Tania van Schalkwyk wen Ingrid Jonker-prys vir 2010

2010 INGRID JONKER PRIZE AWARDED TO UNEMBELLISHED INCANDESCENCE

 

Tania van Schalkwyk

Tania van Schalkwyk

Tania van Schalkwyk’s debut collection, Hyphen, is the winner of this year’s Ingrid Jonker prize for English poetry. The judging panel consisted of the poets Prof. Leon de Kock, Prof. Sally-Ann Murray and Charl J.F. Cilliers.  Six volumes were submitted for judging.

Van Schalkwyk’s poetic voice was declared “a rich addition to English South African writing” and her collection Hyphen “a very significant volume indeed”.  One judge asserted that “there is not a single poem in this volume that does not expand the reader’s consciousness”.  Judges were won over by van Schalkwyk’s “lushly evocative and yet also understated” poems and considered that “this is a literary poetry, rich in ideas” which “repays study and thought”.  Van Schalkwyk was lauded for the “incandescence” of her poetic insight which emerges from diction that is deceptively casual, “almost prose-like”.  The panel admired the “quiet humour”, the delicate capturing of “human strangeness”, and the refusal to embellish, all of which characterise Hyphen.

The Ingrid Jonker Prize for debut poetry collections is awarded every year, alternately for work in English and Afrikaans. The prize, which consists of a medal and a cash amount, will be handed over at a ceremony during the 2011 Franschhoek Literary Festival.

 

Ingrid Jonker Prize Committee

6 December 2010

 

***

 

2010 INGRID JONKER-PRYS TOEGEKEN VIR ‘N BUNDEL VERHELDERENDE, ONOPGESMUKTE POËSIE

 

Hyphen

Hyphen

Tania van Schalkwyk se digdebuut, Hyphen, is die wenner van vanjaar se Ingrid Jonker-prys vir Engelse poësie. Die beoordelaarspaneel het bestaan uit die digters prof. Leon de Kock, prof. Sally-Ann Murray and Charl J.F. Cilliers.  Ses digbundels is vir moontlike bekroning voorgelê.

Van Schalkwyk se poëtiese stem is bestempel as ” ‘n waardevolle toevoeging tot die Engelse Suid-Afrikaanse letterkunde” en Hyphen as ” ‘n waarlik belangrike bundel “.  Een beoordelaar het verklaar: “Daar is nie ‘n enkele gedig in hierdie bundel wat nie die leser se bewussyn verruim nie.” Die paneel is beïndruk deur Van Schalkwyk se “ryk, evokatiewe en onderbeklemtoonde” gedigte wat beskryf is as “literêre poësie gelaai met idees” wat “bestudering en nadenke beloon”.  Van Schalkwyk is geprys vir haar “verhelderende” digterlike insig wat spruit uit ‘n bedrieglik informele, “byna prosa-agtige” diksie. Die paneel het waardering uitgespreek vir haar “stil humor”, die delikate vasvang van “menslike vreemdheid” en haar onopgesmukte styl.

Die Ingrid Jonker-prys word jaarliks beurtelings aan ʼn Afrikaanse of ʼn Engelse debuutdigbundel toegeken. Die toekenning, wat bestaan uit ‘n medalje en ‘n kontantbedrag, sal oorhandig word by ‘n seremonie gedurende die 2011 Franschhoek-letterkundefees.

 

Ingrid Jonkerprys Komitee

6 Desember 2010

 

 

Bookmark and Share

Een Kommentaar op “Tania van Schalkwyk wen Ingrid Jonker-prys vir 2010”

  1. Joan Hambidge :

    Sowat ‘n jaar gelede het ek hierdie bundel in Mombasa gelees en vir Die Burger geresenseer. Ek is bly dit het die aandag gekry wat dit verdien!

