Marcelle Olivier. Ietsie oor Holi, Agha Shahid Ali, en die ghazal

Gedagtes uit Indië: Ietsie oor Holi, Agha Shahid Ali, en die ghazal

Gevonde skedeltjie. Nasionale Museum, New Delhi. ©m.o.

Gevonde skedeltjie. Nasionale Museum, New Delhi. ©m.o.

ghazal vir lente

holi, delhi 2011

.

die weerklank van hitte is donker.

die volmaan bloei; die straat bly donker.

.

lente lê ‘n dagloop ver van noord.

van jou, ‘n jaarloop ver: suid is donker.

.

ek verbeel my jou vel ruik na amandels.

ek verbeel my ons praat. gode in die donker.

.

teorieë om eendersheid verskiet soos ink.

gousblomgeel buk die son voor donker.

.

onverlaat kwyn sewe stede weg: synloos, kru.

die poeier op jou tempelwang gis roosrooi-donker.

.

die weerkleur van seisoene klou.

hier slegs ewig reën, en droog, en donker.

Abir op 'n klipmonument, Mammalipuram, suid-Indië. ©m.o.

Abir op 'n klipmonument, Mammalipuram, suid-Indië. ©m.o.

Ek dink al maande lank oor die woord abir: die naam vir die kleur van ‘n sonsondergang wat tussen pienk en roospers huiwer, en ook vir die rooi poeier wat Hindoes op die tempeltrappe los en oor standbeelde van Krishna smeer. Oorspronklik gemaak van natuurlike kleurstowwe, maar deesdae helder sinteties – en dit geld ongelukkig vir beide die poeier en die Delhi sonsondergang. Daar is ‘n storie iewers in die woord, wat ‘n herinnering van rooi hibiskusblomme meebring, maar dit sit vas in my agterkop soos remolie onder vingernaels: sigbaar, effens onbetaamlik, en onwrikbaar. Iets sal binnekort daaraan gedoen moet word. Intussen sien ek abir oral op straat, selfs al is Holi reeds lank verby. Dit danksy verkopers met hulle goiingsakke vol blink poeiers wat die eentonigheid van grysbruin sypaadjies en verflenterde mense opbreek, en die verbleikte oorblyfsels van gekleurde water wat van balkonne oor mense, motors en die seildoekdakke van outoriksjas gestort is.

Ppoeierkleur-verkopers wag vir kliente in Chandni Chowk, in Ou Delhi.

Poeierkleur-verkopers wag vir kliente in Chandni Chowk, in Ou Delhi. ©m.o.

Holi is die lentefees, ‘n fees van water en kleur, wat val op die laaste volmaan van die 12de maand in die Hindoe-kalender, Phalguna (20 Maart hierdie jaar). Dit is die mees populêre feesdag in die kalender (selfs Diwali lyk effens bar invergelyking), wanneer almal ‘kleur speel’ – ‘n aktiwiteit wat die kinders veral geniet, maar volwassenes net so graag aan deelneem. Ballonne, sakkies en emmers gevul met gewone of gekleurde water, roos- en gousblomblare, en handevol droë poeiers word oor ieder en elk gegooi of gesmeer. Die oorsprong en evolusie van die fees is gekompliseerd as jy dit lateraal en logies probeer volg – die verskillende inkarnasies en mitiese volgelinge van Vishnu, en menige takke van Vaishnavistiese Hindoeïsme het baie hiermee te make – maar die basiese storie lui soos volg.

Prahlada was ‘n volgeling van Vishnu, teen die wense van die koning, sy demoniese vader, Hiranyakashipu. Self was Hiranyakashipu angstig om aanbid te word: hy was onoorwinlik as gevolg van ‘n akkoord wat hy met die god Brahma aangegaan het, en Hiranyakashipu se suster, Holika, ontasbaar deur vuur. Om Prahlada te straf het hy sy kind en suster op ‘n brandstapel vasgebind om die wêreld te wys dat Prahlada sou sterf omdat Vishnu ‘n vals god is, terwyl hy Holika sal kan ‘spaar’ van ‘n vlammedood. Soos jy kan raai was Prahlada se toewyding teenoor Vishnu sy redding, terwyl Holika op die brandstapel verbrand het, en die fees van Holi het ontstaan om hierdie gebeurtenis te herdenk. Oorspronklik sou volgelinge hierdie dag met water en vuur gevier het; in dele van Indië waar geglo word dat Holika haar lewe onselfsugtig opgeoffer het (deur haar eie godsseën in die vorm van ‘n serp aan Prahlada te skenk), speel vuur nog steeds die belangrikste rol in seremonies op vooraand van Holi.

