Carina Stander (1)

Fotobeeld

Lees gedigte deur Carina Stander

Album 1, 2, 3, 4

Carina (8 jr) & maatjie Leonie (regs). 1984.

Pa Sarel help Carina om op sy bramaanbul, Boesman, se rug te ry. 1984

Elf jaar oud, 1987, saam met haar hond. Carina wou graag op laerskool 'n veearts word wat deeltyds skryf.

Saam met 'n studentevriendin, Melani, in die rivier op die plaas in Waterberg waar sy grootgeword het. Albei is 18 jaar oud. 1995

Saam met vriendinne Lize & Anna-Carien op 'n berg in Malawi. 1998

Saam met Ma Truiki en 'n skaaplammertjie

Dae van sweis, beitel en skaaf. Carina (regs) saam met Anel Schoombee by die Beeldhou departement van die Universteit van Pretoria.

Werk aan 'n houtbeeld vir die honneursgraad in Beeldhou by UP, 1999

Koshuisdans op varsity. Die tema was Biker Babe. Carina se dansmaat was 'n professionele danser vir die Chippendales.

Saam met Gerrit in 2000, as vriende oorsee. Die foto is geneem naby die village in Cambridge waar sy 18 maande lank vir 'n beeldhouer gewerk het.

 

Na Album 2

 

Kopiereg © 2010 Carina Stander  (Privaatversameling)

Geen foto’s hier op Fotobeeld/versindaba.co.za mag sonder verlof van die digter gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopieëring of enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of verspreiding nie.

 

Bookmark and Share

6 Kommentare op “Carina Stander (1)”

  1. Beatrice Russo :

    Die foto’s van UP se beeldhou-studio het my terug laat verlang universiteit toe! Ek het self die meeste van 2008 op daardie presiese plek waar die eerste foto geneem is deurgebring. 🙂

  2. Ernst Swanepoel :

    Wat ‘n pragtige prentjie-geskiedenis! Ek sien in my geestesoog ‘n glimlag in die Hemel hieroor. Julle troue op die plaas? Ek wil nog altyd weer soontoe. (Uitnodiging, miskien later vanjaar?)

  3. Beatrice, dankie! Het jy in Beeldhou gehonneurs of in Skilder of Grafies? Carina

  4. Lettie Pistorius :

    Sterkte verder met ‘n geseende toekoms.

  5. Mara Murray :

    Carina. Eers kruip ma Truitjie diep in my hart as onderwyseres op Hoerskool. Daarna ontmoet ek pa Sarel by die Stadsraad met die heerlikste papajas, mangoes, en meer – vars van die plaas. Wat ‘n hoogtepunt was dit nie as die aankondiging gemaak word dat oom Sarel ons kom besoek het! Toe jy… Redenaars met Miranda in die Laerskool. Jy’t toe al die weg gebaan van haar uiters suksesvolle Redenaars kompetisies en Drama prestasies! JY..merkwaardig! Trots om jou en jou mense te ken! Jou werke – God geseend. Ons DENKER-beeld wat jy geskep het, steeds ‘n ereplek in ons huis!

  6. Willene (Olivier) Van Staden :

    Carina, ek onthou jou! Ons was saam in die hoerskool. Jy het so ‘n fantastiese gawe van die Liewetjie Jesus af ontvang, sjoe, jou werk is asemrowend mooi! Ek gaan definitief ‘n punt daarvaan maak om van jou bundels te koop! Goed gaan pragtige mens!