Desmond Painter. Boulez, oorspronklikheid en tradisie

Pierre Boulez

Pierre Boulez

Pierre Boulez is een van die groot ikone van die 20ste-eeuse musiek. Beroemd (en dikwels berug) as komponis, dirigent, teoretikus, polemikus, en ook as kampvegter vir nuwe musiek, was Boulez nog altyd ‘n verdelende figuur: ‘n man wat musikale grense getrek het en skeidslyne soms absolutisties, amper puriteins in stand kon hou, maar wat terselftertyd ook ‘n verskuiwer en vernietiger van grense was, ‘n konstante bron van musikale kreatiwiteit, vernuwing en inspirasie. Boulez is ‘n vreemde fenomeen: ‘n swaargewig in die klassieke musiek establishment wat neus optrek vir Schubert en Brahms, maar wat Frank Zappa se orkesmusiek opgeneem het…

En nou is die enfant terrible van die Franse musiek, hierdie tydgenoot van filosofiese eweknieë soos Barthes, Foucault en Derrida, 85 jaar oud. In ‘n onderhoud wat Philip Clark onlangs vir die tydskrif Gramaphone met Boulez gevoer het, word kwessies van oorspronklikheid, artistieke vernuwing en die tradisie telkens weer aangespreek — op maniere wat ek dink nogal insiggewend sal wees vir skeppende mense in enige dissipline. Hier is ‘n paar lekker polemiese aanhalings: “It is not enough to deface the Mona Lisa because that does not kill the Mona Lisa. All art of the past must be destroyed.” “The more I grow, the more I detach myself from other composers… in my opinion we must get rid of [history] once and for all.” “We need to restore the spirit of irreverance in music.” En dan wonder jy waarom die maestro eerder Zappa as Beethoven dirigeer?! En verbeel jou nou Boulez het gesê “digkuns” eerder as “musiek”…

Nie dat Boulez ahistories en akontekstueel dink oor die kreatiewe proses en die betekenis van die kunswerk nie; glad nie. Hy sê byvoorbeeld: “The aim of music is not to express feelings but to express music. It is not a vessel into which the composer distills his soul drop by drop, but a labyrinth with no beginning and no end, full of new paths to discover, where mystery remains eternal.” En oor sy eie komposisies: “When I compose, I have Debussy, Stravinsky and Berg in my background. For an audience to listen to my compositions, it must have the same background as that.” Hier beroep Boulez homself op ‘n spesifieke, kuns-teoreties gefundeerde tradisie, nie op Die Tradisie nie. Vir Boulez is dit nie net moontlik nie, maar noodsaaklik vir enige kunstenaar om sekere elemente van Die Tradisie radikaal te verwerp. 

Philip Clark, die Gramaphone onderhoudvoerder, maak in hierdie verband ook ‘n interessante opmerking oor die verskille tussen Boulez en daardie ander groot musikale rebel, John Cage (terloops, Boulez dink nie veel van Cage se werk nie): “Cage defined himself as an anarchist and largely x-ed himself out of the classical slipstream. But Boulez tackles the problem of tradition head-on, insisting that the most traditional thing about tradition is the inner dynamic of its radicalism; its relentless evolution towards now. Composers who, in the name of tradition, freeload off the hard-earned expressive language of their forefathers distort tradition. As Boulez tells me, ‘the more you are adventurous, the more you must be critical’. But Boulez has kept the faith, and remains the conscience of Western tradition. Like all Popes, of course, there have been hopelessly weak disciples and times when purist doctrine has obscured other worthwhile gospels (apropos Cage and Feldman). So it’s no surprise that Boulez’ Big Church finds room for Ravel, Szymanowski and Mahler, alongside progressive, thoughtful New Music. Post-modern sinners at the money temple? Repent, for tomorrow is now.”

