Philip de Vos. Sepie-tyd
SEPIE-TYD
Tant Bettie sê:
“Ek is bevrees
ek gaan nie meer
koerante lees.
Elke dag is daar
verkragting,
moord en brand
en boereslagting.
Ek verkies
my lekker sepies
bo ‘n lyk
geruk aan repies.
Gee my liewer
Isidingo
as ‘n moord
in Isipingo.”
© Philip de Vos. Okt. 2010








Die spyker is pragtig geslaan tot teen die hout.