Persverklaring: ATKV-Woordveertjietoekennings

Woordveertjies

 

PROJEKORGANISEERDERS:   

Nita Cronjé en Jeanné Naudé

 

 

 

 

Gesogte ATKV-Woordveertjies vir presteerders

 

Die tyd vir woorde en wenners is net om die draai wanneer die jaarlikse ATKV-Woordveertjies, in samewerking met Sanlam, op Vrydag, 10 September by MolenVliet net buite Stellenbosch, aangebied word.

Tydens hierdie prestigegeleentheid word uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord bekroon. ‘n Uitgesoekte groep gaste sal getrakteer word met spesiale spyse, pryse en woordvermaak.

Die hoogtepunt van die aand sal die toekenning van die ATKV-Prosaprys asook die ATKV-Prestigetoekenning wees. 

Finaliste (alfabeties gelys volgens van) in die volgende kategorieë, sluit in: 

ATKV-Prosaprys

  • Thula-thula - Annelie Botes (Tafelberg)
  • Skerpioen - Wynand Coetzer (LAPA Uitgewers)
  • Santa Gamka - Eben Venter (Tafelberg)

Prys vir Liefdesroman

  • Iemand vir ‘n scoop? - Marida Fitzpatrick (Tafelberg)
  • Anderkant Pontenilo - Irma Joubert (Tafelberg)
  • Reën oor die Serengeti - Connie Luyt (Human & Rousseau)

Prys vir Poësie

  • Die algebra van nood - Johann de Lange (Human & Rousseau)
  • Oogensiklopedie - Gilbert Gibson (Tafelberg)
  • Vuurwiel - Joan Hambidge (Human & Rousseau)

Prys vir Romanses

  • Voorskrif vir die hart - Kristel Loots (Tafelberg)
  • Tussen jazz en rock - Elsa Winckler (LAPA Uitgewers)

Prys vir Spanningslektuur

  • Plaasmoord - Karin Brynard (Human & Rousseau)
  • Seisoen van sonde - Chris Karsten (Human & Rousseau)
  • Boheem - Chanette Paul (LAPA Uitgewers)

Prys vir Dramateks

  • Skrapnel - Willem Anker
  • Porselein - Denise Bester
  • Agterplaas - Charles J. Fourie

Woordwystoekenning

  • Annerlike Afrikaans - Samesteller: Dr. Anton Prinsloo (Protea Boekhuis)

EINDE

Bookmark and Share

Los kommentaar