Andries Bezuidenhout (1)
Fotobeeld
Lees gedigte van Andries Bezuidenhout

1975, vyf jaar oud, na Sondagmiddagete by Oupa en Ouma Rossouw in Jan van Riebeeckstraat, Pretoria-Noord

Road trip Oos-Kaap toe saam met Pierre Kok in 1990. Ons besoek Grahamstad en luister vir die eerste keer na Koos Kombuis en Valiant Swart in lewende lywe.

Op die treinspoor saam met Hannelie Booyens en Willem van Biljon, woonstelmaats in 1991, Hatfield, Pretoria.

Kreefduik by Groenriviermond, 1993, saam met Irma du Plessis met wie Andries in 1994 trou. Ongelukkig is daar geen troufoto nie.

Laat-1990s. 'n Tipiese aand in die Abelarde Sanction. Ockert Greeff met die Bart Simpson-das. Agter staan Chris Bolsmann, Marcelle Dawson en Karl Gostner.

1997 in die Abelarde Sanction, Brixton. Andries en Ockert Greeff stig die Brixton Moord & Roof Orkes.

Vir die aanbreek van die nuwe millennium aangetrek soos figure uit die 1900s. Andries is Einstein, Irma is Victoria, Wessel van Rensburg is Lenin.
Kopiereg © 2010 Andries Bezuidenhout (Privaatversameling)
Geen foto’s hier op Fotobeeld/versindaba.co.za mag sonder verlof van die digter gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopieëring of enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of verspreiding nie.










