Chopin en Schumann in die Musaion
Die een voordeel van universiteitskampusse is middagetekonserte - stukkies vrede so tussendeur merkwerk en kleinlike akademiese politiek. Ek het ʼn paar weke gelede ʼn pragtige weergawe van Schubert se toonsetting van Der Erlkönig in die Musaion gehoor. Die Musaion, op die kampus van die Universiteit van Pretoria, is deur die argitek Brian Sandrock ontwerp en het sterk Brasilies-modernistiese invloede; ʼn lieflike stukkie argitektuur, saam met die Amfiteater, wat daaraan vas is. Hierdie Woensdag en Donderdag word daar ʼn Chopin en Schumann Fees aangebied. Vir besonderhede loer hier in.






Ja, dis ‘n lieflike gebou. En ek dog net Stellenbosch bied middagetekonserte aan! Ek het pas by ‘n tweedehandse CD-winkel vir my ‘n opname van Bach orrelkomposisies gekoop en luister nou daarna in my hotelkamer. O die vrede.
Desmond, ten minste hoef die Musaion nie gesoundproof te word teen die klank van vallende akkers nie. Jakarandablomme land sag, al is hulle dalk “kitch-pers”.
Geniet die Bach en die vrede.