Bookmark and Share

41 Kommentare op “Desmond Painter. Boulez, oorspronklikheid en tradisie”

  1. Leon Retief :

    Desmond ek het ook daardie onderhoud in Gramophone gelees. vir my kom Boulez oor presies soos ek nog altyd sy musiek ervaar het: arrogant, verwaand, selftevrede en dolleeg. Bullshit baffles brains soos die gesegde se. Maar dis seker maar ‘n kwessie van smaak 🙂

  2. Desmond Painter :

    Hallo Leon, ek verskil nie noodwendig heeltemal van jou nie: hy het beslis ‘n arrogante en verwaande streep; en in sy vroeere loopbaan veral, ‘n erg gemene streep ook. Alex Ross skryf baie goed daaroor in sy boek (waarmee ek altyd dweep) The Rest is Noise: Listening to the Twentieth Century.

    Ross (en ek ook) het hope tyd vir die menige komponiste wat sonder meer deur Boulez afgeskryf word: Sjostakovitsj, Sibelius, Britten, die Amerikaanse minimaliste, ens. Ek vind die meeste van sy musiek ook moeilik verteerbaar: die klaviersonates byvoorbeeld. Hy het in elk geval myns insiens niks gekomponeer waarvoor ek my Sjostakovitsj of Sibelius-versamelings voor sou wou ruil nie!! En wat tydgenote betref, ek luister veel eerder Ligeti en ‘n horde ander.

    Aan die ander kant is hy myns insiens beslis ‘n groot dirigent: sy Ravel en Debussy; sy Stravinsky; sy Bartok; sy Ligeti concertos; sy Schoenberg en sy Webern veral; ‘n mens kan aangaan (ek ken nie sy Mahler nie): hy het altyd, hetsy as dirigent of as kritikus, iets nuuts te s^e oor ‘n werk…

    Of vind jy hom te kil en serebraal as dirigent? Ek het al gehoor dat mense so praat.

    PS. Gepraat van Gramophone: Kon hulle nie maar aangehou het om die ou CD’tjie saam met die tydskrif te stuur nie?! Nou moet ek op my rekenaar sit en luister na grepe nuwe musiek. Ek’s ‘n couch potatoe, sien, sekere dinge wil ek nie op ‘n rekenaar hoef te doen nie…

  3. Leon Retief :

    Giegiegie… Desmond, ek het nogal gedink jy gaan my ernstig aanvat hieroor, maar dit lyk my ons is grootlik eens oor Boulez, behalwe dat ek hom inderdaad ‘n kille dirigent vind, of dan daardie opnames van hom wat ek gehoor het. En ja, Shostakovitch en Sibelius veral sal ek nie ruil nie…. Ai, Lesli en my se CD-versameling le in bokse in Kaapstad, moet se ons mis dit geweldig. Dalk, wanneer ons terugkeer na SA (weet nog nie wanneer nie, moontlik vroeg volgende jaar, moontlik eers heelwat later, die tyd sal leer) moet ons bymekaarkom vir ‘n musiekaandjie. Dit wil nou se as jy bereid is om te luister na wat seker die helfte van ons versameling beslaan: sangers uit die 20-er tot 80-erjare. Van sangers gepraat, ken jy die Kanadees-Libanese sopraan Isabel Bayrakdarian se “Gomidas Songs” verkrygbaar op Nonesuch? Soort van ‘n Armeense Liedere van die Auvergne – werklik ‘n pragtige stem.

  4. Desmond Painter :

    Leon, ek woon baie graag enige musiekaandjie by! Ek is nog swak ingelig oor sangers, en ek luister weinig lieder en opera-opnames. Benewens nou koorwerke, waaroor ek mal is (ek het veral ‘n swak vir ‘n goeie requiem, weet nie hoekom nie…), is die ‘vokale musiek’ waarna ek luister meestal rock en folk en so aan. Ek gaan wel bietjie inloer op Bayrakdarian; dankie vir die verwysing. Ek het beslis nie enige beginselbesware teen ‘klassieke’ sang nie.

    Wat Boulez betref: nadat ek Ross gelees het, het ek vir ‘n wyle gedink Boulez is heeltemal ‘onbeminbaar’ as ‘n mens, maar daarna het ‘n mooi opstel deur Baremboim my weer anders laat dink. Ek weet nie… Maar dat hy ‘n ikoon is, is nie te betwyfel nie! En ek het gedink sy radikale sienings oor tradisie sou dalk interessant wees vir digters hier by ons, wat dikwels oor tradisie, die kanon en vernuwing argumenteer.