    Hyphen: Tania van Schalkwyk Die Burger
    Isbn 9781 920218348
    68 bladsye
    UCT Writers series nommer 7
    Resensent: Joan Hambidge

    Hyphen is die debuut van Tania van Schalkwyk en in vergelyking met die onlangse Engelse debutante soos Arthur Attwell (Killing Time), Sarah Johnson (Personae), Kim McClenaghan (Revisitings) en Fiona Herbst (Time and Again), maak sy eweneens ‘n trefseker indruk. Haar digterlike mentor was Stephen Watson wat die “lost in translation”-aspek van haar digkuns beklemtoon.
    Ons vind in hierdie debuut langer praatverse wat die verhouding tussen gedigteks en prosateks uitdaag en problematiseer, soos “The reader” (33) of die skitterende “The mansion: an anti-poem” (56) waarin die “abundance of emptiness” in die vers ondersoek word.
    Die gedig is oënskynlik ‘n besoek aan ‘n huis, maar word al lesende ‘n analise van die digproses met ‘n verwysing na T.S. Eliot wat herskryf word as “and watch many people come and go”. Die digter is oorweldig deur die huis en al die voorgangers of besoekers en ontvang ‘n opgerolde nota waarop niks staan nie. Dus is die lot van die digter een van oorweldig wees deur ‘n tradisie en kan ‘n mens die bundel beskou as ‘n soeke na ‘n eie stem binne die Engelse letterkunde.
    Daar is ‘n verwysing na Bukowski wat ‘n belangrike kode is vir die benadering tot die verse (“Performance Pieces”, 58) en in die biografiese nota lees ons dat die digter ook betrokke is by multi-media-produksies. Grense word dus telkens afgebreek.
    Die gedigte ondersoek die verhouding tussen die vreemde en die bekende. In talle gedigte kom hierdie tematiek aan bod – soos onder andere knap verwoord in “Empty heat” (62) waar die herinneringe en indrukke jou nooit sal verlaat nie. Gekoppel hieraan vind ons ‘n besondere fantasie by die digter: sy hoor onder andere die see in die stam van ‘n boom. ‘n Gedig heet “Abyss” (13) en die afgrond word dikwels in die self ondersoek en geprojekteer op dinge róndom die digter wat ‘n skerp, priemende oog het. Die herinnering, veral van die jong kind wat binne ‘n vreemde omgewing moet oorleef, verskaf nou beeldmateriaal wat sy vertaal in sterk, primordiale verse:

    Raised in an Arabian land of heat, fire and temper,
    sometimes the calm of England clamps down
    like damp in a bathroom with no window
    and a loud, inefficient extractor fan.

    (“In between”, 64).

    Daar is ook heerlike humor in die bundel aanwesig soos in “Bedtime stories” (15) waarin daar ’n gesprek gevoer word met die moeder wat dikwels die kind aan nuwe wêrelde en ervarings bloot gestel het:

    I always felt sorry for the Egyptians.
    Because they had such a fabulous dress sense.
    And because the Egyptians loved cats.
    Worshipped them. Just like my mother does.

    In “Gardening” (41) word die geliefde via die mitologie aangespreek en besing; met die wete dat die dood ‘n finale skeiding en stilte sal bring, omdat sy nie onder andere ‘n Isis sal kan wees nie. Tog bring die gedig op ‘n ironiese manier verskillende aspekte van hul verhouding saam om sodoende ewigheidswaarde te kry.
    Daar is dikwels sprake van metamorfose of transubstansiasie, ‘n verskynsel bekend aan die digkuns: die gedig is ‘n proses van verandering of verse tree in gesprek met ander gedigte, verwysings of endnote.

    I come from a small island.
    Its shores are like the sleeves of a jacket
    two sizes to small,

    tugging at my armpits.
    Uncomfortable and yet, I do not want to
    give or throw it away,

    skryf sy in “Moth”, 65.

    Hierdie gedig is ‘n ars poetica waarin die soeke na die self sterk verwoord word In die pragtige vers “In the middle of the desert” (60) sien ons die werkinge van die jong kind se fantasie waarop sy later teer as volwassene. Hierdie gedig betrek die sterk mitologiese raamwerk van die bundel en aktiveer die durende spel tussen herinnering en hede. Hélène Cixous se essay, Exits (Sorties), verskaf handige kodes vir die begryp van die vroulike ervaringe wat in hierdie bundel uitgewerk word. By Cixous, weens haar Algerynse agtergrond is daar dan ook ‘n spanning aanwesig tussen die nuwe en die verlede wat sy beskryf as “nostalgeria”.
    Dit is waardige debuut wat getuig van genoegsame vakkennis en boeiend omdat soveel verskillende wêrelde hierin saamgesnoer word. Sy noem haarself ‘n hibried, ‘n kind van ‘n Hamburgse seeman en Mauritiaanse kunstenaar. Van Afrika, maar tot volwassenheid gekom in Arabië en Europa.
    ‘n Aanbevole teks vir alle liefhebbers van die digkuns.

    Joan Hambidge

    7 – 8 September 2009