Lize Viljoen. Waikiki strand, Oahu, Hawaii

Waikiki

My ouers het ‘n plaat gehad by die huis met ‘n liedjie op wat so gegaan het:

“Hani Tao, Uwa Wiki Wiki, she just smiled and said to me, as she gave me language lessons on the beach at Waikiki.”

Natuurlik wou ek nog altyd op dieselfde strand uitwas as op die plaat, en eindelik, verlede week en Dinsdag was dit my kans.

Met die huurmotor het ons die pad gevat, verby Pearl Harbour en verby die lughawe, tot in Honolulu. ‘n Kwaai beboude stad wat my laat dink aan Seoul, asof die Koreaanse bouers hier was. Immers maak Koreane ‘n groot persentasie van die bevolking uit op die eiland. Sien Wikipedia vir meer inligting hieroor: http://en.wikipedia.org/wiki/Hawaii

Ons het onder bome parkeer en begin afstap al met die strand af, verby die getypoel, verby waar die Katamarangs in en uit vaar en spanne op roeibote die golwe in gly. Tot by die oudste Hotel in Honolulu, die Royal Hawaiin Hotel. Kyk hier vir fotos: http://www.royal-hawaiian.com/photo_tour/index.aspx

So met die stap en foto’s neem en rondkyk sien ek toevallig hoe baie wit duiwe daar op die strand loop, en soos ek die een duif dopgehou het, kom die idee van ‘n gedig toe by my op en ek gryp toe my notaboek en griffel dit neer op die geel blaai met die rooi strepe in blou pen. Soos ek die gedig na die tyd weer oorgelees het het ek die dubbele betekenisse van die sinne begin raaksien, en het die gedig soos ek dit geskryf het ‘n heel ander betekenis begin aanneem waarmee ek aanvanklik begin het.

Hier is die gedig:

Waikiki Strand

Vandag, ‘n duif ontmoet

op die sand loop, reguit kyk

met knik-knik kop, nonchalant,

stertvere gebillabong, loslit

houding, vlerkslepend op die strand.

Son, reën, reënboog eiland,

so baie mense, met hulle”

“vat my soos ek is” houding.

‘n Jong paar het hul hond leer

swem, met die geduld en entoesiasme

van mense wat tyd het vir speel.

Eers laai hulle hom op die boogie-board

en vaar uit in die getypoel, los hom daar,

swem weg en roep, handeklappend, bly.

Dan kom brakkie aangeswem!

Hoera vir brakkie!

Klap nog weer hande!

Spuitende krane soos mense die see

water afspoel, die see is stil, maak

amper nie ‘n geluid nie, net ‘n sagte

geklots en ‘n rustige geruis.

Ek het die duif dopgehou, so kordaat

astrant amper het sy gestap op die

growwerige sand. Ek wou lag.

 

 

Lize Viljoen is in 1970 in Kokstad naby die Transkei gebore, die tweede in ‘n gesin van vier. Sy het grootgeword op die platteland in die Oos-Kaap in Dordrecht en Aliwal Noord. Sy gradueer in 1991 van die Universiteit van die Oranje Vrystaat met ‘n BA graad in Kommunikasiekunde. Sy verwerf haar BA Honneurs in 2005 van die Universiteit van Suid Afrika. In 2008 voltooi sy suksesvol die Cambridge English Language Teaching for Adults (CELTA) aan die taalskool Shane in Kaapstad. Sy werk sedert September  2000 in die Engels Tweedetaal bedryf. Sy is tans verbonde aan die Buitelandse Tale Instituut by Yonsei Universiteit, Seoul, Suid Korea. 

 

 

Bookmark and Share

Comments are closed.