My Philip de Vos. Hond (deel een)

 Die ander dag haal ek Lina Spies se versameling verhale en gedigte oor katte uit my boekrak.

Die titel sê alreeds alles: MAJESTEIT, die kat. En dit is sowaar so ’n deftige publikasie: koffietafel-grootte, diep karmosyn omslag en die letters in goud gedruk. En toe ek binne begin blaai en gedigte sien van ons grotes: Sheila Cussons en Johann de Lange en Antjie Krog en Elizabeth Eybers en natuurlik Lina Spies, toe voel ek ’n bietjie minderwaardig, want sou ek dalk ’n boek oor honde moet versamel, sou dit seker ’n bietjie anders daar uitsien: ’n Slapband met vergeelde papier met die minder imponerende titel: MY HOND.

Maar nou ja, dit sal maar seker altyd so wees. Die kat sit op sy troon, en die hond lê en snork saam met jou onder die komberse.

Maar daar is seker geen rede om minderwaardig oor my hondeliefde te voel nie, want na baie deeglike deurlees van my Bybel het ek met rooi pen gemerk dat honde 44 keer in die Bybel genoem word: 35 keer in die Ou Testament en 9 keer in die Nuwe Testament en Lina Spies se katte nie ’n enkele keer nie! Nou voel ek nie meer so sleg nie. die enigste probleem is dat honde alleen genoem word as hulle nare vrouens soos Isebel opvreet, maar dit daar gelaat.

En as mens eers in die wêreldletterkunde begin rondkrap, vind jy gedigte oor katte deur al die groot poëte, maar die arme honde moet maar tevrede wees met versies wat rym, maar ai tog, hoe lekker laat dit my tog nie voel nie, want groot woorde het ek nog nooit verstaan nie, en wat’s verkeerd met rym?

Selfs daardie rympies van jou kinderdae sal vir altyd by jou bly. Van Old Mother Hubbard wat na haar cupboard toe gegaan het en tevergeefs vir ’n beentjie vir haar arme hondjie gaan soek het teenoor daardie bedorwe kat van:

 

Hey diddle, diddle

the cat and the fiddle.

The cow jumped over the moon.

 

Ja, weereens trek honde aan die slegste end: Die kat speel viool terwyl die arme hondjie na ’n beentjie smag.

Maar daardie eenvoudige versies het my geliefde honde net dieper in my hart laat kruip. En kyk maar self wat gebeur as jy die Engelse woord Dog agterstevoor skryf. Ja, dit laat mens nogal dink …

In die wêreld van Hollywood was Walt Disney ’n ware hondeliefhebber. Dink maar net aan hoe liefdevol hy vir Pluto behandel en die 101 Dalmations en Lady and the Tramp. Sy katte daarenteen is aaklige gediertes, soos byvoorbeeld die vieslike kat in Cinderella.

En dink maar net aan die Hollywood-films wat jou ’n warmte om die hart laat kry: Lassie come home, en Old Yeller en Marley and Me en die onlangse Hachiko – A dog’s Story. Was daar nog ooit ’n storie oor katte wat enige iemand op aarde laat huil het? Ek twyfel.

En luister net hoe mooi rym Ogden Nash oor ’n hond:

 

THE DOG

The truth I do not stretch or shove

When I state the dog is full of love.

I’ve also proved by actual test

A wet dog is the lovingest.

 

En natuurlik weet almal hoe goed ’n hond kan hoor. Ritsel maar net ’n lekkergoedpapiertjie, en kyk wat gebeur en hoor hoe mooi stel Liesel Mueller dit:

 

WHAT THE DOG PERHAPS HEARS

 

If an inaudible whistle
blown between our lips
can send him home to us,
then silence is perhaps
the sound of spiders breathing
and roots mining the earth;
it may be asparagus heaving,
headfirst, into the light
and the long brown sound
of cracked cups, when it happens.
We would like to ask the dog
if there is a continuous whir
because the child in the house
keeps growing, if the snake
really stretches full length
without a click and the sun
breaks through clouds without
a decibel of effort,
whether in autumn, when the trees
dry up their wells, there isn’t a shudder
too high for us to hear.

What is it like up there
above the shut-off level
of our simple ears?
For us there was no birth cry,
the newborn bird is suddenly here,
the egg broken, the nest alive,
and we heard nothing when the world changed.

 

En die reukvermoë van honde is natuurlik legendaries. Ek wonder egter soms of honde self kan ruik as hulle daardie aaklige winde los.

G.K Chesterton rym oor die hond se reuksintuig op sy eie pittige manier:

 

THE SONG OF QUOODLE

 

They haven’t got no noses,

The fallen sons of Eve;

Even the smell of roses

Is not what they supposes

But more than mind discloses

And more than men believe.

The brilliant smell of water.