Holi, Bankey Bihari tempel, noord-Indië. ©GettyImages

Holi-feesvierings, Bankey Bihari tempel, noord-Indië. ©Getty Images

Grotendeels is Holi ‘n fees vir Krishna, een van die vernaamste Hindoe-gode. Hy was volgens oorlewering die produk van ‘n tipe onbevlekte ontvangenis wat deur sy familie weggesmokkel is nadat sy oom, die koning, ‘n voorspelling gehoor het waarin die agste seun van sy broer hom sou vermoor – iets wat Krishna natuurlik later wel gedoen het. Krishna was ‘n fluitspelende herderseun wat lief was vir poetse bak en het dié feesdag populêr gemaak deur dit in ‘n vrolike affêre vol kleur te omskep waaraan almal kon deelneem. ‘n Ander verhaal lui weer dat die jong Krishna eens ongelukkig was met sy donker swartblou vel, en dat sy ma of suster sy gesig rooi geverf het om hom op te beur – volgens Hindoeïsme die kleur van passie vir hierdie god van heldedade en begeertes. Dit is ‘n interessante storielyn, aangesien daar deesdae ook geglo word dat deur met kleur te speel almal gelyk word; dus dat sosiale verdelings en kastes op hierdie dag wegval.

Of dit die filosofiese idee van gelykheid is, die feit dat dit deesdae spesifiek verband hou met die begin van lente, of dalk net ‘n kinderlike entoesiasme, ‘kleur speel’ bring ‘n losbandigheid te vore, en dit is nie ‘n verrassing dat soveel Indiërs Holi deesdae slegs sien as ‘n kans om met ‘n waterpistool of hand vol kleur op vreemdelinge – mans en vrouens – los te trek nie. Mense is geneig om wel tempel toe te gaan, en tuis ‘n offering te maak, en by die belangrike tempels in plekke soos Varanasi en Mayapur is feesvierings spiritueel gefokus, maar in die groot stede oor die algemeen is dit nogal ‘n anargistiese affêre wat dikwels handuit raak. Baie inwoners bly binne, kla oor die aggressie van party ‘spelers’, en is sinies oor die wydverspreide misbruik van alkohol deur bykans alle gelowe op hierdie dag. Die polisie het laasjaar meer as 5000 mense in Delhi gearresteer vir oortredings wat met Holi verband hou. Die werklikheid van Holi is dus eintlik nogal ver verwyder van die foto’s en romantiese beskrywings wat jy gewoonlik onder oë sal kry, wat impliseer dat almal en alles die kleurspeel positief of spiritueel sien.

Rooi tabak. ©Kevin Frayer

Vuur en vlam vir Holi. ©Kevin Frayer

Veral problematies is dat die goedkoop abir wat op straat verkoop word glad nie meer van natuurlike kleurstowwe gemaak word nie – swael, lood, kwik, ysteroksied en ander gevaarlike chemikalieë word gebruik om verpoeierde sement te kleur, en dikwels word baie fyngemaalde glas ingemeng om ‘n skittering aan die poeiers te verleen. Jaarliks verloor ‘n nie-onaansienlike getal fuiwers hulle sig en gehoor wanneer poeier of gekleurde water in hulle gesigte gegooi of summier gesmeer word, en velkwale, borsprobleme en maagsiektes tref beide mense en diere, veral die rondloper honde. Self was ek in die week voor Holi aan die ontvangkant van ‘n paar waterballonne, insluitende een met ‘n ‘edge’ wat deur my vel gebrand en ‘n lekker roof op my arm gelos het. Ek was gelukkig: die dag na Holi lees ek in die koerant dat ‘n vrou in ‘n buurt net om die draai van my met ‘n waterballon vol suur in die gesig gegooi is…

Koerante en goewermentsplakkate probeer mense kry om ‘organiese’ of plantgebaseerde kleure te koop of te maak (spinasie en pepermente vir groen; granaat en roos vir rooi; borrie en gousblom vir geel; jakaranda en indigobessie vir blou; en beet en rooi-ui vir pienk), maar die energie wat tuis ingesit moet word, of die duur pryse van natuurlike produkte koop, beteken dat basies niemand luister nie: 2 Rupies vir ‘n 10g sakkie kleur op straat teenoor 50 Rupies vir dieselfde sakkie van ‘n geregistreerde ‘organiese’ winkeltjie. Natuurlik probeer baie kleur-wallahs jou oorreed dat húlle produkte van kruie en blare gemaak is, maar sommer met die eerste oogopslag vertel die helder flikkering van die poeier ‘n ander storie. Maar ai, dit bly darem nogal mooi – mense wat die oggend spierwit uitgaan, en teen middagete lyk asof hulle onder ‘n buitensporige kleurvolle Jackson Pollock verfkwas deurgeloop het.