    Ek vermoed die soort (laat modernistiese?) avant garde opvatting van vernuwing, soos Boulez dit in die 50s en 60s verteenwoordig het, is nou iets van die verlede. Jong komponiste soos Thomas Ades voel hulle beslis bevry van abolutistiese estetiese ideologiee — en ek dink nie dis ‘n slegte ding nie.

    Maar verbeel jou nou ‘n weergawe van Boulez in die Afrikaanse digkuns; iemand wat dalk verklaar: ‘Daar is niks meer interessant in Opeerman en die Opperman-tradisie nie, ek verwerp dit heeltemal!’ Dit sou nogal tot vuurwerke lei…

  5. Wysneus :

    ‘n Meer ernstige musikoloog glo nie die geskiedenis moet weggetoor word nie. Keith Richards:

    I love “Satisfaction” dearly and everything, but those chords are pretty much a de rigueur course as far as songwriting goes. But [“Jumpin’ Jack Flash”] is particularly interesting. “It’s alllllll right now.” It’s almost Arabic or very old, archaic, classical, the chord setups you could only hear in Gregorian chants or something like that. And it’s that weird mixture of your actual rock and roll and at the same time this weird echo of very, very ancient music that you don’t even know. It’s much older than I am, and that’s unbelievable! It’s like a recall of something, and I don’t know where it came from,

  6. Desmond :

    Wysneus, Keith weet waarvan hy praat.

  7. Leon Retief :

    Desmond, ek’s verbaas dat jy nie juis lieder luister nie – probeer gerus!

  8. Desmond, ek stem saam met Leon. Probeer gerus. Ek het ‘n voorstel: skaf ‘n CD aan met chansons van Duparc. Sit in ‘n stoel in absolute stilte, en luister. Ek durf ‘n weddenskap te sluit. Na Duparc wil jy alleen lieder hoor. Fauré, Poulenc, Debussy, ‘t is al verfynde verrukking.
    Maar Duparc, dat is seldsaam en asemrowend.

    Om te begin: http://www.amazon.com/Duparc-Chansons-Henri/dp/B0002TXT52

    As jy Frans ‘n probleem vind, probeer dan Hugo Wolf – Italienisches of Spanisches Liederbuch. Onvergetelik geïnterpreteer deur elisabeth Schwarzkopf en Fischer-Dieskau.
    http://www.amazon.de/Spanisches-Liederbuch-Schwarzkopf/dp/B000001H04

  9. Desmond :

    Chris, ek sal beslis luister. Dis nie ‘n beginselsaak wat my meestal weghou nie: dis net dat ek veel meer gewoond is daaraan om na die solostem (en die kitaar) in pop, rock en folk idiome te luister.

    Die solostem binne die konteks van ‘n werk soos ‘n requiem of ‘n mis geniet ek altyd; maar lieder spesifiek laat my dikwels verlang na Bob Dylan, of wie ook al. Ek het bv. die onlangse Padmore/Lewis opname van Schubert se Winterreise baie mooi gevind, maar vir my ding dit mee met Dylan se Blood on the Tracks en menige ander rock liedsiklusse — terwyl ‘n strykkwartet of ‘n klaviertrio met niks meeding waarna ek in rock luister nie; dis ‘n lieflikheid heeltemal op sy eie.

  10. Leon Retief :

    En dan is daar natuurlik nog die blues…

  11. Desmond Painter :

    Leon, inderdaad is daar nog ook die blues!

  12. Chris Coolsma :

    Desmond, ek het nog ‘n bietjie langer gestaar na die woorde van Boulez en glo hy bedoel dat die oude musiek deur komponiste ‘vernietig’ moet, nie op sigself nie. ‘n Moderne komponist en vertolker moet musiek uit die verlede negeer as dit nie bygedrae het tot vernuwing. Schubert en Brahms het die klassieke musiek nie verder gebreng nie. Hulle het die bestaande musiek vermeerder (en hoe! seg ek). Hulle het niks gewijsig of nuut toegevoeg. Dit moet vir ‘n komponist treurig wees om nie verstaan te raak nie.