The brave smell of a stone,

The smell of dew and thunder,

The old bones buried under,

Are things in which they blunder

And err, if left alone.

The wind from winter forests,

The smell of scentless flowers,

The breath of bride’s adorning,

The smell of snare and warning,

The smell of Sunday morning,

God gave to us for ours.

And Quoodle here discloses

All things that Quoodle can,

They haven’t got no noses,

And goodness only knowses

The Noselessness of Man.

 

Die volgende gedig van Yehuda Amichai klink vir my ’n bietjie Bybels wreedaardig amper soos Simson gevoel het toe Delila hom met ’n ander man verraai het :

 

A DOG AFTER LOVE

After you left me
I let a dog smell at
My chest and my belly.

It will fill its nose
And set out to find you.

I hope it will tear the
Testicles of your lover and bite off his penis
Or at least
Will bring me your stockings between his teeth.

 

Maar op ’n ligter noot en veel eenvoudiger en natuurlik met met ’n bietjie sentimentaliteit wat mens van hondeliefhebbers verwag (en wat maak dit saak?) is hierdie versie van Ogden Nash:

 

FOR A GOOD DOG

My little dog ten years ago
was arrogant and spry,
Her backbone was a bended bow
for arrows in her eye.
Her step was proud, her bark was loud,
her nose was in the sky,
But she was ten years younger then,
And so, by God, was I.

Small birds on stilts along the beach
rose up with piping cry.
And as they rose beyond her reach
I thought to see her fly.
If natural law refused her wings,
that law she would defy,
for she could do unheard-of things,
and so, at times, could I.

Ten years ago she split the air
to seize what she could spy;
Tonight she bumps against a chair,
betrayed by milky eye!
She seems to pant, Time up, time up!
My little dog must die,
And lie in dust with Hector’s pup;
So, presently, must I.

 

Winnie – ’n swart Staffie was ’n wonderlike deel was van my lewe van 1993 – 2008 en op 9 Julie 1995 is my inskrywing oor haar in die Rapport-tydskrif se Skuins voor Maandag-kolom gepubliseer

 

WINNIE

’n Naamgeëry is ’n ernstige saak, veral as jy reken dat jy dalk vir 70 of 80 jaar daarmee opgeskeep sit. T.S. Eliot het gesê: The naming of cats is a difficult matter, maar hy kon net sowel mense of honde bedoel het.

Ek het gehoor van ’n muiserige meisietjie wat Cleopatra geheet het. Haar ma het seker gedink haar baba is allerpragtig en toe kry sy dié naam, maar later het selfs Max Factor nie eintlik verskil aan haar uiterlike gemaak nie en miskien sou die naam Mara veel beter gepas het. Cleopatra daar gelaat, want dis oor Winnie wat ek begaan is en nie oor ’n onaansienlike meisiekind nie.

’n Andersoortige dame het in my lewe gekom: ’n pikswart Staffordshire-bulterriër, en soos dit soms liefderik oor hulle gepraat word: ’n Staffie en verlangs familie van Jock of the Bushveld.

Ek het haar op Kersfees 1993 aanskou: sy was ses weke oud en pikswart behalwe vir twee wit haartjies op die pens. En toe sy haar eerste glips op die sitkamermat los – en dit was beslis nie van die nat soort nie – weet ek Winnie the Pooh is haar naam. Maar met daardie donker lyfie sou hierdie naam selfs by ons nuwe bedeling kon inpas, en dit help om polities korrek te wees. En toe noem ek haar Winnie en tot vandag toe sal sy op geen ander naam op aarde reageer nie.

Ek het nog altyd gereken ek is ’n kat-mens totdat Winnie daardie eerste keer haar nat snoet onder my duvet ingedruk het en my byna ’n hartaanval laat kry het en toe ewe onskuldig met haar honde-oë in myne gekyk het. Toe is ek gevang soos al die ander.

Die glipsies het mettertyd verdwyn, maar die frustrasies het gebly. Hulle sê mos ’n mens se karakter word in jou eerste lewensjare gevorm en ’n hond s’n in die eerste paar maande. Ek ontdek toe Winnie het literêre aspirasies. Die eerste boek wat sy in haar knaagstadium opgevreet het, was die Nuwe Testament. Toe het my vriend, Peter, opgemerk: “Nou het sy die Blye Boodskap in haar.” Maar selfs die Bybel-gedeeltes wat sy verorber het, het geen verskil aan haar maniere gemaak nie. Die volgende boek wat in die slag gebly het, was Huisgenoot, Wenresepte 2. Die halfgevrete blaaie het die huis volgelê. Toe kry sy ’n Karel Schoeman-boek beet, maar ongelukkig moet ek vermeld dat sy niks verder as die voorblad gekom het nie, wat bewys dat sy nie veel smaak vir hoghere letterkunde het nie.

