Leon Retief. Die Maritimes

Die Maritimes (Nova Scotia, New Brunswick en Prince Edward Island) is drie klein provinsies aan die Atlantiese kus van Kanada en met reg gewilde bestemmings vir vakansiegangers. My vrou Lesli en ek het onlangs vir twee weke in Nova Scotia vakansie gehou.

Halifax, die hoofstad van Nova Scotia, is ʼn besonder aangename stad, ryk aan geskiedenis en besienswaardighede. Halifax en Kaapstad het ʼn paar dinge in gemeen: beide het ʼn fort, alhoewel Kaapstad praat van ʼn kasteel en Halifax van ʼn “Citadel”, in al twee stede word ʼn kanon om 12h00 afgevuur en beide het ʼn hotel met “Nelson” in die naam – onderskeidelik die Mount Nelson en die Lord Nelson. Halifax het die tweede grootste natuurlike hawe in die wêreld naas Sydney in Australië en ʼn waterfront wat minder gerig is op die verkoop van allerhande kaggelkakkies as dié van Kaapstad.

Halifax vanaf 'n veerboot

Halifax vanaf 'n veerboot

 

Die Fairview Lawn Cemetery het meer as ʼn honderd grafte van drenkelinge wat omgekom het toe die Titanic gesink het. ʼn Besoek aan hierdie begraafplaas is besonder interessant want die gids is ʼn fanatiese Titanic historikus. Het julle geweet dat die Titanic 36 000 lemoene aan boord gehad het toe dit uit Engeland vertrek het? Nee, ek ook nie.

Die grafte is almal genommer in die volgorde waarin die lyke uit die see gehaal is. Daardie lyke wat nooit geïdentifiseer is nie se grafte het net nommers, ander het name en nommers. Graf nommer 227 is dié van J. Dawson en soos ek van die gids verstaan was Jack Dawson een van die karakters in die fliek oor die Titanic. Dit is blote toeval, maar sedert die verskyning van die film word Dawson se graf byna elke dag bedek met ruikers. Die werklike Joseph Dawson was ʼn “coal trimmer” – wat sou dit in Afrikaans wees? (ʼn Coal trimmer is iemand wat steenkool in die ruim moet verskuif om die skip se balans konstant te hou namate die steenkool verbruik word). Vreemd dat die graf van so ʼn totaal onbekende persoon, al byna ʼn eeu onder die grond, nou deur fliekvlooie met blomme versier word.

Nog ʼn graf is die van die violis in die orkes wat op die Titanic gespeel het en ook sy graf het ʼn ruiker gehad. Hume se werkgewer was nie die eienaars van die Titanic nie maar ʼn maatskappy wat musici aan passasierskepe verskaf het. ʼn Paar maande na sy dood het sy pa ʼn rekening van sowat £14 ontvang omdat sy seun nie sy uniform aan die betrokke maatskappy terug besorg het nie.

Hume se graf

Hume se graf

 

Nova Scotia het waarskynlik die meeste kerke per honderd vierkante kilometer van enige gebied wat ons nog besoek het, meestal Presbiteriaans, ʼn oorblyfsel van die talle Skotte wat in die provinsie destyds bevolk het.

Die argitektuur van die kerke het my fassineer – op een uitsondering na was almal van hout gebou. Daar was darem hier en daar ʼn Katolieke kerk en met die dat Lesli ʼn goeie en getroue Katoliek is het ons die gewoonte om elke keer wanneer ons ʼn Katolieke kerk besoek, waar in die wêreld ook al, ʼn kersie aan te steek ter herinnering aan ons oorlede dogter Liezl. In Nova Scotia kon ons dit egter nie doen nie want die bouregulasies verbied dit – die kerke is van hout en dus mag die gebou aan die brand raak. Burokrasie….

Die drie bekendste kerke in Nova Scotia is waarskynlik in Mahone Bay en hierdie een was vir ons die mooiste.

Kerk in Mahone Bay
Kerk in Mahone Bay

 

Ons het twee nagte in Grand Pré vertoef. Die naam het ʼn klokkie gelui en na ʼn paar uur se rondkrap in my gedagtes het ek onthou: Longfellow en sy lang, baie lang gedig Evangeline wat onder andere afspeel in die omgewing van Grand Pré:

 

THIS is the forest primeval. The murmuring pines and the hemlocks,

Bearded with moss, and in garments green, indistinct in the twilight,

Stand like Druids of eld, with voices sad and prophetic,

Stand like harpers hoar, with beards that rest on their bosoms.

Loud from its rocky caverns, the deep-voiced neighboring ocean

Speaks, and in accents disconsolate answers the wail of the forest.

This is the forest primeval; but where are the hearts that beneath it

Leaped like the roe, when he hears in the woodland the voice of the huntsman?

Where is the thatch-roofed village, the home of Acadian farmers —

Men whose lives glided on like rivers that water the woodlands,

Darkened by shadows of earth, but reflecting an image of heaven?

Waste are those pleasant farms, and the farmers forever departed!

Scattered like dust and leaves, when the mighty blasts of October

Seize them, and whirl them aloft, and sprinkle them far o’er the ocean.

Naught but tradition remains of the beautiful village of Grand-Pré.

Ye who believe in affection that hopes, and endures, and is patient,

Ye who believe in the beauty and strength of woman’s devotion,

List to the mournful tradition still sung by the pines of the forest;

List to a Tale of Love in Acadie, home of the happy.

 

 

Die enigste karakter in hierdie gedig wat werklik geleef het is René Leblanc. Ek weet nie of hy werklik twintig kinders en honderd kleinkinders gehad het soos wat Longfellow ons vertel nie.

