Madeleine Gelderblom. Oor die gedig Fiona Coyne deur Joan Hambidge
Ek wil graag vir Joan Hambidge gelukwens met haar uitstekende gedig oor Fiona Coyne. Wat ‘n intellek en medemenslike meelewing verg dit nie om so ‘n tragedie so treffend poëties te verwoord nie. Ek het ook al Hambidge se ander gedigte op die Versindaba gelees en vind al die werk daar ‘n stralende bevestiging dat sy ontwikkel het in een van die beste Afrikaanse digters, indien nie die heel beste nie. Haar werk het vir my ‘n nog groter poëtiese intensiteit en intellektuele onderbou as die gedigte van Van Wyk Louw en Elisabeth Eybers. Dit is ‘n skande dat Joan Hambidge nog nie met die Hertzogprys bekroon is nie. Hopelik is dit volgende jaar sulke tyd.
Ons moet ons nasionale skatte koester en al die lof en eer gee wat hulle toekom. Nie net as skrywer nie, maar ook as akademikus is Hambidge fenomenaal en het sy nie haar gelyke in hierdie land nie, in Afrikaans én Engels. ‘n Land wat geseën is met so ‘n enorme talent kan net geseënd voel.
Die uwe
Madeleine Gelderblom






Beslis!
Jy grap seker!
Ek dink J C Kannemeyer moet beslis kennis neem van Madeleine Gelderblom se skrywe. Sy kan die ganse kanon vir ons hertakseer en indeel. Cloete en Stockenström, Breytenbach, Opperman word van die tafel gevee. Trouens, wat is MG se maatstawwe? In die woorde van Joop Vorster: Is dit `n grap?
God behoed ons letterkunde.
Hierdie moet duidelik ‘n grap wees…druppende sarkasme…liewe aarde maar die MG vrou het ‘n nare kant wat sy nou openbaar ten toon gestel het. Hamba!
Herman jou resensie oor die Gaums was puik. Hoe verfrissend!
Nou sarkasme en kompliment is die jin/jang en presies dieselfde ding, te wete: dit pla jou.
Geen reaksie, nada, niks, dis die triek. So behoed ons in ‘n letterkunde van GEEN reaksie, GEEN polemiek.
‘n Mens moet dus op ‘n soentjie dieselfde reaksie toon as ‘n klap (metafories gesproke nou).
Ai toggie, liewe Johanna. Soos W.C. Fields geseg het: “I don’t have to attend every argument I’m invited to.”
Ditto, ditto