Joyce Carol Oates - vertaling in Afrikaans
Joyce Carol Oates - vertaal deur Melanie Grobler
Lorelei
Uit die rëengroen veld loop ek na jou. Jy sien niks. Jy is bevrees.
Uit ‘n droom so groot soos ‘n seun loop ek reguit in jou omhelsing.
Jou ontsteltenis. Alles is lyf. Die droom vervloei en jy sterf.
Die tyd toe jy die huis verlaat het om enkele weke alleen in ‘n koue pondok
te bly. So koud dat jy in sweterige muwwe klere op die bed bly lê het.
Dit was ek buite die geroesde gaasdraad ‘n tree van jou kop af.
Ek wat ‘n vingernael oor die gaas getrek het, toe jy angstig wakker geword het.
Alhoewel hy nooit alleen slaap nie, alhoewel sy vrou nou snoesig teen hom aankrul
is dit sy vinnige asemhaling wat wys hoe hy beweeg, trom-trom
haar binneste in met haar volstrekte toestemming.
Joyce Carol Oates.
Vertaling: Melanie Grobler