Grand Pré is vandag ʼn dorpie van sowat vyftig huise, ʼn hotel, garage, restaurant en twee wynplase. Dit is ook na aan die Bay of Fundy waar die grootste getye ter wêreld voorkom – die water styg en daal tot 17 meter. Die see in daardie omgewing is besonder kalm, trouens, die wateroppervlak lyk meer soos ʼn plaasdam. As mens met laagwater daar aankom dan lê die see seker so 2 kilometer weg agter ʼn groot moddervlakte. In stede van die skuimende, spattende en donderende branders wat ons verwag het, het die water so soetjies en byna ongemerk nadergekruip totdat dit teen ons voete was. Nie so ʼn aanskoulike skouspel soos ons gedink het nie, maar die stilte en rustigheid van die proses het ons bekoor.

Aan die noordekant van Nova Scotia is Cape Breton Island, yl bevolk, met die Cabot Trail, ʼn heel aanskoulike kusroete wat mens in twee dae kan aflê as jy nie haastig is nie. Daar is allerhande kronkelpaadjies en so in die middel van nêrens kom mens op interessante winkeltjies af wat als verkoop van vars vis, kreef en jerky tot gedroogde seewier.

Winkeltjie
Winkeltjie

 

ʼn Hele paar bekende digters woon in die Maritimes. Ek was gelukkig genoeg om ʼn ondertekende kopie van Anne Compton van New Brunswick se bundel Processional vir ʼn skamele $15 aan te skaf. Sy het ʼn paar jaar gelede die Goewerneur-Generaal Prys vir digkuns ontvang en in hierdie bundel beskryf sy die daaglikse doen en late van ʼn huishouding, die wisseling van die seisoene, lewe en dood, die geluk en droefheid wat met menswees saamgaan.

 

Obiter Dicta, While Spring Housecleaning

 

Words are like windows, unremarkable if clean. Vinegar works best.

 

Working away wood smoke and rain smear. Hank Williams crooning ‘bout love.

 

A chronic wasting disease that affects men handling six-wheelers and sonnets.

 

What I wouldn’t do for a Glenfiddy just now.

 

Once more the windows are full of leaves.

 

All the white in the world is in the ditches: Yarrow in bloom.

 

Achilles millefolium, its proper name. Achilles ook an arrow in the heel. The heart hurts worse, according to Hank.

 

At play in the fields of the Lord: I wish.

 

If here was a gazebo in the garden, we’d go there.

 

Shall we, I’d say, finish up with fruit in the garden?

Strengthen me with raisins/refresh me with apples: The Song of Songs, and isn’t it?

 

At the border, a sign: Honeybee Importation Not Allowed. Armed guards, by God, combing.

 

Some sweetness made it over. The noblest of things, Sweetness & Light, improve with acidic age.

 

On the East Coast, we’re shutting down the lights, the better to see the stars: Dark Sky Reserve.

 

A moony night could follow a sunny day: Chances are one in four.

 

Life is like malt, the single is better.

 

 

A Death in March

 

       Even so the Spring goes forward

The rind of the trees weepy with sap. No spigot to carry it off.

From here to the other side, ice is motley. The river’s current

expression: a stutter of ice cakes on the shore. Fret of spume.

        Some days, though, we waken to snow,

fugacious erasure of mud and broken branches.

We feel the setback. Want the spectacular squalor

of spring: its colourless smear: There’s no word for that.

For snow falling, fugue slow, through fog. Earth and air

unable to settle what it’s to be. Now is after. Or, ahead?

Interregnum: It’s beauty is brutal. A raw wind through bereft.

 

My geliefkoosde Kanadese digter bly steeds Don Domanski van Halifax, van wie ek voorheen al gedigte geplaas het. In die volgende gedig verwys hy na die Victoriaanse gewoonte om suikerbekkies (hummingbirds) soos blomme in hul Bybels saam te pers.

 

 

A HUMMINGBIRD’S HEART BEATS 1260 TIMES A MINUTE

for Julia

 

This man will sit in his chair till sunrise. It’s been a long day, and

now the conversations of the day will separate the blades of grass to

lie down. Now the pauses between words possess everything. The

diligence of emptiness knowing no end that he can see, ecstasy of

blank spaces between the stones, and all thoughts out of the stones,

allowed to wander till morning. There’s a sadness about him that

he can’t interpret, like streamlets carrying strokes of blood back

to a source it doesn’t understand. Like all the little sibyls under the

floorboards that can’t speak a word, and the books on the shelves

that can’t read themselves. In his room only the hummingbird

understands, pressed between the pages of the family bible in the

1850’s, like a rose that understood flight, pushed flatly, woefully

against all the words of God. A flower where the darkness gathers

in the shape of a bird, where death gathers 1260 times a minute.

That’s enough sorrow for even a man to understand, to find his

place, the weight of his unhappiness, that feather falling inside

himself, where there are no wings, no flying into light, not a

flutter, no answers coming from motion.

 

 

Mere

 

I lie beside a pond     hidden by weeds

the nearest things are approaching

a hush is like a place

shining water and shining stones

homecoming is an ever-receding will

then a breeze outstretched to clouds

then a sparrow carried on a stranger’s wings

Bookmark and Share

2 Kommentare op “Leon Retief. Die Maritimes”

  1. Louis :

    ‘n Wonderlike inskrywing, Leon. ‘n Mens besef nie aldag watter rykdom van kultuurskatte in afgeleë plekke soos wat jy hier beskryf gevind kan word nie … Terloops, ek deel jou entoesiasme oor Domanski. Die laaste twee aangehaalde verse vind ek besonder roerend. Baie spesiaal, inderdaad.

  2. Melanie Grobler :

    Hummingbird’s Heart.

    Wat ‘n lieflike gedig. So bly jy stel ons bloot aan die Kanadese digters.