Tog wens ek steeds soms (soos ek in my eerste Buiteblik uit Delhi geskryf het) dat morele integriteit in werklikheid so ‘n implisiete en waardevolle aspek van Indiese leefwyse is soos wat mense – beide plaaslik en buitelands – jou graag vertel.

'n Gebedskoppie vol organiese kleur. ©m.o.

'n Gebedskoppie vol organiese kleur. ©m.o.

First Day of Spring

Agha Shahid Ali

.

KENT. Is this the promis’ed end?

EDGAR. Or image of that horror?

King Lear, 5.3.264-65

.

On this perfect day, perfect for forgetting God,

why are they – Hindu or Muslim, Gentile or Jew –

shouting again some godforsaken word of God?

.

The Angel, his wings flailing – no, burning – stood awed.

The Belovéd, dark with excessive bright, withdrew

and the day was not perfect for forgetting God.

.

On a face of stone it bends, the divining rod:

Not silver veins but tears: Niobe, whereunto

your slain children swaddled dark with the Names of God?

.

And now on earth, you and I, with longin so flawed

that: Angel forced to grow not wings but arms, why aren’t you

holding me this day – perfect for forgetting God?

.

You spent these years on every street in Hell? How odd,

then, that I never saw you there, I who’ve loved you

against (Hold me!) against every word of God.

.

The rumor? It’s again the reign of Nimrod.

Whoever you are, I depend on your message,

                                                                     but you –

              Angel I suspect no longer of God –

are still bringing me word from (Could it be?) from God.

.

In my vorige Buiteblik het ek ook ’n gedig van Agha Shahid Ali (1949 – 2001) geplaas, ‘n digter wat ek in my soeke deur die rakke van inheemse poësie in Delhi se boekwinkels ontdek het. Hy het gedeeltelik in Amerika grootgeword, nagraads gestudeer en later permanent daar gewoon, maar sy kinder- en vroeë studentejare het hoofsaaklik in Delhi en in Kashmir afgespeel; alhoewel hy uitsluitlik in sy ‘eerstetaal’, Engels, geskryf het, was Urdu, volgens hom, sy moedertaal. Party kritici sien Ali se poësie as emosioneel, oordrewe en, as gevolg van ‘n kontekstuele mengsel van Islamitiese en (veral Amerikaans-) Westerse verwysings, te moeisaam van proses om klaarheid op die versbodem te vind wanneer die uiterlike interpretasie van sy gedigte ook redelik ‘eenvoudig’ kan lees.

Ghazal

Agha Shahid Ali

.

Where should we go after the last frontiers,

where should the birds fly after the last sky?

Mahmoud Darwish

.

In Jerusalem a dead phone’s dialed by exiles.

You learn your strange fate: You were exiled by exiles.

.

One opens the heart to list unborn galaxies.

Don’t shut that folder when Earth is filed by exiles.

.

Before Night passes over the wheat of Egypt,

let stones be leavened, the bread torn wild by exiles.

.

Crucified Mansoor was alone with the Alone:

God’s loneliness – Just His – compiled by exiles.

.

By the Hudson lies Kashmir, brought from Palestine –

It shawls the piano, Bach beguiled by exiles.

.

Tell me who’s tonight the Physician of Sick Pearls?

Only you are you, Desert child, by exiles.

.

Match Majnoon (he kneels to pray on a wine-stained rug)

or prayer will be nothing, distermpered mild by exiles.

.

Even things that are true can be proved.” Even they?

Swear not by Art but, dear Oscar Wilde, by exiles.

.

Don’t weep, we’ll drown out the Call to Prayer, O Saqi –

I’ll raise my flass before wine is defiled by exiles.

.

Was – after the last sky – this the fashion of fire:

Autumn’s mist pressed to ashes styled by exiles?

.

If my enemy’s alone and his arms are empty,

give him my heart silk-wrapped like a child by exiles.

.