  13. Louis :

    Chris, ek voel my nie by magte om uitsprake oor musiek te maak nie. Tog vind ek die opmerking dat Schubert nie vernuwend was nie vreemd? Dit is wel so dat Schubert in sy leeftyd totaal oordonder was deur die reus genaamd Beethoven, maar hy was tog totaal ánders as Beethoven (en selfs Mozart, hul albei se voorloper)? Ek meen, vanaf Beethoven loop daar ‘n direkte lyn na Brahms en later selfs Mahler. Eweneens van Schubert na Schumann (aan wie ons dit immers te danke het dat ons vandag van Schubert weet) en Chopin, later. Of is verkeerd in my siening? Is daar ‘n komponis wat jy as “voorloper” vir Schubert kan reken?
    Die opmerking van “geen vernuwing” lyk my tov Brahms wel korrek, maar myns insiens beslis NIE tov Schubert nie …
    Of wat praat ek nou nonsens?! 🙂

  14. Desmond :

    Louis, ek kan nie antwoord oor Schubert nie, maar Brahms is vir my soos Bruce Springsteen: nie ‘n musikale vernuwer nie (en wou dit moontlik ook nie wees nie), maar iemand wat binne ‘n bepaalde idioom lieflike en blywende dinge geskep het. En wat oor ‘n bree, komplekse emosionele register beskik het. Komponiste van die vertwyfeling en ‘hard won’ stukkies hoop. Soos Brahms deur mense soos Boulez verwerp word, word Springsteen soms ook deur ‘n meer snobistiese, ‘arty’ rock gehoor geminag. Maar sou ‘n mens sonder The River of Nebraska wou leef? Sonder Brahms se eerste twee simfoniee of sy Deutsche Requiem? Nie ek nie!

    En Sjostakowitsj — hoor maar hoe ‘tradisioneel’ sy preludes en (veral) fugas vir klavier is, maar watter emosionele landskappe hy daarin verken, en watter tematiese kreatiwiteit hy aan die dag l^e — en ja, Boulez negeer ook Sjostakowitsj se bydrae.

    Terloops, Alex Ross het lieflike essays oor Brahms en Schubert in sy nuwe boek, Listen to This. Ek sal een of ander tyd daaruit aanhaal — eers moet ek net al my bokse uitpak en tot verhaal kom in my nuwe blyplek!!

  15. Chris Coolsma :

    Louis,ek stem saam met Desmond (en jou) oor Brahms. Ek het slegs getrag Boulez te interpreteer. Beethoven is ‘n vernuwer, Schubert is dit nie. Hy het die bestaande vorme gebruik, het nie nuwe wege geeksploreer nie, maar die bestaande uitgebreid verken.Wat ons uiterst lieflike musiek geskenk het, diepsinnig melangolies.
    Desmond jy jaag my geld uit die pokket. Nu moet ek die nuwe boek van Ross weer gaan koop. Schubert en Brahms is altyd naby in my oor, altyd op die lessenaar.

  16. Chris Coolsma :

    Ek wil tog herhaal dat Boulez speur na oorspronkelikheid. Wat is nuut? ‘n Vernuwer wil losbreek uit die tradisie. Hy soek voorbeelde van oorspronkelikheid. Tradisie is ‘n blokkade vir hom. Dit verklaar s’n keus. Dit is wat alle groot kunstenaars voortgejaag het.

