Leon Retief. Oor katderms, vernis en boomringe

Stradivarius
Stradivarius

Stradivarius, Guarneri, Amati… die legendariese viooldinastieë van Cremona, makers van gesogte instrumente (ook altviole en tjello’s) wat al vir eeue deur virtuose bespeel word.

Intensiewe navorsing is al gedoen oor elke denkbare aspek van hierdie instrumente – wat is dit wat bydra tot hulle klank? Wat behalwe die vorm speel ‘n rol, is dit die vernis, die onderlaag of die hout? Talle teorieë het al die lig gesien.

Wanneer die hout wat ‘n viool gaan vorm klaar gesny is word dit aan sonlig blootgestel sodat die son se ultravioletstrale dit kan oksideer en verdonker. Sommige moderne vioolmakers gebruik ultravioletligte om die proses te versnel. Daarna word ‘n grondlaag oor die hout geverf voordat die finale laag of twee vernis aangewend word. Vele gesofistikeerde ondersoeke is al uitgevoer om te probeer vasstel waarom hierdie instrumente so ‘n wonderlike klank het, onder andere skandeer-elektronmikroskopie en X-straal ondersoeke van die vernis en die onderlaag, asook dendrochronologiese inspeksie van die jaarringe in die instrumente se hout.

Daar is al baie bespiegel oor die vernis wat Stradivarius gebruik het en meeste mense dink dat sy resep verlore is – in werklikheid is die bestanddele baie goed bekend.

Hierdie strykinstrumente word al eeue lank beskou as die maatstaf waarteen alle ander instrumente gemeet word en mens lees telkens in koerante en tydskrifte dat een of ander viool teen ‘n astronomiese bedrag verkoop is, maar het die viole, altviole en tjello’s uit Cremona inderdaad so ‘n uitsonderlike klank of is dit maar net nog ‘n stadslegende?

Ongelukkig is daar geen oortuigende bewyse vir hierdie gewaande superioriteit nie.

So wat beteken dit wanneer mens praat van ‘n Stradivarius of enige van die ander Cremona-instrumente? Enige artefak wat al vir eeue in gebruik is het deur die jare verander en elke Stradivarius wat steeds bespeel word het al ‘n paar honderdduisend speelure agter die rug. Voortdurende onderhoud en veranderende musikale gebruike het ‘n groot invloed op hierdie instrumente se toonkwaliteit gehad.

 

Viole

Viole

Die aanvang van die Romantiese era in musiek het strykinstrumente radikaal beïnvloedtoe groter konsertsale ‘n luider klank vereis het. Viole se nekke en vingerborde is verleng, brûe is hoër gemaak en metaalsnare is in gebruik geneem. Cremona-viole het toevallig baie goed aangepas by hierdie veranderings en het gedurende daardie tydperk begin om bekendheid te verwerf. Nog net een Stradivarius het nog sy oorspronklike nek, die Messias (le Messie) maar ongelukkig mag hierdie viool hoegenaamd nie bespeel word nie en weet niemand dus hoe dit klink nie.

Mens kry ‘n idee van hoeveel restourasie ‘n viool kan verander in die volgende beskrywing deur Dom Vincenzo Ascensio wat reeds in 1783 een van Stradivarius se viole restoureer het: “I (patched the belly) and replaced the bar by one adjusted to mathematical proportions based on that of Stradivari. I corrected the thicknesses, pierced the four corner-blocks, took the back off and inserted a piece in the centre as it was too thin. I had to replace the neck… (and) then adjusted the instrument, the tone of which was rendered excellent by all these changes.”

Daar kan min twyfel wees dat die klank van hierdie gerestoureerde viool aansienlik anders was as toe dit die maker se werkswinkel verlaat het en dit is beslis ook die geval met alle ander Stradivarii wat al deur restoureerders onder hande geneem is – en dis byna almal.

Ten spyte hiervan het allerhande legendes oor hierdie viole ontstaan en is byna mistieke eienskappe aan hulle toegedig. Die ietwat eksentrieke Britse geestelike H.R. Hawes skryf in sy boek Old Violins (1898) “It is never fit for death, it survives a thousand calamities; nay, even when cut up and dismembered, its several parts, scattered through a dozen workshops and three hundred years, live on with a kind of metempsychosis in new forms, and still cling strangely to their individuality.” En ook: “The grace of the curves… full of a variety of levels like the satiny surface of a fine human body. You might almost believe that a whole system of muscle – a very living organism – lay beneath the “back” and belly, which to his eyes are alive with swelling and undulating grace.”