Will you, Belovéd Stranger, ever witness Shahid –

two destinies at last reconciled by exiles?

Agha Shahid Ali

Agha Shahid Ali

Ali is bekend vir sy gebruik en bevordering in die Westerse kanon van die ghazal, soos hierbo, ‘n Persiese poësievorm met streng refrein-patrone en temas wat uit ongeveer die sesde eeu dateer en dikwels in sangvorm gebruik is; Die Indiër, Mirza Ghalib, is seker een van die mees herkende ghazal-komponiste van die afgelope twee eeue. In sy oorspronklike baadjie was die lengte van elke versreël in ‘n ghazal onbuigbaar, die stem tematies gebonde aan die geestelike of godsdienstige, en ‘n spesifieke of ‘n onbeloonde (ge)liefde, met ‘n woordpatroon wat verantwoordelik is vir ‘n rymskema (AA, BA, CA, ens.) wat deur digmaat sorg dat drama beide opbou en afbreek in elke koeplet. Laasgenoemde is een van die aspekte van die versvorm wat dit moeilik maak om suksesvol uit te voer: die skrywer moet die oorbodigheid en, dikwels, die soetsappigheid afkomstig van die noodgedwonge woordherhaling minimaal hou, maar hom of haar terselfdertyd oorgee aan die ‘vergroting’ van die sentiment. Lees gerus die volgende vers, een van Ali se bekendste ghazals.

Ghazal

Agha Shahid Ali

.

The only language of loss left in the world is Arabic –

These words were said to me in a language not Arabic.

.

Ancestors, you’ve left me a plot in the family graveyard –

Why must I look, in your eyes, for prayers in Arabic?

.

Majnoon, his clothes ripped, still weeps for Laila.

O, this is the madness of the desert, his crazy Arabic.

.

Who listens to Ishmael? Even now he cries out:

Abraham, throw away your knives, recite a psalm in Arabic.

.

From exile Mahmoud Darwish writes to the world:

You’ll all pass between the fleeting words of Arabic.

.

The sky is stunned, it’s become a ceiling of stone.

I tell you it must weep. So kneel, pray for rain in Arabic.

.

At an exhibition of miniatures, such delicate calligraphy:

Kashmiri paisleys tied into the golden hair of Arabic!

.

The Koran prophesied a fire of men and stones.

Well, it’s all now come true, as it was said in Arabic.

.

When Lorca died, they left the balconies open and saw:

his qasidas braided, on the horizon, into knots of Arabic.

.

Memory is no longer confused, it has a homeland –

Says Shammas: Territorialize each confusion in a graceful Arabic.

.

Where there were homes in Deir Yassein, you’ll see dense forests –

That village was razed. There’s no sign of Arabic.

.

I too, O Amichai, saw the dresses of beautiful women.

And everything else, just like you, in Death, Hebrew, and Arabic.

.

They ask me to tell them what Shahid means –

Listen: It means “The Belovéd” in Persian, “witness” in Arabic.

Wasdag in Port Blair. Andaman Eilande. ©m.o.

Wasdag in Port Blair, Andaman-eilande. ©m.o.

Beide Goethe en Thomas Hardy het in vroeërjare met ghazals ge-eksperimenteer, maar meer onlangs het die ‘verbasterde’ ghazal in verskeie Westerse digters se repertoires opgeduik, veral onder Noord-Amerikaners, insluitende Robert Pinsky, Maxine Kumin, Jim Harrison, Phyllis Webb, en Adrienne Rich. Krities gesproke loop die baster-ghazal op dun ys – moderne gedigte sal meer dikwels as nie slegs een of twee van die voorvereistes van die tradisionele ghazalvorm inkorporeer; die koeplet en die minimum van vyf stanzas word wel omtrent universeel gebruik, maar dan gereeld sonder die histories-belangrike rymskema of digmaat. Dus behou sekere skrywers die tema maar nie die rymskema nie; die punt aan die einde van elke versreël, maar nie die woordlengte nie; die skrywersnaam ingeweef binne die gedig self, maar dalk nie die individuele selfonderhoudenheid van elke koeplet nie. Of dit dan wel nog ‘n ghazal genoem kan word is, en dus of die baster-ghazal komponis op die historiese, langlewende gewig van die vorm kan aanspraak maak in die skrywe en betekenis van hulle eie gedig, is belangrike vrae. As mens die kritiese literatuur oor ghazals/baster-ghazals bekyk, blyk dit of dit nogal afhang van die relatiewe roem van die digter self, maar dalk is so ‘n interpretasie in elk geval selfvervullend as gevolg van die algehele kwaliteit van die skryfwerk onder oog. Hier is ‘n paar uittreksels uit die wonderlike Adrienne Rich se Ghazals: Homage to Ghalib.