By boeke het dit nie gebly nie. Een aand het Winnie my grimering bygekom … (maar eers moet ek vinnig verduidelik, ek dra nié vroueklere óf Chanel-parfuum in my vrye tyd nie, want opera is my daaglikse brood). Toneelgrimering het die hele tapyt volgelê en is deeglik met vier hondepote ingetrap. Dit was rooi en swart en pers kolle die hele wêreld vol en die volgende oggend moes ek op my knieë rondkruip en met waspoeier die skade probeer red. Vandag lyk die tapyt so effens anders as tevore: sulke wit-wit kolle, want die waspoeier wat ek gebruik het, maak glo die witste wit.

Ook van ’n hond se gehoorsintuig weet ek nou veel meer. Maak ek die yskas oop, sit Winnie gereed en kyk grootoog na my. En nou het ek ’n yslike skuldgevoel ontwikkel en kry sy gereeld ’n happie. Ek kan seker 5kg ligter weeg, sy ook.

Waarom bederf mens jou kinders so? Winnie lê langs die bed en slaap en soms skrik ek in die middel van die nag wakker. En dis nie vreemde geluide nie, maar vreemde reuke wat my laat wakker word. Winnie los die allervreeslikste winde …

En vlooie? Gou het ek agtergekom hoe lief hulle vir jong hondjies is, en het dié gebytery ’n versie geïinspireer:

 

Vlooie maak brakke

soms senuweewrakke

met al die gehop en gehappery.

En as hulle stop met die hap en gehop,

dan sit net die hond met die krappery.

 

En net so lief soos ek vir Winnie geraak het, is daar natuurlik dermiljoene ander honde-eienaars met hul eie Wagters en Fifi’s en Lulu’s en ek onthou die honde van my kinderjare: Gus wat sommerso verdwyn het, en die wonderlike herinnering van Bruno wat altyd in die huis geslaap het. Daardie aand in 1964 het dit in Bloemfontein begin sneeu, so saggies dat ons dit skaars besef het. Dié oggend toe my ma die kombuisdeur oopmaak, was die hele wêreld spierwit. Bruno het hom boeglam geskrik en het ’n grote plas net daar op die kombuisvloer gelos en ’n uur daarna was al die honde van die buurt aan die blaf en rondkerjakker in ’n splinternuwe wêreld wat so half en half bekend gelyk het.

En dan is daar die storie van Bubulina, my vriend, Deon Knobel, se hond. Terwyl hy op Bethlehem kuier, is Bubulina skielik dood. Deon word uit Kaapstad opgebel: Bubu is dood. Wat moet ek met haar maak? En

Deon antwoord: Sit haar in die diepvries tot ek terugkom.Dit was nog altyd vir my ’n heel makabere storie. Bubu in die vrieskas saam met die I & J Bevrore Ertjies. Maar nou dat ek ’n Winnie van my eie het, kan ek dit verstaan. Deon wou maar net vir Bubu vars hou om haar self te begrawe. En Ann Walton, die kunstenares-skryfster, het vir my gesê sy wil self by wees as haar eie Staffie, Honeybun, wat nou al half-blind en doof is, deur ’n veearts na ’n hondehemel gehelp word. En eendag wil ek self vir Winnie in die agtertuin begrawe.

 Winnie is nou al meer as ’n jaar by my, ’n tyd van vele frustrasies, maar ook een wat my laat besef het dat die cliché dat ’n hond die mens se beste vriend is, tog die reine waarheid. is.

Bookmark and Share

2 Kommentare op “My Philip de Vos. Hond (deel een)”

  1. T. Goosen :

    Pragtig! Ek voel ook so! Ditto!
    My Bulla het n maand terug ook die ewige in. Ek het so gehuil – sommer vir al die ander dinge waaroor ek nog nie kon huil nie. Ek het hom nog die volgende dag by my gevoel toe ek die hele erf loop en sy droppings optel. Ja! Dis die waarheid – hy was by my. Hy wou eers seker maak ek is veilig en of ek gaan stap sonder hom. Nee, ek het vir n volle week nie gaan stap nie. Te bang hy voel sleg.

    Ag, hoekom is jou beste pel dan net n tien jaar belegging? Ek tjank alweer. Koebaai.

  2. Marlise :

    Pragtige blog Philip! Ek sien jy noem een van Yehuda Amichai se gedigte. Ek het lank gelede baie vertalings gedoen van sy werk & toevallig hierdie vrye vertalinkie ook wat ek hier vir jou gaan neersit.

    ‘n Hond agterna

    Nadat jy my gelos het
    laat ek ‘n bloedhond snuif
    aan my bors en aan my maag. Laat ek hom
    met gesperde neusvleuels
    jag om jou te vind.

    O, ek hoop hy sal jou kry en jou minnaar
    se balle aan flarde skeur en sy penis afruk
    of dan ten minste
    tussen sy tande een van jou sykouse vir my bring.