Philip de Vos. “Stuff and Nonsense!” Alice said loudly

Stenig my maar, maar al die jare nog, was dit lawwe versies wat my nog altyd meer geïnteresseer het as die uitinge van ’n T.S. Eliot of ’n Van Wyk Louw. En altyd het ek die verskoning dat ek maar ’n bietjie aan die dom kant is.

Versies soos George A. Strong se

 

SONG OF MILKANWATHA

He killed the noble Mudjokivis –

Of the skin he made him mittens.

Made them with the fur side inside.

Made them with the skin side outside.

He, to get the warm side inside,

Put the inside skin side outside.

Put the warm side fur side inside.

That’s why he put the fur side inside.

Why he put the skin side outside;

Wy he turned them inside outside.

 

Ogden Nash se THE COW

 

The cow is of the bovine ilk:

One end is moo, the other milk.

 

Of die volgende twee anonieme versies:

 

As I was going up the stair

I met a man who wasn’t there.

He wasn’t there again today.

How I wish he’d go away!

 

ODE TO A GOLDFISH IN A BOWL

O

wet

pet

 

en natuurlik Lewis Caroll met sy Jabberwocky en ’n versie soos:

 

Twinkle, twinkle little bat.

How I wonder what you’re at.

Up above the world you fly

like a tea-tray in the sky.

 

 

En ek is seker dat selfs die wyse koning Salomo liewers Breyten Breytenbach as A.G. Visser sou wou lees, want luister wat sê hy in Spreuke 7:

Dit is beter om na ’n huis toe te gaan waar daar gerou word as na ’n huis waar daar feesgevier word. Droefheid is beter as lag; agter ’n somber gesig skuil ’n helder gees.

 

Versie-makers daarenteen het my nog altyd baie na aan die hart gelê: Die skryfsels van Annie M.G. Schmidt, Ogden Nash, Edward Lear, Hilaire Belloc, Jack Prelutsky en iets soos Wilhelm Busch se Max und Moritz.

Wat is dit dan omtrent nonsens wat so baie geleerdes dronkslaan?

Spike Milligan het êrens geskryf: The extraordinary part of nonsense is that only a small persentage of people gain pleasure from it. I notice that nonsense is always acceptable to the young. I have tried it successfully with children of all races and 99% have always laughed. But then I have sat with grownups (intellectuals) who are totally baffled by nonsense.

So-ook sê Bryan Holme: On the face of it, writing of nonsense would seem very easy, yet, first rate nonsense is as difficult to write as fine poetry.

Die heel eerste versie wat ek ooit geskryf het was in 1978 en dié was seker alreeds ’n aanduiding van wat oppad was en sedertdien skryf ek maar steeds soos ek gebek is:

 

Wat is die verskil

tussen kate en muise?

Muise het sterte

en katte het luise.

Ja, muise het sterte

en so ook ’n kat,

maar geen muis,

het ’n luis

of ’n kat op sý blad.

’n Muis het ’n luis

en ’n stert

nes ’n perd

en perde het luise,

maar ly nooit aan muise.

En katte het luise

en lang gladde sterte

en soms kyk hul dromerig

dóér in die verte

na muise

en luise

en perde

soos huise

en dis hoe jy weet

wat is katte

en muise.

 

 

Bookmark and Share

2 Kommentare op “Philip de Vos. “Stuff and Nonsense!” Alice said loudly”

  1. Leon Retief :

    Philip, kyk of jy Martin Gardner se “The Annotated Alice” kan kry – waarskynlik al uit druk, maar baie lekker leesstof.

  2. Philip de Vos :

    Leon, dankie laat jy my laat weet het. Ja, ek ken die titel, maar het nog nie self die boek gelees nie. Ek sien daar is wel ‘n nuwe Penguin uitgawe wat mens deur Take2 vir R137 kan bestel.