  17. Chris Coolsma :

    Desmond, Louis, en wie dit ook lees, ek het my vergis, ek het té vinnig ‘n mening gegee oor Schubert.
    Frölich skryf in s’n biografie: ‘ Schubert was een man van gedurfde harmonieën, die zijn tijd ver vooruit was’. Fröhlich noemt S. een van de grootste muzikale genieën van de negentiende eeuw.
    Wat kunnen we daar van maken? weer ga ik af op mijn eigen ervaring met het spelen van en luisteren naar Schubertwerken Zijn genie moet dan gelegen hebben in de pas bij zijn dood afbrekende creativiteit, de altijd doorvloeiende ideeënstroom, die hij noteerde en waaruit door combineren en permuteren afgeronde composities ontstonden. Daarnaast ontdekken we bij Schubert de langere melodielijnen die voortgezet zullen worden door Bruckner. Geniaal was Schubert ook in het scheppen van klankkleur die direct emotie overbrengt. Ik moet nu bijvoorbeeld denken aan de manier waarop hij de pianostem gebruikt in het Forellenkwintet. De piano is daarin namelijk meestal de hóógste stem maar al te vaak in het derde octaaf of hoger en heel vaak zacht tot zeer zacht. Een geniale vondst.
    Arme Boulez, die al dit moois kennelijk niet erkent of herkent.

  18. Desmond :

    Chris, jy moet BESLIS Alex Ross se essay oor Schubert lees, al maak dit jou wel ‘n paar euros armer… Ek het eintlik onlangs maar eers in alle erns na Schbert begin luister: veral Radu Lupu se ongelooflike opnames van die laaste paar klaviersonates en die Belcea Quartet se opnames van die latere strykkwartette.

    Ek dink mens kan ook nie vergeet dat Boulez, soos Stockhausen en ander, pas na die Tweede Wereldoorlog begin komponeer het nie. Daar was dalk ‘n nog groter drang as gewoonlik om met die tradisie (en veral die DUITSE tradisie?) af te reken. Vir Boulez verteenwordig Schoenberg, Webern en Berg daardie breek binne die Duitse tradisie self; terwyl Stravinski, Debussy en Ravel ander klank- en ritmiese terreine verken.

    Boulez is blind vir baie wat mooi is; maar dalk het dit sy insig in dit wat hy wel waardeer verskerp! Soos ek voorheen gesê het, ek vind sy eie komposisies minder aantreklik, maar hy mag maar Stravinski, Debussy en ander dirigeer!

    (Schoenberg self was glo minder dogmaties. Toe een van sy studente ‘n minagtende opmerking oor Sjostakowitsj gemaak het, het Schoenberg glo ges^e: ‘No, that man is a born composer.’ Hy het ook die fantasie gehad om vir Hollywood klankbane te komponeer, maar sy fooi was te hoog!)

  19. Chris Coolsma :

    Nu siteer jy Alex Ross, Desmond. Kan jy glo dat in hierdie nat klein paddaland serieus gediskussiëer word oor die elitêre karakter van Schoenberg se werk? Byna ‘n eeu na dato? Dalk is die domheidsvirus ook ‘n opkomend risiko, net als die superbakterie
    http://www.nu.nl/wetenschap/2310165/superbacterie-verspreidt-zich-wereldwijd.html
    Ons word tans geregeer door politiekers die ongeneeslik besmet is met die domheidsvirus.

  20. Desmond :

    Gewonder of jy die staaltjie uit Ross sou opmerk, Chris! Jy slaag dus die leestoetsie vir die dag met vlieende vaandels. Ek wat egter nog op iemand om ‘n aanhaling in my heel eerste blog, “Ugge-um, Mevrou Mafarsikos”, te plaas…

  21. Desmond :

    Chris, wat betref Schoenberg en “elitêre musiek”, nogeens Ross: In sy Listen to This skryf hy tereg dat jy die ryk besigheidselite vandag waarskynlik nie by ‘n klassieke musiekkonsert gaan aantref nie, maar veel eerder in die privaatsitplekke by ‘n Billy Joel vertoning… Schoenberg se musiek weier selfs vandag nog om maklik geassimileer en gekommodifiseer te word, en dit alleen al diskwalifiseer hom van die vorm wat “elite apirasies” onder neoliberale kapitalistiese omstandighede aanneem… As jy my die jargon sal verskoon.

