Egonne Roth. Twee digters in gesprek

Egonne Roth

Egonne Roth

Egonne Roth woon in Israel en het pas aangesluit by ons span Buiteblik-bloggers. Welkom, Egonne! Sy het  in die Boland groot geword, haar skoolloopbaan op Worcester begin en op Stellenbosch in maatskaplike werk graad gekry, maar haar liefde vir kuns, musiek en letterkunde, veral Shakespeare, het sy op Herschel in Claremont ontdek. Nadat sy in 1975 getroud is, het hulle op baie plekke gewoon – Oudtshoorn en Kaapstad, Bothaville en Nelspruit, en tussenin nog twee jaar in Skotland. Egonne ontdek egter haar ware tuiste in 2002 aan die noordkus van Israel. Egonne en haar lewensmaat werk as Engelse onnies aan twee verskillende kolleges, maar hul groot liefde is reis en fotografie wat dikwels die inspirasie gee vir dit wat Egonne oor skryf. In Israel het Egonne haar in veral die Holocaust-letterkunde – fiksie sowel as memoir –  begin verdiep. Dit lei tot ‘n belangstelling in „life-writing” en tans werk sy aan ‘n biografie van Olga Kirsch, die Joods Afrikaanse digteres.

 

Elke tweede jaar verlustig ek my in die Jerusalem International Book Fair -dis die kombinasie van boeke, mense, kuns, sprekers en seminare wat dit so lekker maak. Nie net is al die Israeliese uitgewers daar nie (verskeie wat mens nie normaalweg sou teëkom nie), maar daar is ook stalletjies wat die literêre aktiwiteite van ander lande ten toon stel: die Goethe Instituut verteenwoordig Duitsland met ‘n groot stalletjie en verskeie voorlesings en seminare; Litaue, Roemenië, Italië, Frankryk en (vir die eerste maal) Angola is vanjaar ook goed verteenwoordig. Die onderskeie stalletjies handig brosjures oor die kulturele lewe in hul land uit en het dikwels pamflette met vertalings uit die keur van hul bekendste skrywers. Ek versamel alles met lus en lees vir weke nog daaraan.

Vir die afgelope twee feeste is ek gefassineerd deur die lesings en uitstalling van die Litauers – seker omdat ek as gevolg van my navorsing vir die biografie van Olga Kirsch die kultuur en geskiedenis van die land ontdek het. Haar vader, Schmuel Kirsch, was ‘n Jood uit die suide van Litaue. Omdat die uitstalling in Jerusalem is, val die klem op die ryk Joodse geskiedenis en kultuur wat daar voor die Tweede Wêreldoorlog in Litaue bestaan het.

Czesław Miłosz
Czesław Miłosz

Abraham Sutzkever
Abraham Sutzkever

 

Onder andere was daar vanjaar ‘n heerlike tweegesprek oor die Poolse digters Czesław Miłosz en Abraham Sutzkever: die een ‘n Christen, die ander een ‘n Jood, en tog vriende uit Vilnius, die hoofstad van Litaue en eens bekend as die Jerusalem van die Noorde. Beide sprekers het die twee digters geken en die stories wat vertel is, het die gehoor laat vorentoe sit in hul stoele. Die werk van Milosz het ek al ‘n bietjie gelees, maar Sutzkever was vir my nuut. Hy is in 1913 in Wit-Rusland (Belarus) gebore, maar sy moeder neem haar kinders in 1922 na Vilnius na haar man se dood. Sutzkever het in Vilnius grootgeword, daar getrou en ‘n gesin begin, maar in 1943 word sy moeder en kind deur die Nazis vermoor en vlug hy en sy vrou die woude in. Hulle skuil tot in 1944 toe die Russe hulle na veiligheid in Rusland neem. In 1947 verhuis Sutzkever en sy vrou na Palestina, waar hy as die amptelike digter van die Joodse volksmoord beskou word. Sy werk is aangrypend, soos duidelik blyk uit die volgende gedig geskryf in die Vilnius ghetto in 1942:

I shall take a spade and walk off to seek you,
I shall plow up fields, dig up graves.
I shall ask the grass, I shall taste the thorns
And feel your shadow on my arms.

And if I cannot reach out to you,
I shall dig into words and spade into sound.
Until I shall free the beautiful roses
Of the dark land where they went down.

Czesław Miłosz is twee jaar voor Sutzkever gebore, nie ver van waar Olga Kirsch se pa grootgeword het nie, en hy het homself sy hele lewe lank as beide Litauer en Pool beskou. Miłosz is in 1980 met die Nobelprys bekroon. Tydens die Tweede Wêreldoorlog woon hy in Warsaw en skryf hy oor wat hy daar beleef het.

