Jeanette Ferreira. Uitnodiging aan digters
Best Books (’n druknaam van NB-Uitgewers) stel ‘n digbundel saam met die oog op voorskrywing vir leerders van 10 tot 14 jaar oud. Best Books wil graag soveel as moontlik nuwe gedigte daarin opneem.
Stuur asseblief jou gedig/te aan die samesteller, Jeanette Ferreira, by deerpark@vodamail.co.za.
Tantième vir verse wat aanvaar word, word per versreël bereken. Die titel is vonk@verse.
Die volgende temas word in die bundel gedek:
- 1. Omgewing
- 2. Liefde
- 3. Tegnologie
- 4. Ikone
- 5. Ubuntu
- 6. Sport (veral ‘n vers oor vuvuzelas en die WB 2010 sal baie welkom wees!)
- 7. Hemelruim
- 8. Geskiedenis, mondelinge literatuur
- 9. Huisdiere





Die probleem met tantième per versreël. Sê nou net ek stuur die volgende versie:
Hallo, walvis,
hoesie water?
Nat, ou pellie.
Sien jou later!
En hy word as volg afgedruk:
Hallo
walvis!
Hoesie
water?
Nat,
ou pellie!
Sien
jou
later!
Word ek dan meer betaal? Want 9 reëls is mos meer as 4. En op hierdie manier kan digters mos later ‘n sak vol geld maak! Ek sê maar net.
Hoeveel klein tale is geseend met ‘n digter soos Philip de Vos? Ek hoop die boek is vol van sy skepsels.
Betaal hom maar per woord, Jeanette.
Philip, moenie stres nie, ons sal dit nooit aan die walvis en sy pellie doen nie! Versree”ls word eerbiedig in die vorm wat die digter dit aan ons stuur.
Philip, ek het nie ‘n e-pos vir jou nie. Gaan jy vir ons ‘n klompie verse stuur, pellie, of is die walvis weg?
Hemel hier is ons ‘n maan later! Jeanette kan jy net laat weet watter kant toe is die sluitingsdatum asseblief? Hier by my is ‘n likkewaan en ‘n otter.