Bertolt Brecht - vertaling in Afrikaans
Bertolt Brecht - vertaal deur Peter Louw
Die pruimboom
Langs die woonstel staan ‘n pruimboom
waaroor ek my ontferm,
met draad en latwerk daaromheen
om dit te beskerm.
‘n Minuskule boompie
te midde van beton,
‘n dwerg wat nie kan groei nie
want daar is te min son.
Oor sy aard is daar soms twyfel;
hy dra nie pruime nie, dis waar,
maar dis beslis ‘n pruimboom,
mens sien dit aan die blaar.
(Der Pflaumenbaum. Bertolt Brecht)




