Oor die verering van gestorwe skrywers

Harry Mulisch

Harry Mulisch

Die afgelope week kom die gedagte na aanleiding van ‘n artikel wat ek lees, by my op: ‘n siniese persoonlikheid is gewoon ‘n optimis wat oor te veel informasie beskik. En miskien is dit dié gevoelente wat vanoggend se Nuuswekker onderlê, want liewe hemel, hoe skráál is ons kulturele belewenis (en waardering) nie in vergelyking met ons kollega’s s’n in die ander halfrond nie …

So lees ek gisteraand op De Papieren Man dat Harry Mulisch se begrafnis môre volledig op die nasionale TV-kanaal versend gaan word. Volgens die openbare uitsender se persverklaring, die volgende: “De uitvaartdienst voor de overleden schrijver vindt plaats in de Stadsschouwburg in Amsterdam, de stad waar hij zondag ook overleed na een slepende ziekte. Tot de sprekers behoren uitgever Robbert Ammerlaan, burgemeester Eberhard van der Laan, Marcel van Dam, Marita Mathijsen en de Duitse uitgever/dichter Michael Krüger. De Dichter des Vaderlands Ramsey Nasr schreef voor deze gelegenheid een gedicht. Tevens zullen er fragmenten worden vertoond uit documentaires van Cherry Duyns. Reinbert de Leeuw en Louis Andriessen verzorgen de muziek.”

Onwillekeurig laat dit my ook terugdink aan 21 Maart 2008, die dag na Hugo Claus gesterf het. Toevallig was ek en Marlise toe in Antwerpen en ek onthou hoe ons by ‘n boekwinkel ingestap het waar ongeveer twintig dagblaaie op ‘n ry uitgestal was. Met die uitsondering van twee het elkeen ‘n volbladberig gehad oor Claus se afsterwe. Daardie aand het ons, in die geselskap van vriend Peter Holvoet-Hanssen en sy vrou, na ‘n kroeg gegaan waar ‘n reuse plakkaat met ‘n gedig van Claus (handgeskrewe) op ‘n enorme folio teen die ruit by die deur opgeplak was. (Ek onthou selfs die naam van die kroeg: ‘t Hof van ellende. Hoe kan ‘n mens só ‘n kroegnaam ooit vergeet?!)

Nietemin, indien die poësie onder meer die kunsvorm van die emosie is, is dit besonder maklik om ‘n bepaalde taalgroep kultureel tot 7de Laan, Huisgenoot en brandy & coke uit te droog.  Jy ignoreer gewoon bepalende gebeurtenisse soos byvoorbeeld die afsterwe van hul digters. Dink maar aan die belangrike stemme wat ons die afgelope paar jaar ontval het: Ronnie Belcher, George Weideman, Barend Toerien, Lucas Malan en IL de Villiers. Ook Jan de Bruyn. Watter dekking in ons plaaslike (Afrikaanse) media was daar oor hierdie hartseer gebeure? Op welke manier word hul nalatenskap lewend gehou? Ai. Daar is soveel maniere waarop ‘n bepaalde taalgroep emosioneel bankrot kan speel …

Maar terug na Mulisch en sy (welverdiende) verering. Volgens De Papieren Man: “De gemeente Amsterdam gaat momenteel na hoe zij Harry Mulisch kan eren. Er wordt daarbij gedacht aan een museum in het huis van de schrijver aan de Leidsekade, een standbeeld of een straatnaam. Maar een woordvoerster benadrukte donderdag echter dat er nog geen concrete plannen zijn. Het Letterkundig Museum in Den Haag houdt dezer dagen een kleine hommagetentoonstelling. Ook in de Zeeuwse bibliotheek is er een kleine expo ingericht. “

En ons eie poet laureate, Keorapetse Kgositsile? Waarskynlik vind hy dit meer inspirerend om oor pres. Zuma se sewende vrou ‘n gedig te skryf as oor die nagedagtenis van ‘n Afrikaanse digter. Sug. Vir jou leesplesier plaas ek onder aan hierdie Nuuswekker ‘n gedig van ons laureate. Met as toegif ‘n langer gedig wat gerig is aan einste prof. Kgositsile deur ‘n veel minder bekende digter, David wa Maahlamela. Omdat dit ons kulturele verdeeldheid besonder goed illustreer.

Of in die woorde van NP Van Wyk Louw se Germanicus: “(Ons) sterf aan hierdie tyd.” 

Lekker lees.

***

Sedert gister het daar net twee nuwe plasings bygekom. Desmond Painter skryf oor Pierre Boulez en Johann Lodewyk Marais lewer Deel 11 in sy reeks oor Eugène Marais. Dan vestig ek ook jou aandag om die uiters sinvolle gesprek wat ontstaan het na aanleiding van Andries Bezuidenhout se vertaling van ‘n Margaret Atwood-gedig. Hy het die verbeterde weergawe as kommentaar onder aan sy oorspronklike blog geplaas. Dít is immers waarvoor hierdie webblad tot stand gebring is: sinvolle gesprekvoering.

Daarom – geniet dit en so ook die naweek wat op hande is. Ons hervat weer Maandag.

Mooi bly.

LE

 

Mandela’s Sermon

Blessed are the dehumanized
for they have nothing to lose
but their patience

False gods killed the poet in me. Now
I dig graves
with artistic precision

© Keorapetse Kgositsile

***

 

Letter to the poet laureate

(for keorapetse kgositsile)

sometimes i’m crucified
by questions,
what does it mean,
to be a truth stripping poet
in this refreshed old south africa?

do ghosts of ‘notes from no sanctuary’
still steal your sleep?
i can not forget the venom of your tongue
in your time, when you use to say:
“what difference does it make
as long as we eat white shit?
no matter what it is wrapped up in!”.

i wonder when i ponder in these words
if in this black south africa of white lies,
such voice could be given an ear.

truth cost billion euros
even our madly rich leaders
can not afford it.

africa renaissance and rainbow nation
we have been preaching,
dreaming i was, of seeing
a pedi, tsonga or venda praise poet
performing in union buildings,
dreams seem to be just dreams
miles away from reality.

eaten by termites are our manuscripts
those who have riches
bury needles under our feet,
is either we compromise our truth
by grinding sharp edges of our rage
for the sake of getting funding
or else like baba mahola said,
we will be olympic champions
in chasing our (own) tails.

it is the river of tears that erode my smile,
cavitation of starvation keeps me convict
in covetous oppenhiemer’s company,
contract of slave trade i personally signed
and today i’m given a rope to hang myself,
confidentiality is the order of the day,
gospel utterance forbidden, unspoken, unsaid, untold –
for the sake of this glass job.

i sometimes regret
being born as fish in a slime,
there’s no variety in poverty,
no liberty at all,
maybe i could have also flied
to study in oxford, cambridge,
columbia or california,
return home with name
that weigh tons of admiration,
so i could be heard and felt
in this country of my womb.

© David wa Maahlamela

 

 

Bookmark and Share

Comments are closed.