Egonne Roth. Die betekenis van nêrens

Jerusalem International Book Fair

Jerusalem International Book Fair

U moet my maar vergewe as ek nog nie gereed is om die Jerusalem International Book Fair agter te laat nie. Of dalk is dit net die Litvaks wat my by bly en met wie ek konstant in my gedagtes in gesprek is. Op soek na Olga Kirsch se voorsate kuier ek in elk geval daar in die klein ‘stettls’- gehuggies – tussen die woude en mere van Litua. Ek kon nog nie verseker vas stel of Olga self daar na inligting oor haar pa se herkoms gaan soek het nie, maar ek weet haar jonger suster, Janette, was daar – ek het die foto’s van die begraafplaas waar haar oupa grootjie begrawe lê. Janette het hulle aan my gegee.

By die boekfees het ek as geskenk  The Vilnius Review, no 27, 2010, New Writing from Lithuania gekry. Die gereelde publikasie word ondersteun deur die ‘Lithuanian Cultural Support Foundation’ wie se missie, soos ek dit verstaan, is om die letterkunde van Litua aan die buitewêreld bekend te stel. In hierdie joernaal ontdek ek ‘n gedig wat my onmiddellik aangryp – ek deel dit graag met u.

UNDERGROUND GARAGES    deur  Sigitas Parulkis

 

I like garages, cool, brimming with twilight

underground, parking

lots into which you plunge like into the kingdom of Pluto and later

return to the light afraid to look at the rear view

mirror in case you are leaving something important behind, underground

mythology is like a bystander here

the already very meaningful green sign shines

in the evening twilight – ‘spots available’

which means there, underground, spots are available

 

there is something very human about the nature of garages, people

come in cars,

leave them and go somewhere, evacuate their worries and

joys, they return later

get into their vehicles and migrate

somewhere else entirely, to the edge of the city, to the suburb, to another

city, to another world, however it works out

 

one day everyone of us will leave our vehicles, our body and will migrate,

there where there are spots available, there, where

spots are always available

where it does not smell of gasoline, fresh snow, rain

scattered seed, tears, treason, where there are no

windshield wipers, emergency signs

where no one speeds because even the very

fastest highways are reminiscent of falling

shadows or even more so of nothing, if the meaning

of this word could surpass

itself

 

Vertaal deur  Medeine Tribinevicius

THE VILNIUS REVIEW I 2010

 

Die gedig vind by my diep aanklank: dit herinner my aan die parkeer garage in die nuutgeboude Nico Malan Konsertkompleks in Kaapstad. Ek dink dit was die eerste regtige groot ondergrondse garage waarin ek my bevind het. Ek onthou die ‘plunge like into the kingdom of Pluto’  terwyl dit buite nog skemer is en dan, soos mense hulle motors verlaat en deur die lang tonnel na die teater  stap verander hulle. In  die groot foyer skitter en dans die ligte van die manjifieke kandelare op die vrouens se juwele. Hulle lag en gesels, kyk versigtig rond wie vir wie kyk en wie saam met wie is. My ma kon dit so mooi subtiel doen. My ma was so beeldskoon, so subtiel!

Later na die gesing en drama, na die hande klap en toejuigings daal ons terug af na die ondergrondse wêreld van slapende motors. Enjins word wakker met ‘n gebroem en stadig stadig soos in ‘n begrafnisstoet kom ons uit  die ondergrond in ‘n Kaapstad van liggies en Tafelberg wat oor ons waak. Dit was so mooi, so lank gelede.

Olga Kirsch

Olga Kirsch

Om een of ander rede het die beeld van groen liggies wat aankondig dat daar “spots available” is, my herinner aan my koms na Israel. Ek het van jongs af aanvaar dat mens nie noodwendig tuis voel in hierdie wêreld nie;  dat jy dalk altyd voel dat jy op een of ander wyse tog maar ‘n buitestander is – ‘n soort “siek hunker na die verre” (Olga Kirsch). En ek dink ook nie dat dit anders hier in Israel is nie – dalk  net meer aanvaarbaar. Almal kom van elders, is verbind aan hierdie land deur eeue se verlange – volgende jaar in Jerusalem – en dan bevind jy jou hier, tussen die stof en die bomme in die land van melk en heuning en nog verlang jy, maar nou weet jy nie meer waarheen nie.

 

 

are reminiscent …

…   of nothing, if the meaning

of this word could surpass

itself

Jan Morris se boek "Trieste and the Meaning of Nowhere"

Jan Morris se boek Trieste and the Meaning of Nowhere

Die betekenis van niks, die betekenis van nêrens.. . Dit laat my dink aan Jan Morris se boek, Trieste and the Meaning of Nowhere.  Ek hou van Jan Morris wat die guts gehad het om aan die wêreld te vertel hoe dit voel om in die verkeerde soort lyf gebore te word; ek hou van haar rustige suiwer skryfstyl wat my dwing om terug te sit en te dink.

“Birth and death are the ultimate bookends, and between them a muddied narrative unfolds. In the course of it there crop up moments, experiences or places which in retrospect…, we recognise as markers.”  (p 185)

So ‘n plek is Israel in my lewe, ‘n keerpunt, ‘n padaanwyser, ‘n rusplek, ‘n plek waar ek met die eerste aankoms gevoel het dat ek eintlik altyd hier was en tog bly dit vreemd. Maar dan lees ek Yehuda Amichai en ek weet hy ken ook die plek:

 

 

 

In the place where I was

I never shall be.

The place where I was, as if

I never was there…

 

And what I shall never return

To see, I must love for ever.

Only a stranger will return to my place…

( Yehuda Amichai: A life of Poetry 1948-1994 p.48)

 

Olga Kirsch het dit goed geken, hierdie

“…  siek hunkering na die verre

waarheen geen terugkeer was.

Hoe weet ek dit?

Het ek nie daardie swerftog voortgesit?”

 

Miskien is dit dan ook die taak van die digter- om te verwoord wat ons gewone mense nie self kan beskryf nie; om ons aan onsself te verklaar.

Bookmark and Share

Comments are closed.