7/12/68

for Sheila Rotner

The clouds are electric in this university.

The lovers astride the tractor burn fissures through the hay.

.

When I look at that wall I shall think of you

and of what you did not paint there.

.

Only the truth makes the pain of lifting a hand worthwhile:

the prism staggering under the blows of the raga.

.

The vanishing point is the point where he appears.

Two parallel tracks converge, yet there has been no wreck.

.

To mutilate privacy with a single foolish syllable

is to throw away the search for the one necessary word.

.

When you read these lines, think of me

and of what I have not written here.

.

7/14/68: ii

Did you think I was talking about my life?

I was trying to drive a tradition up against the wall.

.

The field they burned over is greener than all the rest.

You have to watch it, he said, the sparks can travel the roots.

.

Shot back into this earth’s atmosphere

our children’s children may photograph these stones.

.

In the red wash of the darkroom, I see myself clearly;

when the print is developed and handed about, the face is nothing to me.

.

For us the work undoes itself over and over:

the grass grows back, the dust collects, the scar breaks open.

.

8/4/68

for Aijaz Ahmad

If these are letters, they will have to be misread.

If scribblings on a wall, they must tangle with all the others.

.

Fuck reds    Black Power   Angel loves Rosita

and a transistor radio answers in Spanish: Night must fall.

.

Prisoners, soldiers, crouching as always, writing,

explaining the unforgivable to a wife, a mother, a lover.

.

Those faces are blurred and some have turned away

to which I used to address myself so hotly.

.

How is it, Ghalib, that your grief, resurrected in pieces,

has found its way to this room from your dark house in Delhi?

.

When they read this poem of mine, they are translators.

Every existence speaks a language of its own.

Rooifort, Agra. ©m.o.

Rooifortstories, Agra. ©m.o.

Dalk moet ons die ghazal krediet gee vir die inherente ego en sinswaarde in elk van die vorm-voorskrifte, eerder as om die persepsie te kweek dat die vorm slegs kan bestaan as dit streng-tradisioneel geskryf word (in welke geval ons alreeds, deur dit vanuit die Persiese agtergrond te pluk vir gebruik buite die kulturele en linguistiese parameters van geboorte, besoedel het). Elke bestaan praat ‘n eie taal. En alhoewel hy ‘n sterk voorstaander van die tradisionele ghazal is, het Ali self ook in van sy vertalings vorm geheel en al laat vaar: om die tematiese aspekte van die Pakistani digter Faiz Ahmed Faiz (1911–1984) se ghazals te behou, het hy byvoorbeeld al die ghazal-komposisies in die bundel The Rebel’s Silhouette in vryevers omsit.

Daniel Hall skryf in die voorwoord van Ali se the veiled suite: The Collected Poems (2009) dat ‘given the stringencies of the ghazal, it may not be possible to achieve a translation that preserves the form.’ Hy gaan voort: ‘However, in a later translation of Faiz’s ghazal, “Memory”, Shahid chose to work the poem into Sapphic stanzas, of all things. It was an audaciously intuitive decision, to translate a ghazal – a Persian form that predates Chaucer – written in Urdu by a modern Pakistani poet, into an adaptation of the classical Greek stanza at least as unforgiving as the ghazal itself. The miracle is that the finished English poem is a heartbreaking masterpiece.’ Ek sou graag my laaste Buiteblik vanuit Indië met Faiz se gedig soos vertaal deur Ali afsluit, maar ek is bevrees die internet en die biblioteek het my hierdie keer gefaal. In plaas daarvan dus ‘n ander Faiz-ghazal, soos deur Ali vertaal – omdat ek tog ook onthou dat dit herfs is daar onder in Suid-Afrika.

August 1952

Faiz Ahmed Faiz

.

It’s still distant, but there are hints of springtime:

some flowers, aching to bloom, have torn open the collars.

.

In this era of autumn, almost winter, leaves can still be heard:

their dry orchestras play, hidden in the corners of the garden.

.

Night is still where it was, but colors at times take flight,

leaving red feathers of dawn on the sky.

.

Don’t regret our breath’s use as air, our blood’s as oil –

some lamps at last are burning in the night.

.

