Sounds Electronic van Dan Hill. Kan iemand help?

Ek lees sopas Marlise se kommentaar op “Die wysies draai om en om” met die ou plate waarna sy verwys. Toe wonder ek maar net of iemand my kan help om in een of ander vorm weer die musiek van Dan Hill se “Sounds Electronic” in die hande te kry. As ek reg is was daar ‘n stuk of tien albums. Dan was in die sestiger jare betrokke by RPM en Gallo plate maatskappye maar ek is seker hoe nie.

 

Veral die eerste drie albums was musiek waarop ons gedans het tot ounag toe. Kan iemand help asb want die jare stap nou aan en ek wil graag nog weer ‘n slag  op Dan se musiek dans…..of dalk ‘n traantjie pik oor die lekker ou sorgelose dae.  

 

Dries Cilliers 

George

082 925 7348

 

 

Bookmark and Share

Een Kommentaar op “Sounds Electronic van Dan Hill. Kan iemand help?”

  1. Dries, ek is amper oortuig daarvan daar is een by my ouers se huis. Sal volgende week bietjie kyk…

Los kommentaar