  22. Chris Coolsma :

    Precies. Alleen is die konsep ‘elite’ in my malgeworde landjie veral in gebruik by regse populiste en ontspoorde neo-liberale – hulle bedoel daarmee iedereen die natuur, omgewing, kultuur, gelykheid, globalisering, solidariteit en twyfel belangryk vind. Eenvoudig gesê: al wat enige diepgang, enig nadenke, enige abstraksie, enige nuanse en enige abstinentie van materiële gewin benodig, is elitêr. In dat kader is Schoenberg verdag. As jy my woede verskoon.

  23. Chris Coolsma :

    Presies, meen ek, Desmond. Tog baie lastig om Afrikaans te skryf sonder woordeboek en grammatika-leerboek. Ek het nog moeite met enig/enige, die dubbele ‘nie’, uitgedryf na die einde van die sin, na/naar, belangrik of belangryk, ens. ens. Moet dan altyd opsoek. Ek gee die voorkeur an/aan gebrekkig Afrikaans bo vlekkeloos Nederlands. Anders leer ek nie, nè?

  24. Desmond :

    Chris, jou Afrikaans is al klaar uitstekend. Gisteraand lees ek in Ross se nuwe boek dat Schoenberg op ‘n stadium ‘n baie waarderende opstel oor die latere Brahms geskryf het. Ross skryf verder ook dat hy (Ross) Brahms se Intermezzos vir klavier so aangrypend vind, hy glo dat dit die musiek sal wees wat hy sal hoor wanneer hy sterf… Self sukkel ek maar om sterfmusiek te kies. Sal moet gaan sit en werk aan ‘n ordentlike playlist!

  25. Desmond, Brahms is baie gelief as doodsbegeleider. Die Russiese dirigent Lev Markiz het gesê van die Stryksekstet op 16 (lees dit met die stem van John Cleese in ‘A Fish called Wanda’): “Bij deez moesiek iek wil tootgaan” . (bai dies moesiek iek wiel sterw) My geliefde het vir my gesê ek moet Brahms se Klarinetkwintet heeltemal afspeel. En ek het bo die manjifieke Intermezzo opus 117 nr 2 geskryf: ‘Het allermooiste intermezzo’ (uitgevoer deur Stephen Bishop Kovacevic). Baie wys om ‘n playlist te maak. Ek het my drie dae malgesoek vir die playlist van my pa, Êrens op één van 500 kassettes. Dalk is dit ‘n tema vir ‘n blog? ‘Afspeellys vir Desmond’.

    Maar tans gaan ek tevrede onder die kombers. ‘Klaar uitstekend!!’

  26. Desmond Painter :

    Chris, ek hou baie van die woord ‘afspeellys’. Een van die eerste ‘klassieke’ CD’s wat ek gekoop het as jong student was Brahms se Ein Deutsches Requiem (in die bekende opname van John Eliot Gardiner). Dit is nou nog een van my gunsteling stukke musiek — maar na al die jare is ek ook op soek na ‘n ander opname; sodat ek vars kan hoor. Miskien een van die oueres, soos deur Karajan.

  27. Desmond Painter :

    Wat ook al anders op my afspeellys sal verskyn, ten minste een staan vas: Beethoven se Waldsteinsonate; spesifiek die derde beweging; en verkieslik die opname van Emil Gilels. Beethoven is dalk soms oordrewe heroies (vir ‘n hedendaagse begrafnis!), maar in die Waldstein se laaste beweging vind hy ‘n soort ‘oorwinning’ op eg menslike skaal: as daar sprake is hier van ‘n triomfantelike opwelling, is dit die klein triomf van die ‘knowing smile’, die uitgelate oomblik aan die einde van die stryd, die uitbundige samesyn, met net ‘n sweem van melankolie, van ou, ou vriende; daardie vreugde wat ‘n mens jouself ten spyte van alles, en aan die einde van alles, soms tog gun.

  28. Chris Coolsma :

    Desmond, jy’t juis ‘n interteks geskep van die derde beweging van die Waldsteinsonate, ‘n grensoorskrydende interteks, van musiek na taal. Of is dit nie?
    Wat ook, ek gaan jou interpretasie krities toets. Word vervolg.