Dit is natuurlik goed bekend dat mense klank baie subjektief beoordeel en inderdaad maklik om die bos gelei kan word. Die einste eerwaarde Hawes het aan die destyds bekende violis Ede Reményi (wat die Kaap in 1860 op ‘n konsertreis besoek het) ‘n viool gegee om te bespeel en hom onder die indruk gelaat dat dit ‘n Stradivarius was. Reményi was hoogs beïndruk. Die feit dat hy gedink het dat hy ‘n Strad bespeel het ongetwyfeld sy oordeel beïnvloed.

Die fisikus Carleen Hutchins het ‘n goedkoop viool verbeter en ‘n bekende violis gevra om dit sowel as ‘n Cremona-instrument agter ‘n skerm te speel sodat die gehoor nie kon sien watter instrument gebruik word nie. Haar bevinding? “The two were voted equal in tone by a college music department audience.” Die violis het wel geweet watter instrument hy speel en interessant genoeg kon die gehoor die violis identifiseer maar nie die viool nie!

James Beament (The Violin Explained – dalk ‘n titel met bietjie te veel hubris na my smaak maar toemaar) skryf: “When (the violin) is played, what we perceive and how we characterize the sound are entirely dominated by how the particular player bows it.” Ons persepsie van klankkwaliteit is geheel en al die resultaat van prosesse in die luisteraars se breine en nie afhanklik van die materiaal waarvan die instrument gemaak is nie – binne die perke van redelikheid natuurlik, ‘n instrument wat deur ‘n palooka gemaak is sal ook so klink.

 

Verskeie dubbelblinde studies van viole se klankkwaliteit is al gedoen (dit wil sê waar nog die violis nog die luisteraars weet watter instrument bespeel word) en volgens RL Barclay, ‘n bekende restoureerder van strykinstrumente en skrywer van The Conservation, Restoration, and Repair of Stringed Instruments and Their Bows, kan die bevindings as volg opgesom word:

 

  • 1) It is impossible to distinguish an old instrument from a new one by listening.
  • 2) The superior sonority of the Stradivarius and other old violins is a myth.
  • 3) There are good and bad instruments from every period.
  • 4) Sonority depends on the player, and particularly on the bowing technique
  • 5) The supposed superiority of Stradivarius violins is based on their exorbitant prices.
  • 6) When played by an inferior violinist a Stradivarius sounds inferior.

 

Antonio Stradivari meng vernis

Antonio Stradivari meng vernis

Die feit is dat baie moderne viole wat deur kundige vakmanne gemaak word net so goed klink soos enige instrument wat van Cremona afkomstig is, en dikwels beter. Die verhouding tussen ‘n violis en sy viool is egter baie interessant. Terwyl ons nog in SA was het my vrou Lesli en ek aan ‘n musiekklub behoort en een aand het ons die voorreg gehad om te hoor wat Gerhard Korsten aan ons kon vertel oor viole en strykstokke. Hy het sy viool en twee strykstokke saamgebring. Interessant genoeg is daar mense wat ook strykstokke versamel, net soos ander mense viole bymekaarmaak – ek reken dat mense met werklik baie geld viole versamel en dat diegene wat finansieel nie so goed bedeeld is nie dan maar moet klaarkom met strykstokke. Een van Gerhard se strykstokke het behoort aan ‘n Japannese versamelaar wat dit op bruikleen aan hom beskikbaar gestel het. Hy het daardie aand dieselfde werke gespeel en om die beurt die verskillende strykstokke gebruik. Kan julle die verskil hoor het hy entoesiasties aan ons gevra en almal het instemmend geknik, maar nou moet ek erken: nee, vir my het beide strykstokke presies dieselfde geklink. Nou ja. Dalk lê die fout by my…

 

Ek is gelukkig genoeg om ‘n jong professionele violis as kennis te hê, iemand wat as vryskut in SA en Europa optree. Hy stem saam dat die klankkwaliteit van Stradivarii oorskat word, maar hy het ook eenkeer ‘n interessante opmerking gemaak: wanneer ‘n violis ‘n nuwe instrument begin bespeel kan dit selfs ‘n jaar neem voordat hy/sy daaraan gewoond raak. Geen twyfel nie – daar is meer as net die hout, vernis en snare.