Die gesprek tussen die twee professore oor Miłosz en Sutzkever is deur die voorlees van twee gedigte, een deur elk van die digters, afgesluit. Eers is die gedigte in die oorspronklike taal en toe in Engels gelees. Die onderstaande gedig van Sutzkever is ook in die Vilna Ghetto kort voor sy kind se moord in Jiddisj geskryf:

How?

How will you fill your goblet

On the day of liberation? And with what?

Are you prepared, in your joy, to endure

The dark keening you have heard

Where skulls of days glitter

In a bottomless pit?

You will search for a key to fit

Your jammed locks. You will bite

The sidewalks like bread,

Thinking: it used to better.

And time will gnaw at you like a cricket

Caught in a fist.

Then your memory will resemble

An ancient buried town.

And your estranged eyes will burrow down

Like a mole, a mole…

Miłosz se gedig is weer in Pools geskryf – die taal wat altyd die naaste aan sy hart gelê het. Hy was vyf tale magtig.

A poor Christian looks at the ghetto

Bees build around red liver,
Ants build around black bone.
It has begun: the tearing, the trampling on silks,
It has begun: the breaking of glass, wood, copper, nickel, silver, foam
Of gypsum, iron sheets, violin strings, trumpets, leaves, balls, crystals.
Poof! Phosphorescent fire from yellow walls
Engulfs animal and human hair.

Bees build around the honeycomb of lungs,
Ants build around white bone.
Torn is paper, rubber, linen, leather, flax,
Fiber, fabrics, cellulose, snakeskin, wire.
The roof and the wall collapse in flame and heat seizes the foundations.
Now there is only the earth, sandy, trodden down,
With one leafless tree.

Slowly, boring a tunnel, a guardian mole makes his way,
With a small red lamp fastened to his forehead.
He touches buried bodies, counts them, pushes on,
He distinguishes human ashes by their luminous vapor,
The ashes of each man by a different part of the spectrum.
Bees build around a red trace.
Ants build around the place left by my body.

I am afraid, so afraid of the guardian mole.
He has swollen eyelids, like a Patriarch
Who has sat much in the light of candles
Reading the great book of the species.

What will I tell him, I, a Jew of the New Testament,
Waiting two thousand years for the second coming of Jesus?
My broken body will deliver me to his sight
And he will count me among the helpers of death:
The uncircumcised.

Die Litause ambassadeur het die sessie afgesluit deur kortliks te praat oor sy regering se poging om erkenning te gee aan die rol van Jode in hul land.

*

Ek het ook later na ‘n gesprek tussen Alex Epstein en Jenny Erpenbeck gaan luister. Die tema was Herinnering, Verlange, Tuiste. Jenny kom uit Oos-Berlyn en haar nuutste boek, Visitation, handel oor haar ouma se huis wat hulle met die hereniging van Duitsland verloor het. Omdat so baie mense in Israel weet hoe dit voel om ‘n tuiste te verloor, het hierdie gesprek by die gehoor, en ook by my, diep aanklank gevind. Jenny se boek open met die volgende woorde:

Approximately twenty-four thousand years ago, a glacier advanced until it reached a large outcropping rock that now is nothing more than a gentle hill above where the house stands.

Wat maak van ‘n huis ‘n tuiste, en wat maak van ‘n land ‘jou land’? Ek kry die indruk dat Jenny haar ouma se huis moes herwin nadat hulle dit verloor het deur die huis se geskiedenis na te vors en in ‘n boek te verwerk. Alex meen dat ‘tuiste’ die plek is waar mens kan begin om te skryf, maar vir Jenny is dit die plek waarheen ons altyd op pad is. Dit verstaan ek so goed – ek onthou ‘n gediggie wat ek op skool geskryf het. Dit het begin met die reël: “My life is in a suitcase”. Ek dink nie eintlik veel het al verander nie – alhoewel hier waar ek voor my venster met sy uitsig oor die Middellandse See sit en skryf voel ek asof ek uiteindelik tuisgekom het. Ek wonder hoe lank die gevoel sal hou.

En miskien is dit juis vir my die grootste aantrekking van so ‘n internasionale boekfees – die vervlegting van verskillende stemme uit verskillende plekke wat met dieselfde vrae worstel en padkos vir die weg vorentoe bied. Toe ek op die bus huis toe klim, dink ek: Soveel boeke, soveel stories. Êrens het iemand gedurende die week my daarop gewys dat daar elke dag 4000 nuwe titels gepubliseer word – hoe kan ‘n mens al hierdie stories verstaan en ken?

Bookmark and Share

Comments are closed.