  29. Chris Coolsma :

    Desmond, ek het ‘n oude afspeellys opgespoor met die 20 heelmooiste musiekstukke die ek ken. Die lys verander reëlmatig.
    Vir my begrafnis het ik ‘n baie andere wens: dat my geliefdes daar die musiek afspeel die hulle hulself wil hoor om te grief en te lag en te onthou. Dalk mag ek self daar speel?

    1. Brahms: Klarinetkwintet
    2 Telemann: Tripleconcert voor flauto, oboe d’amore, viola d’amore en strijkers
    3. Schubert: Strijkkwintet D956 (opus posth. 163)
    4. Bartok: Concert voor orkest
    5. Schubert: ‘Late’ pianosonates D959, 960. Uitvoeringen van Brendel, Pollini.
    6. Mozart: Strijkkwintet KV 516 Uitvoering door Alban Bergkwartet of Amadeuskwartet.
    7. Beethoven: Strijkkwartetten opus 130,131
    8. Duparc: Liederen: Oh Phydilé, Soupir, Testament, Extase, Invitation au Voyage
    9. Mahler: Liederen, zoals de ‘Wunderhorn‘ en de ‘Kindertoten’
    10. Bach: Goldbergvariaties, uitvoering door Murray Perahia
    11. Schubert: Winterreise-cyclus
    12. Stravinsky: Sacre du Printemps
    13. Mozart: Pianoconcerten KV 466, KV 488, KV 491
    14. Brahms: Strijksextet opus 18
    15. Prokofiev: Visions fugitives voor piano (Svjatoslav Richter)
    16. Schubert: Winterreise, tal van recente uitvoeringen
    17. Schumann: Pianoconcert in A
    18. Bartók: Pianoconcert 3
    19. Schubert: Pianotrio’s opus 99 en 100 (Beaux Arts trio)
    20. Beethoven: Late pianosonaten
    21. Dvóràk: Late strijkwartetten, uitvoering door Talich Kwartet
    22. Pergolesi: Stabat Mater (authentieke uitvoering met o.a. Kirkby en Chance)

    Ja, jy is reg, daar is slegs plaas vir klassieke musiek. Opgawe vir komende week: ‘n lys van 20 jazzwerke.

  30. Leon Retief :

    My vrou Lesli is ‘n goeie Katoliek en met ons oudste dogter Liezl se begrafnis in 2001 het ons Gounod se Mis vir St Cecilia gespeel – sy is mos die beskermheilige van musiek. ‘n Pragtige werk, maar ek kon nog nooit weer daarna luister nie en sal ook nooit weer nie.

    Desmond, my geliefkoosde opname van die Waldstein is deur Kempf. Ken jy dit?

  31. Chris Coolsma :

    Leon, jy vra Desmond, maar ek stem saam Leon, my geliefkoosde opname is ook deur Kempf. Weet jy dat Alfred Brendel oor Kempf gesê het: ‘Er hat nie eile’ (hy het nooit haas). En ja, dat is presies wat ek by Kempf voel. ‘n Totale rus en beheersing. Slegs die effekte die deur die komponis bedoeld is, nie effektsoekery nie. Maar wag tot Kristian Bezuidenhout dit opneem. Ek voorspel dat jy jou mening gaan wysig.

    En ek voorspel nog iets. Op ‘n dag sal daardie Mis deel word van jou herinnering an jou dierbare dogter, en een van die gewenste verbindings met haar word. Ek hoop ek klink nie as ‘n dominee nie. Die Krismisoratorie van Bach het my jarelang té baie herinner aan my pa (die hobo gespeel het) en my ma (die gesing het in die koor). Ek kan dié musiek nie hoor sonder te huil nie, maar tans (19 jare na die dood van my pa en 14 na die dood van my ma) is dit die musiek die hulle om so te sê terug in de lewe roep, kort-kort maar tog. Daar is byna nie ‘n ander so helende simbool om hulle op te roep nie. Hulle is ín die musiek aanwesig.