Tilt your cup, don’t hesitate! Having given up all,

we don’t need wine. We’ve freed ourselves, made Time irrelevant.

.

When imprisoned man opens his eyes, cages will dissolve: air, fire,

water, earth – all have pledged such dawns, such gardens to him.

.

Your feet bleed, Faiz, something surely will bloom

as you water the desert simply by walking through it.

.

Vertaal deur Agha Shahid Ali

Spoke, Ross-eiland, Andaman-eilandgroep

Spoke dwaal op Ross-eiland, Andaman-eilandgroep. ©m.o.

 

Bookmark and Share

5 Kommentare op “Marcelle Olivier. Ietsie oor Holi, Agha Shahid Ali, en die ghazal”

  1. Breyten Breytenbach :

    Op hierdie grys Parysoggend en terwyl die Britte oorkant die kanaal hulle eie ‘Holi-day’van vere en gekleurde poeier en loskruitskote vier ter ere van húlle halfgode, Kytie (“moetie bytie asseblief”) en Wimpie, se troue – onder die geleende glans van ‘n virtuele beskawing en die geklets van webwerfvoëls is ons nog almal altyd gekleurde paradysverskrikkers wat al dansende die vuur van die onkenbare sonsverbranding probeer besweer – bring Marcelle Olivier se Buiteblik skielik die skerp nostalgie van kerrie en kruie na die neus.

    Agha Shahid Ali (‘Shahid’ beteken ook ‘martelaar’) was besonder geliefd onder sy studente. Hy het dikwels vir hulle gekook, soos ook vir sy groep vriende in New York – East Village afstammelinge van Joodse werkersklasimmigrante. In sy later jare, toe hy al reeds baie siek was, het ons beurte gemaak om in dieselfde woonstel te bly. Wanneer ons dan intrek – en gewoonlik het hy gewag om ons eers welkom te heet – was daar die lieflike geur in die kombuis van botteljies kerrie en ander komplekse konkoksies wat hy agtergelaat het. Terloops, sy groot stryd in die lewe, en sy hartseer ook, was Kasjmir – die vernietiging van oorlog in daardie skynbaar onlosmaaklike knoop van Indë, Pakistan en ‘n onafhanklike staat. Dit was sy paradys en met sy verse het hy ‘n oorlogsverskrikker probeer wees.

    Die ghazal tradisie om die skrywer se naam by die laaste koeplet, die ‘maqta’, in te vleg word ‘takhallus’ genoem. Ghazal self word glo as ‘ghuzzle’uitgespreek (in Afrikaans dan seker ‘ghizzel’- maar met ‘n iets meer geslote brugklank) en beteken “om met (die) vrou te praat”.

  2. Breyten Breytenbach :

    In my haas om nie die vleugie nostalgie te verloor nie het ek nagelaat om vir Marcelle Olivier baie dankie te sê vir die fassinerende en verrykende Buiteblik. Verskoning! Hiermee dan: Baie dankie!

  3. Leon Retief :

    Pragtige blog Marcelle – maar nadat ek Rose George se “The Big Necessity” gelees het dink ek nie dat ek Indie ooit sal kan besoek nie 🙂

  4. marcelle :

    Dankie, Breyten, vir die deel van hierdie storie. Dié persoonlike herinneringe beteken meer vir my lees van Ali se gedigte as wat jy dalk sou dink.
    Sylangs, ghazal-langs: Ek het die museumpie in Ghalib se eens-op-‘n-tyd-huis in Ou Delhi besoek – geen kruiebottels hier nie, maar wel vele, vele pyprook-goetertjies; die feit dat die museum in goeie orde is in ‘n stad wat andersins werklik sukkel om hulle geskiedenis en argeologie in stand te hou, dui op sy relatiewe belangrikheid in die algemene Indiese literêre psige.
    By ‘n Sufi-monument in Nizamuddin-Oos lees ek die volgende Ghalib-skrywe op klip raak: ‘When nothing was, then God was there,/Had nothing been then God would have been;/My being has defeated me/Had I not been, what would have been’
    (Ek is nie seker of die weglaat van die punt aan die einde van daardie woorde deel is van Ghalib se denke óf dalk tradisioneel is binne die Sufi-literatuur nie, of miskien net effens nalatig verlore geraak het tussen beitel en klip nie.)

  5. marcelle :

    Dankie baie, Leon. En, net sodat jy weet, ek het die kurator van die ablusie-museum in Delhi laat weet om jou binnekort daar te verwag…