 

Violin
Sheila Black

You must use the body – its curves,
its hollows, the spring of the sound, which
brings back what is absent, what has
been and is now gone, fading. Cat-gut,
fret, the busy machinery of longing,
which takes its strength from the
presence of absence, the body’s darkness,
the wood carved out, thinned and
made to flex. There is a pain at the
source of it – so easily broken, this tree
without a heart, the sap dried to amber
patina. Only in the sound can you
hear it move, the veins in the blood of
the body that is no more. The bow pulled
along the taut strings, a pitch that
is all but unbearable.

 

 

The Violin-Maker
Michael Cope, from Some Examples of Silence

Joey Finkl calls himself the last anarchist in town.
He’s been here over fifty years, making fiddles,
right here (except the wars) six days each week,
sometimes seven. “I don’t go with religion.
I work when I like. That’s most of the time,
because, you see, I love to make them,
my babies, hmmm.” He reaches among
the shavings and tools and dried out glue pots
and oil rags for a block of wood on which
is drawn the fine curved outline of a violin.

He holds the block up to his ear, knocks
with a knuckle whose backlit white hairs
make lines of light. He says, “Listen to that.
With care it will sing. You can hear it. Listen.”

He says, “Most people don’t take care,
and you know why? Because they don’t care.
Look at it for yourself: Apartheid, the rich
robbing the poor, the poor, they rob each other.
Sure, some people fight for them, and a few
of the poor fight too, but that’s not enough,
all of the people must care enough
to stand up for themselves. I fought in Spain,
and against Hitler, in Africa.
Then I got tired of fighting.
It has no heart. Music is better.”

He tucks the block of wood under his chin
and humming, bows the air left-handed. He says:
“We can live without money, without nations,”
and he spits into the shavings,
“without rabbis and priests,”
he moves his hand to pat his heart
and the block falls to the dust and he ignores it,
touching his breast: “But without this heart
we are nothing, and less than nothing.”

 

Bookmark and Share

5 Kommentare op “Leon Retief. Oor katderms, vernis en boomringe”

  1. Liesbet :

    Leon, dis ‘n interessante blog. Ek het lank gelede ‘n fliek gesien met die titel The Red Violin. Ek wonder tot vandag toe of daar werklik ‘n viool was wat vernis opgehad het wat met bloed gemeng was?

  2. Leon Retief :

    Nee gits Liesbet, nie waarvan ek weet nie.

  3. Desmond :

    Liesbet en Leon, ek dink nie die storie oor die viool is op werklike gebeure gegrond nie, maar die musiek is wel werklik genoeg: die Amerikaanse komponis John Corigliano het dit vir die rolprent gekomponeer. Chloë Hanslip speel die ‘Red Violin’ Chaconne (saam met ander werke, insluitende John Adams se wonderlike vioolconcerto) op ‘n uitstekende Naxos CD — werklik waarde vir geld. Hanslip is skitterend: haar weergawe van Adams se werk hoef nie ‘n tree terug te staan vir die opnames van swaargewigte soos Gidon Kremer nie.

    Corigliano het die musiek wat hy vir die rolprent geskryf het ook later uitgebrei tot ‘n volwaardige vioolconcerto. Dit is ook onlangs op ‘n goedkoop maar baie goeie Naxos CD vrygestel: JoAnn Falletta en die Buffalo Philharmonic Orchestra is aan diens op hierdie opname.

    Sy derde simfonie, die ‘Circus Maximus’, is ook beslis die moeite werd om na te luister — en weereens deur Naxos uitgereik (so twee jaar gelede; hulle doen regtig baie om hedendaagse komponiste se werk bekend te stel). Dis ‘n oorweldigende werk, ‘n soort maatskaplike kritiek wat selfs ‘n kanonskoot in die instrumentasie van die laaste beweging insluit!

  4. Liesbet :

    Maar ai, dis ‘n mooi storie van Red Violin nie waar nie. Het die prent al driemaal bekyk en die musiek is wonderlik. Dankie vir inligting Desmond, ek wil graag die CD probeer kry van Corigliano.

  5. Desmond :

    Liesbet, ek dink die violis wat op die klankbaan self speel is Joshua Bell. Die klankbaan is ook op CD beskikbaar, maar ek het dit nie. Ek het die Hanslip vir die Adams vioolconcerto gekoop; die Corigliano was ‘n bonus.

    En ja, ‘n mooi storie! (En stories kan in elk geval waar wees sonder dat hulle werklikheidgetrou hoef te wees…)