  32. Desmond Painter :

    Leon, ek ken sommige van Kempf se opnames van die klaviersonates (en klavierconcertos), maar nie sy Waldstein nie. Kempf is natuurlik wonderlik, so ek sal graag sy Waldstein hoor. Die onlangse opname deur Paul Lewis (‘n eertydse student van Alfred Brendel, terloops) is ook werklik uitstekend; en soos by Kempf is daar by Lewis ook gee effekbejag nie — hy laat Beethoven vir homself praat, en dit is ‘n menslike Beethoven, vol skadus en lig, nie slegs ‘n monumentale Beethoven nie, of ‘n Beethoven van ekstreme nie, wat ‘n mens hoor. Ek het onlangs weer geluister na Lewis se opname van nrs 30, 31 en 32, en dit is regtig fantasties. (Gilels is dood voor hy die siklus kon voltooi; dit is regtig ‘n jammerte!)

  33. Desmond Painter :

    Chris, ek sien jy kies as verteenwoordigers van die Schubert ‘late’ klaviersonates Brendel en Pollini. Al Radu Lupu se opnames gehoor? Ek het hulle onlangs aangeskaf en is mal daaroor. Hy maak ongelukkig geen meer opnames nie, tree net lewendig op.

  34. Chris Coolsma :

    Desmond, Radu Lupu is ook een van myn gunsteling klavierspelers. Ken jy s’n opnames van die Moments Musicaux, die Fantasie vir vier hande, en van Beethoven en Mozart hulle Kwintette vir klavier en blasers? Hoogtepunte uit die klassieke musiek, liries, diepsinnig en liefderyk versorg deur Radu Lupu.

  35. Desmond :

    Chris, ek ken nie Lupu se Beethoven en Mozart nie. Net die Schubert en Brahms. In die nuwe Ross is daar ‘n hoofstuk oor Mitsuko Uchida, waarin sy s^e dat Lupu die mees talentvolle pianis is wat sy nog ontmoet het.

  36. Chris Coolsma :

    Die uitvoering van die klavier/blaserkwintette is op Decca 414291-2
    Opname van 1986. Dit is nie verkrygbaar nie, slegs op ebay.
    Lupu speel met vier topsoliste uit die Koninklijke Concertgebouworkest van die tagtiger jare: Han de Vries, George Pieterson, Vicente Zarzo en Brian Pollard.

    Ek het ‘n bietjie moeite met ‘die mees talentvolle pianis’ . Ek onthou pure genot by Ronald Brautigam, Kristian Bezuidenhout, Murray Perahia, Severin von Eckardstein, Frank Braley. En so baie meer.

  37. Desmond Painter :

    Chris, ek dink Uchida bedoel dit hiperbolies, om te beklemtoon hoe jammer dit is dat Lupu nie meer opnames maak nie! Ek is ook mal oor Perahia; sy Goldbergs en sy English suites speel dikwels hier in my huis. En wat van die jong(erige) Poolse pianis, Piotr Anderszewski? Sy onlangse At Carnegie Hall is vir my pragtig: intelligente, gevoelvolle uitvoerings van veral Bach, Janacek en Beethoven.

  38. Leon Retief :

    Anderszewski se weergawe van die Diabelli variasies le iewers in ‘n boks in Kaapstad, pragtige vertolking. Moet se, wat materiele dinge betref is ons CD-versameling beslis die ding wat ons die meeste mis hier…

  39. Chris Coolsma :

    Okei, 2-0 vir die afdeling SA. Huiswerk vir my. Anderszewski se Diabelli variasies en A. at Carnegie Hall.

  40. Desmond :

    Leon en Chris, ja, Anderszewski se Diabelli variasies is inderdaad ook pragtig. My gunsteling van hom, ‘n CD waarna mens laat, laat in die nag deur oorfone moet luister, is egter sy opname van Szymanowski se klaviermusiek. Riveting, om nou die Engelse woord te gebruik.

  41. Desmond :

    Ek is tot Sondagaand in KwaZulu-Natal, en sal waarskynlik nie die webblad kan besoek nie (en in elk geval beslis nie kan blog nie). Ons praat later verder!