond measure.

 

We move on to the monoamine

oxidase inhibitors. Day and night

I feel as if I had drunk six cups

of coffee, but the pain stops

abruptly. With the wonder

and bitterness of someone pardoned

for a crime she did not commit

I come back to marriage and friends,

to pink fringed hollyhocks; come back

to my desk, books, and chair.

 

 

8 CREDO

 

Pharmaceutical wonders are at work

but I believe only in this moment

of well-being. Unholy ghost,

you are certain to come again.

 

Coarse, mean, you’ll put your feet

on the coffee table, lean back,

and turn me into someone who can’t

take the trouble to speak; someone

who can’t sleep, or who does nothing

but sleep; can’t read, or call

for an appointment for help.

 

There is nothing I can do

against your coming.

When I awake, I am still with thee.

 

 

9 WOOD THRUSH

 

High on Nardil and June light

I wake at four,

waiting greedily for the first

note of the wood thrush. Easeful air

presses through the screen

with the wild, complex song

of the bird, and I am overcome

 

by ordinary contentment.

What hurt me so terribly

all my life until this moment?

How I love the small, swiftly

beating heart of the bird

singing in the great maples;

its bright, unequivocal eye.

 

 

 HIerdie artikel het ook in Rapport Boeke verskyn. – Red.

Bookmark and Share

Comments are closed.