Lize Viljoen. Is daar ‘n toekoms in Suid Korea?

Sedert die Noord Koreaanse aanval op die eiland Yeongpong aan die weskus van Suid Korea, is die vraag op almal se lippe, “Is dit nog veilig hier?” Ekself is glad nie ‘n politikus nie, maar hoop, soos die meerderheid dat die oorheersende vrede behoue sal bly.

Die George Washington, http://en.wikipedia.org/wiki/USS_George_Washington_(CVN-73),

Amerikaanse vegvliegtuigskip is alreeds sedert die naweek opgekommandeer om die status quo in die Oosterlike see se waters te verdedig.  Alhoewel nuusberigte oor die algemeen onberusparend en dramaties is, is die moontlikheid sterk dat situasie ontlont dan word.

Oor die afgelope vier jaar wat ek in Suid-Korea woon, was daar alreeds vele konfrontasies tussen die twee Koreas. Daar word berig dat daar elke ses tot twaalf maande ‘n toestand ontstaan. In Oktober 2006 het Noord Korea ondergronde kernontploffings getoets wat internasionaal reaksie ontlok het. Verder is ‘n Suid-Koreaanse toeris op 11 Julie 2008 doodgeskiet by ‘n toeriste oord in Noord Korea toe sy per ongeluk ‘n verbode area op die strand betree het.Vroeer vanjaar was daar ook die voorval waar die Noorde die Suide se skip, die Cheonan, gesink het met die verlies van 46 seemanne aan boord.    Die Amerikaanse rol is tot dusver om die situasie te keer om verder hande uit te ruk. Huidiglik is die Suide se reaksie al meer en meer aggressief teenoor die Noorde, wie se blaf erger klink as hul byt,  mens kan dink dat die Suide nou al lekker moeg is vir Kim Jong Il se afpersende dreigemente van oorlog in ruil vir kos en geldelike hulp.

Die Suid Koreaanse minister van verdediging slegs twee dae na die aanval op Yeongpeongdo sy pos ontruim het, in reaksie op kritiek dat hy te sag teenoor Noord Korea opgetree het.  http://www.reuters.com/article/idUSL3E6MN0SQ20101125 Sy opvolger, Lee Hee Won, is ‘n militere man, met ‘n misie om te reageer op Noord Korea se onvoorspelbare aksies.

http://www.guardian.co.uk/world/2010/nov/28/korea-tensions-yellow-sea-war-games In teenstelling met vorige episodes waar die Noorde geluide gemaak het wat klink soos oorlog, of ydele dreigemente, is daar heelwat reaksie van die mense rondom my wat my laat dink dat vrede nie so ‘n uitgemaakte saak is nie. Die feit dat Kim Jong Il in die proses is om leierskap oor te handig aan sy seun, dat die Amerikaanse besoek aan hul kernfasiliteit kommerwekkende nuus aan die lig gebring het, en die desperaatheid van hierdie verarmde en geisoleerde land, maak dat mens geen voorspellings kan maak nie. Die gesegde, ‘n deperate man het niks om te verloor nie en is dus gevaarlik, kom in my gedagtes op. En dan weer, soos met die Cheonan se voorval, is daar dalk ‘n groep besigheidsmense wat bereid sal wees om weer vir Kim Jong Il af te betaal net om die vrede te bewaar. Die feit dat Lee Myung Bak reeds sedert April alle hulp aan Noord Korea gestaak het het ook moontlik iets te doen met die aanval. Die mense in Korea is baie ontevrede met die feit dat Noord Korea aanhoudend wegkom met hierdie tipe vermetelheid. Ek het reeds my “exit-plan” in my kop uitgewerk. ‘n Amerikaanse vriendin, Jeannie, het reeds Saterdag oggend ‘n vlug gehaal sonder om iemand te groet. Intussen is dit besigheid soos gewoonlik, net nou met hierdie onheilswolk van oorlog wat die afgelope week net nie wil weggaan nie.

'n Eiland soortgelyk aan Yeongpong eiland

Bookmark and Share

Comments are closed.